Ontwikkeling

  • 5

Hoe kan mens peil van ontwikkeling kwantifiseer?  Ek praat nie hier van die politieke gonswoord nie maar tegnologiese, wetenskaplike en geesteswetenskaplike ontwikkeling. 

Is rubber byvoorbeeld op die peil van lugvaart?  Sal vliegtuie beter kan land (en renmotors beter kan presteer) as rubber van 'n hoër gehalte was?  Wanneer sal metaallegerings se ontwikkelspeil genoegsaam vir ruimtevaart wees sodat, onder andere, keramiekteëls nie meer nodig vir die terugvaart sal wees nie?

Of, anders, is lugvaart nog in 'n primitiewe stadium omdat lang aanloopbane nodig vir styg en land is?  Is ruimtetuie vanweë gebrek aan genoegsame ontwikkeling genoop om teen 18 000 myl per uur die atmosfeer binne te kom? 

Is die rehabilitasie (en/of straf) van die wat aan kriminele oortredings skuldig bevind is vergelykbaar met die ontwikkeling van landsbestuur?  Volgens my is dit futiel om 'n persoon vir tien duisend dae op te sluit vir een of ander oortreding.  In die tronk bekom hy vaardighede wat van hom 'n meer  'suksesvolle' skelm maak en/of hy doen een of ander ongeneeslike siekte op.  Van 'rehabilitasie' is daar geen sprake nie en dit kos die belastingbetaler nog geld ook.

Het die regswese enigsins gevorder vanaf die Romeinse tyd?  Dit is so dat regshulp, weens buitensporige kostes, nou maar net nie vir die gewone burger beskore is nie.

Is landbou nie dalk te ver 'voor' nie?  Al hoe meer kos word op al hoe minder grond verbou wat 'n te vinnig groeiende wêreldbevolking onderhou (en aanhelp) wat uiteindelik die verval van die aarde tot gevolg gaan hê.  Gesinsbeplanning en staatsbestuur is primitief in vergelyking met die ontwikkelingspeil van die landbou.

Nogal iets om aan te dink.  Dit sal interessant wees om 'n ander bewoonde planeet te besoek en te sien hoe ver wat ontwikkel is.  Hulle het dalk hoogsgesofistikeerde gereedskap, lekker goedkoop draaibanke en goed, maar nog nie selfone en internet nie.  Of hulle het dalk al lankal internet maar ry met stoomaangedrewe motors rond.

Aan die ander kant nou weer, was dit nie vir gevestigde belang nie het ons vandag dalk uiters gesofistikeerde stoommotors, in plaas van die binnebrandmotor, gehad.  Blykbaar was daar aan die begin van die 20ste eeu meer stoom- as binnebrandmotors maar die ouens moes geld uit die olievoorraad maak.  Dalk het die ouens op die ander planeet 'n ekonomiese stelsel, anders as kapitalisme, wat 'n heeltemal ander rigting aan tegnologiese ontwikkeling sou gee.

Wie weet.  Ons sal eendag sien as ons ruimte kan vou sodat ons die ligjare kan aflê om hulle te besoek.

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • CorneliusHenn

     

    Beste Jan Rap; gepraat van die mensdom se slawediens aan gevestigde belange en die rigting wat dit aan ontwikkeling gee, deel ek hierdie sekerheid van 'n ander aarde in die nabye toekoms as wat ons vandag ken:  http://worldtruth.tv/fukushima-now-in-state-of-emergency-leaking-300-tons-of-radioactive-water-into-the-ocean-daily/ ... met hartseer die wete dat nie 'n "nuwe aarde" sal wees wat ons in die Bybel van lees nie, maar eerder 'n gevaarlike plek vir lewe wat nuwe uitdaginge aan die ontwikkeling (evolusie) van lewe daarop gaan stel ... diep besorgde groete, Cornelius Henn

     

     

  • kry vandag hierdie email van 'n goeie vriendin:

    The U.S. standard railroad gauge (distance between the rails) is 4 feet, 8.5 inches. That's an exceedingly odd number. Why was that gauge used? Because that's the way they built them in England , and English expatriates designed the U.S. railroads. Why did the English build them like that? Because the first rail lines were built by the same people who built the pre-railroad tramways, and that's the gauge they used. Why did 'they' use that gauge then? Because the people who built the tramways used the same jigs and tools that they had used for building wagons, which used that wheel spacing. Why did the wagons have that particular Odd wheel spacing? Well, if they tried to use any other spacing, the wagon wheels would break on some of the old, long distance roads in England , because that's the spacing of the wheel ruts. So, who built those old rutted roads? Imperial Rome built the first long distance roads in Europe (including England ) for their legions. Those roads have been used ever since. And the ruts in the roads? Roman war chariots formed the initial ruts, which everyone else had to match for fear of destroying their wagon wheels. Since the chariots were made for Imperial Rome , they were all alike in the matter of wheel spacing. Therefore, the United States standard railroad gauge of 4 feet, 8.5 inches is derived from the original specifications for an Imperial Roman war chariot. In other words, bureaucracies live forever. So the next time you are handed a specification, procedure, or process, and wonder, 'What horse's ass came up with this?', you may be exactly right. Imperial Roman army chariots were made just wide enough to accommodate the rear ends of two war horses. Now, the twist to the story: When you see a Space Shuttle sitting on its launch pad, you will notice that there are two big booster rockets attached to the sides of the main fuel tank. These are solid rocket boosters, or SRBs. The SRBs are made by Thiokol at their factory in Utah. The engineers who designed the SRBs would have preferred to make them a bit larger, but the SRBs had to be shipped by train from the factory to the launch site. The railroad line from the factory happens to run through a tunnel in the mountains, and the SRBs had to fit through that tunnel. The tunnel is slightly wider than the railroad track, and the railroad track, as you now know, is about as wide as two horses' behinds. So, a major Space Shuttle design feature of what is arguably the world's most advanced transportation system was determined over two thousand years ago by the width of a horse's ass.

  • Cornelius, wat 'n ontstellende en teneerdrukkende prentjie.  Wys net weer eens dat die mens nie gereed is vir kernkrag nie.  Die voorstanders van kernkrag hamer op hoofsaaklik twee aspekte:  Dit is 1) skoon en 2) ekonomies.  Risiko word gewoonlik bepaal deur die waarskynlikheid dat iets negatiefs kan gebeur (met ander woorde 'n syfer groter as 0 en kleiner as 1) te vermenigvuldig met die ekonomiese impak wat so'n gebeurtenis sou hê.  Wat gaan dit kos om daardie see weer skoon te kry, en wat gaan dit kos om die skade te herstel wat teweeggebring kan (gaan?) word aan die Australiese ooskus en die Sud-Amerikaanse weskus?  Wat nog as mens die sosiale impak kan kwantifiseer?  Al is die waarskynlikheid 0,0001 gaan die produk nog astronomies groot wees.  Kernkarg is nie 'n opsie nie, ten spyte van risikobepaling en voorsorgmaatreëls was daar Tsjernobiel, Three Mile Island en Foekoesjima.  En waar gaan al die kernafval heen?  Ek sidder om te dink dit kan dalk iewers in Suid-Afrika wees.

  • francois williams

    Dis betekenisvol dat dit Elon Musk is wat nou ruimtereise moontlik maak vir iedereen en aan die voorpunt staan in die soort van ontwikkelinge...net nog 'n produk van SA se puik skole...

  • Twak.....beide die inleidende brief en storietjie oor die horse's ass.....maar oester was nog een vir feite nie, onthou die Mandela Kinderfonds.......

     
    Twak vir die volgende redes: 
     
    Geen werklike nuttige argumente oor eksplorasie in die ruime nie....
     
    Die Washington Post het die naweek 'n drie-artikel-reeks gehad oor die uitdaging van NASA....(Lees dit vir die uitdagings oor ruimtevaart).
     
    Die geskiedenis van die regte oor meer as 2000 jaar afgehandel in drie sinne, dit is nie 'n ondersoek oor die ontwikkeling van regte nie en die tekortkominge daarin of dit wat reg gedoen is nie..... 
     
    Laastens die sameswering oor motors en olie, waar sou die gronde vir dit wees...
     
    Die tegnologie van die tyd bepaal die rigting van toekomstige ontwikkelinge, 1900, 'hydrogen' enige iemand, die Prius toe?
     
    Die vraag oor ontwikkeling en vooruitgang of dan nie, is 'n gesprek wat sonder enige twyfel belangrik is, maar hierdie brief was nie dit nie. 
     
    Hierdie is wat Dennett beskryf as 'n deepitty... 
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top