Verwys na Kobus de Klerk se skrywe. https://www.litnet.co.za/Article/brief-oor-die-lywige-onderwerp-van-skepping-dae-en-tye
Onderstaande is veronderstel om kommentaar te wees na aanleiding van ? beskuldiging deur Kobus as sou ek iemand wees sonder integriteit, en dat ek weerbarstige wind uitblaas.
Beste Kobus,
Moenie ? fout maak nie, ek kan die onlogiese, die kaf, van amper elke sin van jou artikel uitwys met bewyse en al. Ek beskou so ? oefening egter as tydmors, want ek loop my vas teen verkrampte Christen-indoktrinasie.
As die Christen iets glo, dan word dit vir hom ? werklikheid soos ? koei.
Jy skryf self: “Ware gelowiges glo dat God die aarde en dié se biosfeer oor die bestek van ses skeppingsdae geskape het (Genesis 1:3–31; Eksodus 20:11; 31:17) en dat dié skepping glad nie gebeur het soos deur die Darwinistiese tipe evolusieleer verkondig word met alle soorte wat van ’n enkel lewende oer organisme geëvolueer en dus afstam nie.”
Die Christen glo vas in die ses skeppingsdae, net omdat hy dit gelees het in Genesis, en om geen ander rede nie. Hy het geen ondersoek ingestel na die waarheid daarvan nie, want dit staan mos in die Bybel, en wat in die Bybel staan, is waar, want die Bybel sê so. Elke Sondag sê hy sy rympie op om die leuen waar te maak, “want in ses dae het God die hemel en die aarde geskape,” en wat daarop volg.
Hy verwerp navorsing van elke wetenskapdissipline wat oor die jare gedoen is, omdat sy dominee so sê.
Dan loop ek my ook vas teen onkunde wat so lyk: “só sal doringboom nie oorgaan in wingerd nie en ook nie in enige ander vorm van lewe sal so iets spontaan plaasvind nie.” (Aangehaal uit jou skrywe.)
As iemand die evolusieteorie so verstaan, dan kan ek nie met hom redeneer nie. Ek kan ook nie met ons ouderling redeneer nie, want vir hom beteken evolusie weer dat ? olifant ? muis baar. Ek kan ook nie met my boerboel oor evolusie redeneer nie. Dit hinder my dat die meeste mense in ons ou volkie nog so primitief is in hulle denke. My hond sal ek nog kan verskoon.
Afgesien van die Christen se geloof, en die onkunde, loop ek my ook vas teen, wat ek nie anders kan beskryf nie, as Christen beterweterigheid. Almal wat nie met ? Christen saamstem nie, praat glo snert.
Dan is daar nog die agnostiese Christen, die draadsitter. Hy het tot die besef gekom dat die Bybelse skeppingsverhaal ? verleentheid vir hom is, en dat die evolusieteorie tog iets van die waarheid beet het. Hardkoppige Christen wat hy is, verwerp kastig die Darwinistiese evolusie en beweer dat evolusie “waarby God gemeenskaplike biologiese en argeologiese materiaal van die aarde gebruik het om die skepping van die biosfeer tot stand te bring én die skepsels só toe te berei dat hulle fisies op die aarde en die see, hulle gemeenskaplike biologiese milieu, sal oorleef en selfs floreer (vandaar die gemeenskaplike fisiese ooreenkomste wat verkeerdelik deur evolusioniste as oorgangspesies geïnterpreteer word), deur stelselmatig agtereenvolgens die verskeie soorte tot stand te bring en dan uiteindelik die mens as die kroon daarvan.” (Aangehaal uit jou skrywe.)
Van wanneer af het evolusioniste fisiese ooreenkomste as oorgangspesies geïnterpreteer? En nogal verkeerdelik geïnterpreteer? Fisiese ooreenkomste tussen die geitjie, die voël, die mens, die walvis en die vlermuis kan nie as “oorgangspesies geïnterpreteer” word nie. Die volle waarheid is dat elke spesie ? oorgangspesie is. (Ek het dit al jare gelede baie aan jou verduidelik, maar besef nou dat jy my eerste mislukking is wat die onderwys betref.)
Die Bybel is die enigste wetenskapboek wat so ? Christenbrein kan verstaan, want dit is storietjies, eeue gelede deur grot- en tentbewoners geskryf. Hulle het toe nog gedink die aarde is die middelpunt van die ganse skepping, en die mens die kroon daarvan, totdat Galileo die aarde op sy plek gesit het, en Darwin die mens van sy troontjie afgestoot het.
Dit is juis waarom die Christen so die hel in is vir Darwin, en dis waarom Kreasioniste dit hulle lewenstaak gemaak het om hom om elke hoek en draai af te kraak.
Die fout wat jy maak is om te dink dat die Bybel geskiedskrywing is, en dan moet jy, teen wil en dank, bewys dat die verhaal van Noag waar is.
René Wellek and Austen Warren se Theory of Literature stel dit duidelik: “There is an opposite danger of taking fiction seriously in the wrong way, that is, as a document or case history as – what for its own purposes of illusion it sometimes professes to be – a confession, a true story, a history of a life and its times.”
Dis presies die gevaar wat die Bybel vir die Christen inhou.
Die idee van skeppingsdae, en nogal ses van hulle plus een, het maar eers gekom toe die mens se verstand so geëvolueer het dat hy kon stories vertel. Toe het die heelal al lankal bestaan.
Jy hou maar aan om my persoonlik aan te val. Nou is ek weer iemand wat nie integriteit het nie. Wys my waar ek oneerlik was. Ek daag jou hier uit om dit te doen. Om die waarheid te sê, soos ek verstaan, is jy die laaste een wat iemand van oneerlikheid kan beskuldig.
Wys my waar ek beweer het dat die evolusieteorie die volledige kennis dra, anders as ander wetenskaplikes wat sal erken dat daar gebreke is. Ek kan onomwonde sê dat jy lieg; ek het al male sonder tal gesê dat die wetenskaplike soek na die waarheid, na kennis, en dat hierdie soektog sal duur solank die mens hier op aarde is. Dit is die Christen wat hom daarop roem dat hy die volle waarheid in pag het.
Kobus, jy moet asseblief ophou om deur jou nek te praat.
Groete,
Angus
Kommentaar
Beste Angus,
Ek sien dat jy jou nog darem verwerdig om te reageer op 'n man se skrywe wat meen dat jy geen "integriteit" het nie. Dit nogal van 'n man wat voor die spieël sit en na homself kyk. Miskien dink hy oor homself en praat oor homself. Ek besef egter dat jou hoof motivering om te skryf is om jou Afrikaans te oefen, maar onthou dat jy nie met 'n klip kan redeneer nie.
Bese groete,
Pieter Redelinghuys
Angus,
Angus,
Beste Pieter,
Beste Kobus,
Beste Angus,
Besoek gerus http://www.factandfaith.co.za en jy sal agterkom dat jou veralgemening oor Christene net so verkeerd is as wat jy reken Kobus de Klerk se opvattings oor die evolusieleer is.
Beste FC Boot,