Praat die Engelse beter Engels as wat ons Afrikaans praat?

  • 7

Ek bedoel nou die Suid-Afrikaanse Engelssprekendes.  My ondervinding is dat dit wel die geval is.

Op die TV- sowel as die radioprogramme (nuus, aktualiteitsprogramme, ens) praat hulle van mense 'aflê', op Jan Braai se program nou die aand praat hulle van mense wat laat slaap dat dié sou 'inlê' en hulle verwys na skepe, vliegtuie en karre in die vroulike.

Op die program Jukebox flits hulle gedurig SMS-boodskappies onderaan en die spelling is nie eers laerskoolstandaard nie.  Daar is 'n program waar hulle hoogtepunte van die Dagbreek-program herhaal en die word genoem Dagbreek Bestes in plaas van Dagbreekbestes.

Na die Fiëstaprogram volg aankondigings van toekomstige feeste en die spelling daar is skandalig, selfs ten opsigte van dié wat aangebied word deur Afrikaanse kerke.  Gedurig op die radio en ek bedoel GEDURIG gebruik hulle 'in terme van' in plaas van 'wat betref'.  Een omroeper nou die dag praat van vlyt as 'craft', heeltyd.

Of is ek verkeerd?  Is dit dalk wel Dagbreek Bestes, aflê vir afdank en inlê vir laatslaap?  Indien nie, wat's fout met ons?  Is ons onnoseler as die Engelse, of het ons minder trots as hulle of het ons 'n soort van 'n heldeverering (soos die Duitsers en die Hollanders) vir die Engelse ontwikkel?

Is daar byvoorbeeld ook Engelse wat hulle kinders Afrikaanse name gee soos ons mense deesdae Engelse name (of eienaardige kombinasiename) vir óns kinders gee?

Al verklaring is dat ons mense deesdae aan 'n soort van 'n Stockholmsindroom ly.

Jan Rap

  • 7

Kommentaar

  • Deesdae praat en skryf Afrikaners inderdaad vrot Afrikaans. Die Engelse weergawe hiervan is die Amerikaners, wat dikwels skynbaar ook nie hulle eie taal verstaan nie. 

     
    Miskien moet ons maar Prof Jansen se raad volg en almal oorskakel na Engels. Dit is in elk geval reeds aan die gebeur.
     
     
     
  • Jy's reg Brianvds, dit is in elk geval aan die gebeur.  Die bruines is al almal amper daar met die nou dat hulle die Engelse as bevryders beskou en baie wittes met daardie siening (dus meestal kolonialers) volg kort op hulle hakke.  Ek, 'n Transvaler, beskou egter die Engelse nie as bevryders nie, inteendeel....
    Dus sal ek en baie van my maats daardie roete vermy soos varkstront op 'n toebroodjie.

  • Brianvds

    Moet nou nie nog sout ook in Jan se wonde vryf nie. Kom ons stem eerder eendragtig saam en sê:

    "Engels, engels, alles engels...

    In ons kerke, in ons skole,

    Word ons moedertaal vermoor...

    Ek dra alreeds swaar aan een van my name: Jacomina. Dit kon net sowel Kopbeensina of Kakebeenwina gewees het.  

    (Sug)

     

  • Dankie Angus, ek het daardie fliek destyds seker 3 maal agtermekaar gesien.  GBS se stelling, by monde van professor Higgins, naamlik " the moment one Englishman opens his mouth he makes another Englishman despise him" geld vir seker vir alle nasies.

  • Dat so iets "vir seker alle nasies geld", mag ons wel dink, veral as ons die ironie van Pygmalion nie verstaan nie. 

  • Jy kan seker 'dieper' betekenisse in als gaan soek en, afhangende van jou verwysingsraamwerk, gaan die boodskap wat jy opdiep heelwaarskynlik verskil van die volgende ou s'n.  Die feit bly egter bestaan, enige taal het aksente die gebruik waarvan geneig is om iemand te iriteer wat nie daardie in daardie aksent praat nie.  Byvoorbeeld, op radio praat van die omroepsters (en nog nasaal daarby) van "aaitgebraaide plaasaktiwitaaite" en hierdie of daardie mense sê hulle gaan hierdie jaar "met Jan Taaisblaai se karretjie raai want dit kos omtrent drie daaisend rand om Kaap toe te raai."  Dis uiters irriterend vir my maar ons is kiets want ek is seker my aksent sal haar net so irriteer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top