Israeli-vraagstuk

  • 28

Ek is nie lus om in is issie debat oor die Filistyne, Palistyne, Amalikiete en Jode betrokke te raak nie. 'n Vriend stuur my die volgende wat die hele kwessie baie goed aanspreek. Soos van my geleerde vriende sal sê "I rest my case."

TO WHOM DOES THE LAND OF ISRAEL BELONG?

An Israeli Sense of Humor at United Nations set the record straight.

An ingenious example of speech and politics occurred recently in the United Nations Assembly and made the world community smile.

A representative from Israel began: 'Before beginning my talk I want to tell you something about Moses:

When he struck the rock and it brought forth water, he thought, "What a good opportunity to have a bath!"

Moses removed his clothes, put them aside on the rock and entered the water. When he got out and wanted to dress, his clothes had vanished.
A Palestinian had stolen them!

The Palestinian representative at the UN jumped up furiously and shouted, "What are you talking about? The Palestinians weren't there then."

The Israeli representative smiled and said, "And now that we have made that clear, I will begin my speech."

Reusedwerg

  • 28

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Jaco, ek gaan vir jou die 'punch line' gee van die film 'Omar': "Do you know how they catch monkeys in Africa?"

    Ek kan nie glo dat jy lag vir Reusedwerg se "grappie" na wat gebeur het die laaste paar weke nie.

  • Chris

    Lanklaas van jou gehoor.  Neewat die grap was rêrig snaaks, en ek het die grap aan kennisse en vriende oor ge-sms. 

    Soos jy reeds weet, daar is drie kante tot elke gebeurtenis. Joune, myne, en die waarheid.

    Ek het Pieter uitgenooi om die Palestyne se saak te regverdig.  Indien hy my uitnodiging aanvaar kan ons twee verder oor die saak saam met hom gesels.  Dit behoort interessante leesstof uit te maak.

    Tans wen die Palestyne die internasionale propaganda-oorlog, nieteenstaandee die Israelis se oorwinning in die militêre offensief.  Die een wat die beste propaganda-oorlog voer, wen gewoonlik die impak op internasionale meningsvorm, nieteenstaande enige waarheid omtrent die saak.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Chris,

    Waar op aarde skuil jy deesdae? Ons het jou gemis, en ek hoop dat jy binnekort weer sal begin deelneem aan die gesprekke op SêNet. Het niemand jou ooit gesê dat jy een van die beste en mees geïnformeerde skrywers is wat hierdie webblad ooit besoek het nie? Nou weet jy dit.

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

     

     

  • Hallo, 

     
    Ek is dankbaar vir Chris se reaksie. 
     
    Gister, na ek hierdie "grappie" van Reusedwerg gelees het, het ek geskryf, "ek lag nie" en wou weet hoekom die kode wat implisiet in hierdie "grappie", aanvaarbaar is. 
     
    Het dit egter nie gestuur nie, want na die drama met Reusedwerg met die seksisme van voorheen, het dit my laat dink, hoekom nou weer vasval in hierdie gemors.
     
    Reusedwerg se grappies is in elk geval meer rampspoedig as die ergste van my sinkonstruksies. 
     
    Die vraag bly, egter, hoekom is hierdie "grappie", aanvaarbaar en hoekom word die ironie gemis van Reusedwerg wat kwansuis nie aan die debat wil deelneem, tog die leser laat verstaan het wat sy mening oor die onderwerp is. 
     
    Palestina, se geskiedenis word ontken, die voordeel word aan Israel gegee en die voorstelling van Palestyne as diewe word gemaak, net soos klere gesteel word, word 'n land ook gesteel, en dit is snaaks? 
     
    400 000 uit 1 500 000 mense in Gaza is nou vlugtelinge in hulle eie "land" en nou in nog meer haglike toestande en die VN wat skaars kan byhou om water te lewer, voedsel te lewer, 'n mate van beskerming te bied. 
     
    "Gemak" is 'n luukse, kinders en ouers word langs mekaar vermoor, kinders wat wees gelaat word, ouers wat kinders verloor op hulle spons "beddens", sentimeters weg van mekaar.    
     
    Dit alles word afgemaak deur 'n "grappie" in swak smaak. 
     
    Chris, 
     
    Mag ek vra, hierdie "Omar", is dit 'n film wat in Palestina afspeel? 
     
    Die verhaal van Omar en Nadia? 
     
    Verlede week met die opvolg van artikels het ek 'n bespreking van die film gelees en haal ek hierdie stukkie aan: 
     
    “We have all believed the unbelievable.” 
     
    Omar se woorde aan Nadia. 
     
    Die inleiding van die opstel:
     
    "The impossible backdrop to their love is the Israeli occupation of the West Bank; and indeed there is much that is unbelievable about this occupation and the reality it has created and maintained for nearly half a century. 
     
    It is hard to fathom how the Israelis themselves can stand to live with the ongoing misery and cruelty they have inflicted, and it’s not so easy to understand how the rest of the world has let them get away with it".Is dit dieselfde "Omar" en jy beveel sekerlik aan dat dit gekyk word?"
     
    Die res van die artikel beskryf 'n tipe van beheer in die Palestynse gebiede wat die apartheid van Suid-Afrika na kinderspeletjies laat lyk. 
     
    Net gegrond op die artikel en indien dit dieselfde film is, dan stel ek voor dat dit defnitief gesien moet word. 
     
    Laat weet of dit dieselfde is? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Nou toe nou

    Die Palestyne beweer gedurig hulle is eerste in die land. Die grap gaan daaroor.  Wat dit eintlik sê is die Israeli verteenwoordiger het die Palestynse verteenwoordiger uitoorlê, en die het in die Israeli verteenwoordiger se strik geval waar die Palestynse verteenwoordiger toe sê hulle is nie eers in die land nie, want toe Moses bestaan het, was daar wel Hebreërs maar geen Palestyne nie.

    Nou word moord en dood van die Palestyne die grappie ingelees, en die grap as onvanpas dienooreenkomstig verklaar! 

    Wel ek lees dit in sinsverband en sien dit steeds as skreeusnaaks.

  • Na 'n bietjie gesoek bring die frase "Do you know how they catch monkeys in Africa?", jou by IMDB, wat dit koppel aan "Omar". 

  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter Jy is reg oor die rolprent waarna ek verwys.

    http://www.rottentomatoes.com/m/omar/

    Ek aanvaar dat jy dalk ook 'Paradise Now' van Hany Abu-Assad al gesien het.

    Soos baie mense reg oor die wêreld probeer ek ook sin maak van die Israel-Palestina konflik. Dis 'n amper onmoontlike taak. Sonder 'n poging om dit te verstaan in 'n historiese konteks, sover as moontlik objektief gesien, is dit heeltemal onmoontlik.

    Dit is seker onvermydelik dat anti-Semitisme sy kop gaan uitsteek in die emosioneel belaaide gebeurtenisse van die laaste maand. Dit sal naïef wees om te dink dat hierdie walglike vorm van rassisme nie sal teer op die huidige konflik. Dit moet natuurlik sonder enige verskoning verdoem word.

    Dit moet egter net so duidelik gestel word dat die staat van Israel, en 'n groot gedeelte van jode wêreldwyd, kritiek van Sionisme as 'n nasionalistiese ideologie verwar met anti-Semitisme. Ver regse nasionalisme, militarisme, 'n apokaliptiese siening van wat tans gebeur en rassisme is alles deel van die mengsel wat Israel se optrede motiveer. 'n Gay-parade in die middel van Tel Aviv maak nie op hiervoor nie, Jaco.

    Die joodse gemeenskap staan voor 'n keuse. Die blinde ondersteuning van Israel, en 'n assosiasie met dit wat nie-jode skok, kan nie meer geregverdig word nie. Om kritiek van Israel bloot af te maak as anti-Semitisme is teenproduktief. Dit gaan nie bydra tot 'n wêreld wat veiliger is teen die vergrype van fundamentele Islam nie. Dit raak ons almal, nie net die jode nie.

    Chris

    Ns. Ek het so 'n ruk terug Hannah Arendt se boek gelees, 'Eichman in Jerusalem'. Wouter se verwysing na Truman se siening van die Israel-Palestina probleem spoor my aan om meer van hierdie besonderse vrou te gaan lees.

  • For the bleeding hearts. 

    Indien julle ‘n ander perspektief oor die midde-ooste wil lees, lees die volgende VOLLE BERIG:

    http://guardianlv.com/2014/08/hamas-winning-the-gaza-public-opinion-war-against-israel/  

    'n Uittreksel vanuit sodanige berig lui soos volg:

    "The question those same observers are neither seeing asked nor answered, is what Israel’s alternatives are. To expect the Muslim population of the world who adhere to radical Islam to accept the Jews and the rest of humanity who do not follow Islam, is blasphemy. It is so written. By it being so written, the one and only exit strategy of fundamental Islam is irreversible because there is no choice with radical Islam. Israel must be destroyed. Headlines reflecting world sentiment are tacitly suggesting that Israel should defend itself in a manner that does not result in the loss of innocent civilian life; that it should defend itself in a way that is not seen by the world as a “slaughter,” or as “atrocious,” or “disgraceful,” or as “genocide.” Rational observers view the Israeli people as fortunate that Prime Minister Benjamin Netanyahu, is more concerned for the safety and security of the Jewish people of Israel than he is of what the rest of the world thinks of his methods".

  • CorneliusHenn

    Beste Pieter,

    Jou beskrywing "skuil", beskryf Chris Dippenaar heel goed.

    Hy spog graag hoe hy onder die vensterbanke van kerke skuil en giggel terwyl daar diens is.

    Dan skuil hy homself ook boonop gereeld onder ander se loopmae hier op die werf.

    Hier en daar raak hy ook slim met ene "Slayer X" aan't hand in sy "debunk" van enige iets verdag omtrent Westerse media - ja, hy is 'n fanatiese gebreinspoelde en glo alles in die Geldmag se massamedia!

    Dus Pieter, behalwe vir sy desperate ondermyning van Godsdiens, dink ek nie daar is veel meer om tussen julle gekruip voor te word nie.

    Julle sterk afkeur aan Godsdiens maak van julle eintlik tog niks niks meer as 'n Kobus de Klerk wat gewoon ook enige onderwerp sal misbruik om ander se harte te minag nie.

    'n Rêrig slim man het op 'n keer geseg; die meerderheid is reg, maar die minderheid opreg.

    Ek kies eerder om alleen in my beginsels te staan (deel aan die minderheid te wees) as om vinger in die gat 'n tjommie happy te probeer hou en die een of ander (s)linkse grys vlaggie te wapper.

    Nederige groete,

    Cornelius Henn

  • Chris.

    Jy skryf:  " 'n Gay-parade in die middel van Tel Aviv maak nie op hiervoor nie, Jaco".

    Wat my persoonlike sienswyse beslis beïnvloed is waar enige nasie of godsdiens, wat gays die doodstraf oplê, hetsy dmv, steniging; aan die brand steek; hang; keelafsny; ens toepas as deel van hulle wettigheid daartoe, voel ek vere wat met hulle gebeur, al is dit geregverdig al dan nie, en al gebeur dit hoe wreedaardig ookal.

    Soos gays in die Moslemwêreld sodanig deur hulle gesien word, word die uitwissing van Jode ook deur hulle sodanig gesien as deel van hulle regverdiging itv hul godsdiens.  Dienooreenkomstig blameer ek nie die Jode vir hul optrede nie.

  • Hello, 

     
    'n Algemene opmmerking. 
     
    Vir baie jare het ek nie 'n TV gehad nie, maar was frustreerd, met al die audio-programme wat die luisteraar van die beelde ontneem wat beskryf word en met dit word die betaalkanaal weer aangesluit tot ek begin dink het, die prys is hopeloos te duur en  weer terug na audio, nou vir 'n hele paar jaar alweer. 
     
    Alhoewel die BBC en ander instellings beskou word deur sommige deelnemers hier as deel van die bose komplot wat die westerse media is, is die rapportering van die programme waarna ek luister, "World at One" & "World Tonight" baie goed en word jy na Palestina geneem, met die gille in die agtergrond, sirenes, woede, trane en word die menslike koste van hierdie konflik baie duidelik gemaak. 
     
    Die luisteraar word dus intens bewus gemaak van die gebeure op die grond, kinders wat langs hulle ouers vermoor word op sponsmatrasse, die bloed hard gekoek, spatsels teen die mure, die skuilings verwoes, in die veilige gebiede en dan die verteenwoordigers van alle partye wat die mees positiewe "spin" op hulle aktiwiteite probeer plaas, dag na dag, probeer die luisteraar sy weg vind in die "fog of war". 
     
    Verteenwoordigers van NGO's word afgemaak as leunaars deur Israel se verteenwoordigers en so gaan die sirkel sonder end. 
     
    Die laaste program waarna ek vandag geluister het gaan kyk na die omstandighede in Haifa, Jood en Arabier in redelike harmonie wat in teenstelling is met die wantroue van een eienaar van 'n winkel wat glo dat sy Palestynse werkers net wag om hom te vermoor. 
     
    In Der Spiegel van vandag is daar 'n onderhoud met Eva Illouz, sosioloog en 'n skrywer wie se werk ek volg in Haaretz, 'n goeie liberale koerant wat beide Israel en Palestina kan kritiseer en nie onder die las gebuk gaan van baie deelnemers hier, dat jy moet kant kies nie. Daarom Ari Shavit, Leon Wieseltier, Amos Oz, David Grossman wat besef dit is moontlik om beide kante te kritiseer. 
     
    Eva Illouz se slotsom bied kragtige kritiek op die Joodse eienaar van die besigheid wat dink sy Palestynse werkers kan nie wag om hom te vermoor nie.
     
    "SPIEGEL: Do you support the military operation in the Gaza Strip?
     
    Illouz: No, I don't. I'm not a pacifist in the sense that I do not think that military operations are always wrong. But I'm not in favor of this operation because there was no political process beforehand. Netanyahu gave such obvious sings that he was not interested in a political process. Instead, Netanyahu constantly undermined Palestinian Authority President Mahmoud Abbas. I refuse categorically the idea that our only relationship with the Palestinians is a military one. We are in a march of folly. There is an increasingly large group of people who really think that they can subdue the Palestinian population and sustain a regime where Israel keeps dominating them.
     
    SPIEGEL: Is that not the consequence of 47 years of occupation, this feeling of not having to make any more concessions?
     
    Illouz: Israelis pay a price, but we are not really aware of it. We don't know how it feels to live in a peaceful society, devoted exclusively to culture, education and improving the living conditions of everyone. People don't make a connection between the bad living conditions they have and the amount of resources invested in the settlements and in the army. In psychology, they call it dissociation. Israeli society has become very insensitive. Not only to the suffering of others, but also to its own suffering".
     
    Soveel hoofde soveel sinne, maar dit 'n bied waardevolle insig, die afstomping van insig en gevoel, die gebrek aan empatie, gegewe die toestand in Gaza en die onreg wat gepleeg word teen die Palestyne. 
     
    Chris, 
     
    Daarom is ek bly ek het by die film gestop weens jou verwysing daarna. Ek is regtig bly ek het vinnig weer na die artikel kom kyk. In "Omar:" sien ons die muur, die wapenvuur wat bedoel is om te moor, die soldate wat die spot dryf met Omar en hoe dit Omar se weerstand verduidelik en die aksies wat geneem word om die onderdrukking te verwerp. 
     
    Audio is goed om dit te hoor, maar dit bring ander insigte om die muur te sien, die nou stegies, die oorlogsone wat die menslikheid uit die omgewing suig. 
     
    Met dit is ek veel nader aan Pieter, as wat Pieter wil erken, ek het nie kant gekies nie, maar net soos Suid-Afrika vasgeval was in Apartheid vir 84 jaar is hierdie twee groepe mense vasgevang in hulle eie tronk, beide het reg, beide het dit verkeerd ook, maar onderdrukking soos uitgebeeld in die media en in films soos "Omar" maak dit nog meer duidelik en simpatie met Palestina 'n moontlikheid. 
     
    Dit raak ons almal, nie net die Jode nie en daarmee is ek in akkoord. 
     
    Die omstandighede is onmenslik en die mensdom het ontwikkel om nou sterk kritiek te lewer teen hierdie tipe onmenslikheid. Die sirkel word groter en groter, dit stuit 'n mens teen die bors as daar na hierdie onmenslikhede geluister word en dit gesien kan word.
     
    Daarom, vir die wat kan, probeer om "Omar" te kyk. 
     
    Ek gaan nou opvolg met "Paradise Now'. 
     
    Die artikel in die "New York Review of Books verwys na 'n film "Bethlehem" maar die kommentaar oor "Bethlehem" is nie so positief oor "Bethlehem" as wat dit oor "Omar" is nie. 
     
    "In depicting the occupation, Bethlehem shows Israelis as they like to see themselves, functioning heroically, against all odds, in a dire situation that has, it would seem, been thrust upon them from the outside. What is worse, Bethlehem seems to be driven by the standard version of Israeli politics: set at the height of the second intifada, with suicide bombers a constant threat, the film doesn’t even hint at the possibility that Israeli acts and decisions might have had something to do with the outburst of Palestinian violence that began in the autumn of 2000. Probably one reason for the film’s popularity in Israel is its bleak portrait of inner-Palestinian politics. Israelis like to believe the unlikely proposition that Palestinians are more violent than the Jews. So here we see lethal rivalry between different Palestinian armed groups; a thoroughly corrupt Palestinian Authority with no ability to assert control over the Palestinian street"
     
    Wat nodig is om Palestina duidelik en simpatiek te kan sien. 
     
    Israel se verhaal is oorbekend, wat van die ander kant, moet nou gevra word. 
     
    Baie Dankie
     
    Wouter
  • Hello,

     
    Andrew Rosenthal, redakteur van die New York Times se redaksionele blad,  'n intelligente, sjarmante man, soos gesien in 'n onderhoud met Charlie Rose, http://tinyurl.com/prz85k3, maak die volgende opmerking in die studente koerant van Princeton:
     
    “We live in an age in which truth is considered to be a multiple-choice question”. 
     
    Die deelnemers weet wie hulle is, met die verwysings na olifante en die ander een met "sy vinger in die gat van 'n tjommie". Ek het nie geweet hy doen dit nie, of die een wat aandring dat waarheid driehoekig is en dan tog sy waarheid as die waarheid verkondig en ander voorbeelde. 
     
    "Facts is survived by two brothers, Rumor and Innuendo, and a sister, Emphatic Assertion".
     
    Chris se verwysing na "Omar" bring die volgende na vore. In die argiewe van die New Yorker is daar 'n lang opstel wat handel oor die film “The Gatekeepers” van Dror Moreh. 
     
    Chris in 'n vorige gesprek het jy die lesers hier attent gemaak op "Fog of War" van Errol Morris,  'n studie oor Robert S. McNamara.
     
    Vir die rekord, Errol Morris het nou 'n film gemaak oor Dick Cheney wat nou onlangs vrygestel is. 
     
    “The Gatekeepers” val in daardie klas en het ek al geleentheid gehad om hierdie film te sien. 
     
    Die New Yorker beskryf dit soos volg:
     
    "The movie is built around interviews with six men who pretty much consecutively ran the Shin Bet, Israel’s internal-security intelligence operation, from 1980 to 2011. And they are convinced that Israel is on the wrong track—that the future is “dark,” as Shalom puts it; that Israel is turning into a colonial power policing a rapidly increasing population of Arabs within its borders." 
     
    Hierdie leiers kan nie beskryf word as "bleeding hearts" nie. 
     
    Daar word in detail gewys, hoe word 'n teiken isoleer, die voertuig gevolg en dan opgeblaas met 'n projektiel om skade te beperk wanneer daar nie onskuldige mense naby is nie. 
     
    Hierdie is nie "bleeding hearts" nie, maar is sonder terughouding krities teenoor Netanyahu en elk het in sy leierskap direk rapporteer aan die Eerste Minister van die dag. 
     
    Hiervolgens is die gesprek meer vry as wat buite Israel moontlik is en behoort dit 'n aanduiding te wees van hoe kritiek gelewer kan word, sonder om van "verraad" aangekla te word. 
     
    Vir die wat kan, probeer om “The Gatekeepers” te kyk. In teenstelling met die volgende, is “The Gatekeepers”, kort en kragtig. Onthou “The Gatekeepers” word gekyk met onderskrifte. 
     
    (Dit is nie op Youtube nie - volgens wat ek kan onthou). 
     
    Die reeks waarna ek die meeste uitsien op hierdie stadium is, The Honourable Woman, en kan meer gelees word oor die reeks by die volgende skakel: 
     
     
    Wat verstommend is, die draaiboek van die eerste drie episodes is beskikbaar gemaak deur die BBC en vertel die verhaal van Nessa Stein en haar poging om die omstandighede in Palestina te verbeter en open met 'n toespraak wat Nessa Stein lewer na sy ingehuldig is in "The House of Lords":
     
    NESSA STEIN:
     
    "Last year, Israel's gross domestic product exceeded Two Hundred and Twenty Billion dollars. I know my father would be very proud of that figure. A fledgling state no more, I think you’ll agree, but one that’s thriving, within strong walls".
     
    A small smattering of applause.
     
    NESSA STEIN
     
    "Last year, the combined domestic product of the Palestinian territories barely touched Four Billion dollars. Four. What a difference a wall makes".
     
    Stillness.
     
    'n Paar tonele volg en dan 'n onderhoud met John Humphrys van die BBC se bekende "Today" program. 
     
    Die stukkie dialoog wat uitstaan in daardie onderhoud en is John Humphrys aan die woord:
     
    "...I’m sorry... but are you a “realist”, Baroness Stein? Because I had you down as an “idealist”...Because when it comes to the entire history of the Middle East, for “idealists” - it never ends well".
     
    Probeer om beide in die hande te kry en kyk dit asseblief.   
     
    Beweeg verby die simplistiese en eenvoudige aanbiedinge wat die bestaan vul. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Hello Chris et al,

     
    Wie stel ook belang in Hannah Arendt? 
     
    'n Film van verlede jaar wat uitstaan is Margarethe von Trotta se Hannah Arendt” met Barbara Sukowa as Hannah Arendt. 
     
    Soos bespreek met 'n vriend van my, is Barbara Sukowa as Hannah Arendt intelligensie verpersoonlik. 
     
    Hierdie weergawe van Margarethe von Trotta handel dan juis met Hannah Arendt se bekende/berugte “Eichmann in Jerusalem”  en die debat wat dit veroorsaak het. 
     
    Gershom Scholem’s se frase verwys, waarin Arendt beskuldig word dat sy tekort skiet aan “Ahabath Israel” (love of the Jewish people). (Cambridge Companion to Hannah Arendt). 
     
    Volgens my is hieridie 'n goeie film en kan ingesluit word in die lys van films en reekse wat 'n blik bied op hierdie komplekse of is dit ingewikkelde vraagstuk. 
     
    Hannah Arendt het geskryf dat dit klap, die vraag is dus watter een van haar boeke moet volgende gelees word. 
     
    "Meridian: Crossing Aesthetics" 'n reeks van boeke uitgegee deur Stanford University Press sluit in "Reflections on Literature and Culture" van Hannah Arendt en moet ek erken dit is die boek wat ek die maklikste vind uit die verskeidenheid van boeke deur Hannah Arendt geskryf, maar dan het ek 'n swak plek vir literêre kritiek en in wese my gunsteling onderwerp. Iemand baie slimmer as ek, verduidelik die bestaan aan my aan die hand van letterkunde. 
     
    Ongelukkig is dit nie in Kindle-formaat beskikbaar en kom my kopie van die dae toe 'n mens nog die fisiese boek gekoop het.
     
    Hierdie "Meridian: Crossing Aesthetics" is net so 'n goeie reeks vir kennisname en sluit dit Maurice Blanchot in wat defnitief verdien om meer bekend te wees. 
     
    Twee boeke wat Hannah Arendt aan my verduidelik is die "Cambridge Companion to Hannah Arendt" en "Routledge Critical Thinkers: Hannah Arendt". 
     
    Beide is beskikbaar vir die Kindle. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Chris Dippenaar

    Hello Wouter

    Ek het die Richard J. Evans se trilogie van die Tweede Wêreldoorlog gelees waarin daar 'n verwysing was na die Arendt-werk, 'Eichmann in Jerusalem'. Dit was redelik maklik om hierdie werk te volg in sover dit gegaan het oor die geskiedkundige verwysings na die holocaust self. Met die meer abstrakte aspek van haar werk het ek egter effens gesukkel. Ek dink ek verstaan die basiese argument wat sy maak in hierdie werk, nl dat Israel die Eichmann-verhoor gesien het as 'n verhoor waarin die misdaad van die holocaust gesien is as een teen jode. Hannah Arendt het dit egter beskou as 'n veel groter misdaad, 'n misdaad teen humaniteit. Sy kritiseer die Sioniste daarvoor dat hulle nie hierdie saak geneem het na 'n internasionale hof nie. Dalk verstaan ek haar verkeerd, maar het sy die Eichmann-verhoor in Israel gesien as opportunisme van die Sioniste?

    Ek het ook geluister na die Teaching Company se lesings oor die Eerste Wêreldoorlog (World War I: The “Great War”) van Vejas Gabriel Liulevicius. In hierdie lektor se opinie is 'The Origins of Totalitarianism' die werk waarna gekyk sal word oor 'n paar honderd jaar om te probeer verstaan wat gebeur het in die 20ste eeu.

    Maar hier's die ding, ek was nie slim genoeg om hierdie werk van haar te volg, wat nog te sê verstaan. Ek dink nie ek het verder gekom as bladsy 75 voor ek opgegee het. Ek het jou aanbeveling gevat, die 'Cambridge Companion to Hannah Arendt' in die hande gekry en het begin lees daaraan. Hopelik sal ek dan kan terugkeer na die oorspronklike werk en verder vorder as bladsy 75. Ek vaar dalk ook heelwat beter in my interpretasie van die Eichmann-boek. Baie dankie vir hierdie verwysing.

    'The Gatekeepers' was 'n absolute openbaring. Dit sal regtig hartseer wees as ek die enigste een is wat hierdie aanbeveling van jou opgevolg het. In die opening van hierdie film: "As Head of the Shin Bet, you learn that politicians prefer binary options. They don't like having three or four options. They want you to tell them, 'Zero or one.' 'Do it. Don't do it.' As a commander, I find myself in situations that are different shades of gray." (Yuval Disken, hoof van Shin Bet, 2005-2011)

    Chris

  • Chris Dippenaar

    Hello Jaco

    Ek is heeltemal in ooreenstemming met jou dat die vergrype van fundamentele groepe, en onderdrukking van sekulêre menseregte, heeltemal onaanvaarbaar is. Hamas in hierdie opsig is glad nie onskuldig nie. Ek het egter 'n reuse probleem met jou goedpraat van hoe dit bestry moet word, Jy "voel vere wat met hulle gebeur, al is dit geregverdig al dan nie, en al gebeur dit hoe wreedaardig ookal".

    Jy aanvaar eenvoudig dat al hierdie groepe dieselfde is. Soos 'n Mark Regev, wat 'n lysie afrits wat ISIS, Boko Haram en Al Qaeda insluit, skep jy die indruk dat daar geen verskil is tussen hulle en Hamas. Miskien kan iemand jou herinner dat die aanvanklike vorming van Hamas die ondersteuning van Israel gehad het as teenvoeter vir die PLO. Vandag weier die Israelis om met enige iemand anders te praat as die PA (PLO). Wanneer gaan hulle bereid wees om te praat met Hamas? Wanneer die swart vlae van ISIS wapper oor Palestina?

    Die PA het amper niks om te wys sedert hulle die Oslo ooreenkoms geteken het. Die twee-staat oplossing is dood. Die Palestyne gaan nêrens heen nie. Dis 'n tragedie wat sal afspeel totdat eendag, wie weet wanneer, Israelis en Palestyne dit sal regkry om saam, as twee "nasies", te leef in een land.

    Chris

  • Dirk

    Palestynse vuurpyle word teikenloos na Israel afgevuur.  Hulle teiken geen militêre instansies nie. Die gewone burger op straat is waarop afgevuur word.  Het Israel nie vroeër maatreëls ingestel om hierdie aanslag op hulle grondgebied af te weer nie, sou die dodetal onder die Joodse burgery heelwat groter gewees het.  Met ander woorde,  die Palestyne voel vere wie deur hulle ontploffende vuurpyle gedood word, wat kinders kan insluit, want hulle het nie beheer oor wie getref gaan word nie. Dit is onder andere, in hierdie konteks dat ek op my beurt ook vere voel oor die lot van die Palestyne.

    Die twee-staat konsep sal alleenlik kan werk indien die Palestyne bereid is om Israel se bestaansreg te erken, en dit wil hulle nie doen nie.  Huidig is vier miljoen Palestyne se fanatiese strewe om sewe miljoen Jode die land uit te verdryf.

    Solank die Palestyne  Israel se bestaansreg wil ontken, solank sal Israel hulle koloniale baas bly.

    Met die ses-dag oorlog, was die Arabiere, selfs matige Jordanië, verenig om Israel te vernietig.  Israel het die oorhand bekom, die Wesbank van Jordanië afgevat, die Gaza strook asook  Sinai tot by die Suez kanaal van Egipte afgevat, en die Golan hoogte van Sirie.  Na vredesonderhandelinge, is Sinai aan Egipte teruggegee, maar die ander, wat Gaza insluit, deur Israel vir sekuriteitsredes behou.  Was Gaza vandag onder Egiptiese en die Wesbank onder Jordanië se beheer, sou daar oorlog met genoemde twee lande noodgedwonge gevoer moes wowrd.  Inteendeel, beide genoemde lande is verlig dat Israel die Palestynse probleem van hulle afgevat het.  Altwee handhaaf vredesverdrae met Israel, en in Egipte se geval, werk saam om die Palestyne in te hok.

    Twintig persent Israelies is Moslem Arabiere, wat gelyke regte met die Jode geniet, het ook lede in die Knesset (parlement), offisiere, selfs regters.  Die regter wat vonnis oor 'n voormalige President gevel het, was 'n Moslem Arabier.  In teenstelling, word sodanige vryhede onder Palestyne nie te vinde nie.  Hulle onderdruk hul eie mense, en tussen die PLO en Hamas is die vete onderling amper groter as hul haat vir die Jode.

    Now with whom does sanity and with whom does madness lie in this setup?

    Totdat die Palestyne tot 'n vergelyk met die Jode kom, sal hulle ekonomies agtergeblewenes in hul eie land bly.

  • Chris

    Jy sê dat Israel eers met Hamas gaan praat:  "Wanneer die swart vlae van ISIS wapper oor Palestina?"

    Dink jy werklik die Israelies gaan tot dan wag?  Hulle rekord sedert 1948 deurgans is dat hulle nie op hulle laat wag nie, en wanneer hulle toeslaan, hulle so hard sal toeslaan dat die kak letterlik sal spat met minagting op "bleeding heart" wêreldmening!  Hulle "pussy foot" nie wanneer daar geveg moet word nie.  Sirie, Egipte en Jordanie het die les goed geleer, en waag dit  nie weer om oorlog teen Israel te voer nie.

    Die sesdag oorlog is 'n tipiese voorbeeld.  Die Arabiere was nog in 'n ooreenkoms "mode" onderling toe Israel toegeslaan en hulle vliegtuie op die grond geheel en al vernietig het.  Toe hulle nog na asem gesnak het, was alles reeds verby.

    Israel staan stewig agter die stuur in die midde-ooste.  Die Palestyne, indien hulle vrede soek, sal met Israel moet skik, en nie andersom nie. " Israel talks from an absolute position of strength".  Solank skikking ontbreek, is dit "open season" vir die Jode om kolonies in Palestina te vestig, wat vir hulle 'n ekstra "bargaining chip" vir die toekoms verskaf.

  • Chris

    Vergeet om te noem. Toe die magtigste nasies met Idi Amin "ge-pussyfoot" het, het die Israelies op Entebbe lughawe met die middelvinger gewys waartoe hulle in staat was.

  • Hello Chris, 

     
    Jy is my een voor met die Richard J. Evans se trilogie van die Tweede Wêreldoorlog, al is dit in my argiewe, maar dan word die argiewe net groter en groter en daarmee ook die agterstand. 
     
    Ek weet nie wanneer 'n mens eendag gaan opvang nie en is hierdie trilogie defnitief op my lys.
     
    Richard J. Evans het die opstel in die "New York Review of Books" geskryf wat die bestekopname van die  Eerste Wêreldoorlog bespreek aan die hand van "The War That Ended Peace: The Road to 1914 - Margaret MacMillan", "The Sleepwalkers: How Europe Went to War in 1914 - Christopher Clark", "Catastrophe 1914: Europe Goes to War - Max Hastings". 
     
    Wie beter om dit te doen?.
     
    Die opstel kan hier gevind word, http://tinyurl.com/ke4f3e4 en is nie agter 'n betaalmuur nie.  
     
    Met die vorige kommentaar aan jou, was ek van plan om Mark Lilla se bespreking van Margarethe von Trotta se Hannah Arendt uit die "New York Review of Books", te kwoteer en wil graag nou so doen. 
     
    Die gedeelte wat ek as die kern beskou in verhouding tot “Eichmann in Jerusalem”. 
     
    Die opstel is ook gratis beskikbaar en kan kan hier gelees word. http://tinyurl.com/k26rx3q 
     
    Beide skakel getoets. 
     
    Die kern in verhouding tot “Eichmann in Jerusalem”:
     
    "Now as then critics focus on two arguments Arendt made, and on the fact that she made them in the same book.
     
    The first, and better known, was that although Adolf Eichmann was taken by many at the time to be the mastermind of the Final Solution, the trial revealed a weak, clueless, cliché-spewing bureaucrat who, according to Arendt, “never realized what he was doing,” an everyman caught up in an evolving bureaucratic program that began with forced emigration and only later ended with extermination as its goal. 
     
    That one “cannot extract any diabolical or demonic profundity from Eichmann” did not, in her eyes, reduce his culpability. 
     
    From the start Arendt defended his capture, trial, and execution, which were not universally applauded then, even by some prominent Jews and Jewish organizations. 
     
    This her critics forget, or choose to forget. What they remember is that she portrayed Eichmann as a risible clown, not radically evil, and shifted attention from anti-Semitism to the faceless system in which he worked.
     
    Had Arendt written a book on what she called “the strange interdependence of thoughtlessness and evil” in modern bureaucratic society, it would have been read as a supplement, and partial revision, of what she said about “radical evil” in The Origins of Totalitarianism. No one would have been offended. But in Eichmann she made the unwise choice of hanging her thesis on the logistical “genius” of the Holocaust, whose character she tried to infer from court documents and a few glimpses of him in the bullet-proof glass docket in Jerusalem.
     
    To make matters worse, in the same book Arendt raised the sensitive issue of the part that Jewish leaders played in the humiliation and eventual extermination of their own people. These included the heads of the urban Jewish community organizations that facilitated forced emigration, expropriations, arrests, and deportations; and the heads of the Jewish councils the Nazis formed in the ghettos and camps to keep the inmate population in line".

    Om regverdig te wees teenoor Hannah Arendt, moet daar erken word, dat sy is veel duideliker as haar leermeester, Martin Heidegger. 

    Martin Heidegger kan ek net volg aan die hand wat George Steiner oor Heidegger geskryf het, in Heidegger en vermy enige Heidegger direk. 

    Ek is maar dom.  

    Ek het ook weer na die boeke van Arendt in my argiewe gaan kyk en 'n paar opstelle gaan toets en is hierdie ook bundels wat oorweeg kan word vir jou versameling. 

    Die eerste bundel is getiteld, "The Jewish writings" en bevat al die opstelle wat verwag kan word in verhouding tot Joodse vraagstukke. "Antisemitism", "The Crisis of Zionism", "Zionism Reconsidered" en ook die een wat ek die meeste geniet het aan die hand van "The Grand Budapest Hotel" wat Stefan Zweig se nostalgie vir my verduidelik het, "Stefan Zweig: Jews in the World of Yesterday". 

    Hopelik sal Comestor die film probeer, aangesien dit so sterk put op die stemming van Stefan Zweig se werke en die aard van Stefan Zweig se lewe en dood. 

    Die tweede bundel is getiteld, "Essays in understanding: 1930-1954", met die subtitel van "Formation, Exile, and Totalitarianism" en indien daar enige twyfel sou wees vir die wat dalk nie bekend is met Arendt se werk nie, is die verskeidenheid van onderwerpe wat sy aanraak in hierdie twee bundels verstommend. 

    Dit laat my nederig.

     "Reflections on Literature and Culture", het ek gehoop is hier by my, maar is by ouers en nou mis ek die boek. 

    Laastens,'The Gatekeepers', Yuval Disken is die een waarmee ek die meeste aanklank gevind het, want ek het dit Sondagaand weer gekyk, alhoewel Ami Ayalon se slotsom verduidelik hoekom onderhandelinge so belangrik is en so ook Avraham Shalom se "praat met almal".

    Dit is jammer dat die wat so oortuig is in hulle ontledings, nie hierdie film sal sien nie. 

    Die persone in 'The Gatekeepers' is manne wat besluite gemaak het oor mense, wat ons nooit hoef te maak nie en dit nou sterk bevraagteken, hoe kon die mense so behandel word en wat moet ons doen om te verander en die volgende te verhoed: 

    ( “the strange interdependence of thoughtlessness and evil”) 

    Die simplistiese kommentaar is dan in skrille kontras tot wat hierdie manne geleef het en hulle is manne, nie een is 'n "bleeding heart" nie.  

    Baie dankie dat jy dit gesien het, dit maak werklik my dag. 

     'n Film so goed moet gedeel word en daarmee ook 'n film wat die ingewikkelde so goed uitbeeld, soos jou verwysing na die inleiding duidelik maak. 
     
    Volgende film wat ek gaan herbesoek is "Waltz with Bashir". Israel in Lebanon, 1982. 

    Baie dankie, hierdie het ek geniet. 

    Baie dankie
     
    Wouter
  • R.J.W. Evans (Regius Professor of History Emeritus at Oxford), moet nie verwar word met Sir Richard J Evans, (Regius Professor of History at Cambridge), skrywer van die trilogie nie.

     
    Verskoning vir die fout gemaak. 
     
    Sir Richard J Evans het dus nie die opstel geskryf soos ek gehoop het nie, maar die opstel van R.J.W. Evans is goed in eie reg en 'n baie goeie inleiding tot die argumente rondom die oorsaak van die Eerste Wêreldoorlog.
  • Dankie Jaco. Iemand wat wyer kyk. Ek is beslis nie in dieselfde liga as die humorlose ernstige manne wat aan penale diarree lei nie. Wat my nog meer amuseer is die slim aanhalings en verwysings na boeke en geskrifte. Ek weet nie wie die manne probeer beïndruk nie, maar dit werk nie, in elk geval nie vir my nie. 

  • Hello,

     
     "Might does not make right". (Apartheid as 'n voorbeeld).  
     
    “Who’s fighting and what for?” (Mick Jagger - Rolling Stones)
     
    In dele van die voorafgaande gesprek word die Palestyne se geldige aanspraak op onafhanklikheid ignoreer en so ook die regte wat implisiet in die Palestyne se aanspraak op Palestina is. 
     
    Hierdie tipe van ontkenning deur Israel en die permanente verowering van ander se grond kan gevind word in 'n brief wat Ben Gurion aan sy vrou geskryf het terwyl die VN besig was om te beslis oor die partisie: 
     
    "Establish a Jewish state at once, even if it is not in the whole land . . . the rest will come in the course of time". 
     
    Hajj Amin al-Husseini leier van die Palestyne in 1947 voorspel die volgende: 
     
    "No form of partition would finally satisfy the Zionists. Whatever they got would merely be a springboard from which to leap on more."
     
    Net soos die 87% versus 13% skeiding in Suid-Afrika gebeur dieselfde in Palestina. 
     
    Die VN se beslissing ken 43% aan die Palestyne toe en 57% aan die Jode verplaas deur die omstandighede in Europa. 1,364,330 Arabiere versus 608,230 Jode. Jerusalem en Bethlehem onder die beheer van die VN. 
     
    56% van die gebied word gegee aan 30% van die bevolking van die gebied soos dit was in 1947. 
     
    Die skaal van geregtigheid is alreeds skeef getrek. 
     
    Net soos dit nie onseker is of die VN werklik die wetlike mag gehad het om hierdie partisie op die bevolking af te dwing nie. 
     
    Met hierdie partisie begin die konflik onmiddellik. 
     
    Arthur Creech-Jones, skryf aan sy hoofde in Brittanje:
     
    "Situation now is deteriorating into a series of reprisals and counter-reprisals between Jews and Arabs,in which many innocent lives are being lost, the tempo of which may accelerate".
     
    Die toestand vererger inderdaad soos alreeds voorspel deur Arthur Creech-Jones en word hierdie burgeroorlog beskryf as, "vicious, cruel and littered with atrocities. It involved immense human suffering and a degree ofblatant brutality never before seen in Jewish–Arab relations in Palestine, which had usually seen the two peoples living side-byside in relative peace".
     
    Deir Yassin as 'n voorbeeld van hierdie volksmoord deur die Jode, so kort na hulle eie. 
     
    Die modus operandi word soos volg beskryf deur Ben Gurion: 
     
    "In each attack [against Arabs] it is necessary to give a decisive blow, ruining the place, kicking away the inhabitants".
     
    750 000 Palestyne vlug weens hierdie konflik en die vlugtelinge se huise word net so oorgeneem deur die Joodse staat, "New immigrants [we] put in Arab houses - weer Ben Gurion". 
     
    Hierdie probleem van die vlugtelinge is nou nog nie opgelos nie, soos duidelik behoort te wees in die "right of return". 
     
    14 Mei 1948 word die geboorte van Israel, (Medinath Yisrael), afgekondig na die slagting en brutale verskuiwing wat deel van Israel se geboorte is.
     
    Die ondersteuning van die lande, soos "Egypt, Jordan, Iraq, Syria, Saudi Arabia en Lebanon" het gesamentlik net 23000 soldate teen die IDF se 30000-40000 soldate gelewer. 
     
    Die beeld is dus 'n skeef getrekte beeld, van al hierdie lande is "verslaan" deur Israel. 
     
    Die lande se blootstelling was beperk en het nie werklik belang gehad in 'n oorlog met Israel nie. 
     
    Die oorlog is beskryf as, "“a curious imitation of a war” aan die kant van die Arabiere. 
     
    Ben Gurion en Medinath Yisrael was suksesvol in die lig van die brief geskryf aan sy vrou 'n paar jaar tevore en neem die besit van Israel soos volg toe, van 56/57% tot 78% en word Palestina gelaat met 22%, soos Hajj Amin al-Husseini voorspel het. 
     
    Die wetlikheid van die partisie word bevraagteken. 
     
    Dit is nie onredelik om weerstand te bied teen die verskuiwing wat op die Palestyne afgedwing was nie. 
     
    Hierdie oorlog word gebruik deur Medinath Yisrael om die partisie te vernietig en so meer gebied in te palm. 
     
    Hierdie metodiek word soos volg beskryf: "transfer was inevitable and inbuilt into Zionism – because it sought to transform a land which was ‘Arab’ into a ‘Jewish’ state and a Jewish state could not have arisen without a major displacement of Arab population”.
     
    Bogenoemde kan gesien word in die voorbeeld van die Palestyne wat met fors verplaas is in twee dorpe, Lydda en Ramleh waarin 60 000 mense sonder huise gelaat het en vlugtelinge gemaak word. 
     
    Hierdie brutale verskuiwing van die inheemse Palestyne is ingebou in Sionisme en skryf Theodor Herzl die volgende: 
     
    "We must expropriate [confiscate] gently … We shall try to spirit the penniless population across the border by procuring employment for it in the transit countries, while denying it any employment in our country … Both the process of expropriation and the removal of the poor must be carried out discretely and circumspectly".
     
    Bogenoemde is hoekom President Jimmy Carter die omstandighede daar as apartheid kan beskryf en is Ben Gurion se opvolg op Herzl net so bekend as 'n argument hier wanneer daar oor grond getwis word:
     
    "Thankfully, the Arab people have vast empty areas. Jewish power, which grows steadily, will also increase our possibilities to carry out the transfer on a large scale".
     
    Hierdie dan 'n weergawe van die geboorte van Medinath Yisrael en die periode tot en met Maart 1949. 
     
    Die onreg teen die Palestyne behoort duidelik te wees. 
     
    Alreeds in 1948 word die gebied wat Israel beset uitgebrei tot 78%. 
     
    Die oorspronklike bevolking  is nou vlugtelinge in Gaza, Wes Bank, en in omliggende state. Gaza heel korrek onder die beheer van Egipte en die Wes Bank on die beheer van die Jordaan. 
     
    Die uiteinde was dus nie 'n partisie tussen Palestyn en Jood nie, maar egter 'n opdeel van die gebied tussen, Israel, Egipte en Jordaan. 
     
    Die Palestyne vanaf die begin die "verloorders". 
     
    Hierdie is 'n ongemaklike term. 
     
    Die uiteensetting van die gebeure bevestig dat die beloftes gemaak aan die Palestyne nooit eerbiedig is.  
     
    Na hierdie konflik, is daar 'n redelike stil periode tot en met 1967. 
     
    In hierdie periode word die PLO en Al-Fatah gestig en begin die loopbaan van YasserArafat. 
     
    Medinath Yisrael in die kort oorlog van 1967 beset "Gaza & the West Bank" en daarmee ook uiteindelik Jerusalem en ander gebiede ook wat die grondgebied van Israel drievoudig vergroot. 
     
    Hierdie uiteensetting maak dit duidelik Palestina het nooit hulle onafhanklike staat gekry implisiet in die partisie, net soos Israel, regmatige weerstand daarteen gebruik het in die aanvanklike konflik om onmiddellik die aanvanklike grondgebied toegestaan aan hulle met agressie uit te brei en alle beloftes te ignoreer. 
     
    Hierdie aggressie word volbring met die besetting van Gaza en die Wes Bank en 'n minagting van die partisie en die gebeure afgeskop met die Balfour-verklaring wat die volgende onderneem het. “Nothing shall be done which may prejudice the civil and religious rights of existing non-Jewish communities in Palestine”.
     
    Keer op keer is die beloftes implisiet in die verklaring van Balfour, Britse mandaat van Palestina en die onderneming van die VN ignoreer deur die agressie van Medinath Yisrael. 
     
    Hierdie geskiedenis is sekerlik een van die mees onlangse en grootste ongeregtighede. Wanneer die beloftes verbreek en die aggressie in oorweging gebring word dan is dit duidelik hoekom hierdie so 'n klad op Medinath Yisrael se reputasie is. 
     
    Net soos met die oorlog van 1982 in Lebabon en die onderwerp van "Waltz with Bashir". Hier ook laat Israel moord en doodslag in sy weg in "Sabra & Shatila, tussen 16 September en 19 September en laat die slagting tussen 800 en 2000 burgerlikes dood, ongewapen. 
     
    Dit is duidelik dat Medinath Yisrael 'n bloedige geskiedenis met aggressie wat duidelik van Medinath Yisrael se kant af kom, weens die foute gemaak in die geskiedenis, die onregverdige geboorte, die minagting van beslissings deur die VN. Die VN en ander se laksheid en die gaping wat dit vir Medinath Yisrael geskep het en stap vir stap hierdie ongeregtigheid vorm laat aanneem het. 
     
    Die bronne vir bogenoemde kan gevind word in die volgende twee boeke en beide bied 'n baie goeie uitleg vir hierdie vraagstuk, veral Gregory Harms & Todd M. Ferry se boek is baie goed oor Palestina se geskiedenis voor dit onder Britse mandaat gegaan het en deel van die Ottomaanse Ryk was. Die konflik is nie eers 'n eeu oud nie.Net vir hierdie agtergrond is die boek sy prys werd. 
     
    "The Palestine–Israel Conflict: A Basic Introduction by Gregory Harms & Todd M. Ferry". 
     
    "Israel’s Wars 1947–1993 by Ahron Bregman". 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Chris Dippenaar

    Reusedwerg, as Jaco wyer kyk sluit dit natuurlik alles wat agter sy middelvinger is uit.

  • Die middeooste, asook omtrent alle ander wêreldprobleme word van drie kante benader. 

    Of Akademies; Of ideologies; Of pragmaties.

    'n Akademiese benadering handel hoofsaaklik oor wat was.  Dit sluit onder andere in feitlike geskiedenis, met vertolking en kommentaar van sodanige gebeure, "objektief" geskryf, verskans met die subjektiewe siening van sodanige skrywer.  Dit is die dat daar 'n wye verskeidenheid, selfs onderlinge weersprekende "objektiewe" skrywes oor dieselfde onderwerp bestaan.  Jy kies net die "objektiewe" skrywer wat jou eie siening ondersteun om 'n argument te steun.  'n Akademiese benadering verskans verskille met geen of min kans vir enige oplossings tussen botsende partye nie.

    'n Ideologiese benadering sukkel om selfs 'n sweem van "objektiwiteit" te kan handhaaf.  Argumente is gewoonlik polities, godsdienstig, selfs non-godsdienstig asook ekonomiese stelsels ingesteld.  Die Palestyne oor ras (Arabiere) en Islam (wat Sharia insluit).  Die Hamas-manifes is 'n skreiende voorbeeld hiervan.  Die Jode is ideologies Zionisties wat hoofsaaklik klem op afstamming, en tot 'n mindere mate godsdienstig ingesteld is.  In die midde-ooste is hierdie twee ideologie lynreg in botsing teenoor mekaar.

    'n Pragmatiese benadering handel oor die hede en 'n soeke na oplossings vir die toekoms, ongeag die foute en ongeregtighede van die verlede wat nooit weer reggestel sal kan word nie.  Die landsgrense en demografie van die verlede is nie ter sprake nie, tensy dit deel vorm van 'n pragmatiese soeke na oplossings vir vreedsame naasbestaan vir die toekoms.  Dit neem alle huidige feite in ag, veral waar die werklik mag gesetel lê, asook die sterk en swak punte van die botsende partye, om sodoende 'n model te kan onderhandel wat meerendeels albei partye tevrede sal stel.  (Met onderhandelings sal botsende partye nooit volkome tevrede gestel word nie, net solank hulle "meerendeels" tevrede gestel kan word sodat gesê word dat die onderhandelings suksesvol was).  Indien een of beide partye nie bereid is om 'n pragmatiese benadering te volg nie, sal daar geen ooreenkoms tussen hulle kan plaasvind nie.

    Huidig is die Palestyne onwrikbaar ideologies ingesteld deur nie die bestaansreg van Israel te wil erken nie, asook hulle soeke na 'n meerderheids-ondersteunde Islamitiese staat, in 'n land waar gesamentlik (dws die hele Palestyn/Israel gebied), die Jode tans die meerderheid bevolking gaan uitmaak met 6.5mil Jode teenoor 4mil Palestyne!

    Waar daar geen skikking is nie, soos tans, gaan beide partye druk op die ander toepas, totdat een uiteindelik gaan vou.  Een van die drukke wat die Israeli's (die sterkste van die twee partye) tans op die Palestyne (die swakste daarvan) toepas, is om kolonies in hulle grondgebied te vestig, om as toekomstige onderhandelingsplooi te dien, en indien skikking steeds nie plaasvind nie, om uiteindelike sodoende anneksie van die land te laat plaasvind, waar die Palestyne, soos die geval met die Arabiere in Israel, 'n volstrekte minderheid in hulle eie land gaan word, met geen kans tot selfbeskikking vir die toekoms nie.

    Onder druk van Israel, het Egipte en Jordanië met Israel geskik deur erkenning aan Israel se bestaansreg te verleen, en sodoende is vrede tussen hulle bewerkstellig, en het Egipte Sinai teruggekry.  Het Egipte nie tydig geskik nie, sou Israel vandag besig gewees het om kolonies daar ook te vestig.  Israel verlang erkenning vir hulle bestaansreg en versekerheid van veilige sekuriteit vir hulle bevolking van die Palestyne as uitgangspunt vir onderhandelings.

    Is dit te veel gevra?

            

  • Hello Jaco et al, 

     
    Wat is nie te veel gevra nie? 
     
    Dat die Palestyne na hul aansprake keer op keer ontken is, weer aan die korste end moet trek? 
     
    Dit is te veel gevra dat 'n groep mense soos die Palestyne se regte keer op keer misken word en dan nog verantwoordelik gehou word vir Israel se onverbiddelikheid. 
     
    Pragmaties, histories, feitlik het die volgende gebeur. 
     
    'n Onwettige partisie is afgedwing op die Palestyne, net soos in 1913 hier in Suid-Afrika gebeur het. 'n Groep mense, naamlik die Palestyne word sonder enige beskerming ontneem van grond. 
     
    Dit is 'n feit. 
     
    Dit is nie 'n ideologiese vertelling nie. 
     
    Die waarborge aan die Palestyne, na die ontneming van grond word in elk geval nie eerbiedig nie en is die verwagte reaksie van weerstand vanaf die Palestyne se kant, die lat waarmee die Palestyne geslaan word, deur almal wat wil weet hoekom is die Palestyne so onredelik. 
     
    Die effek van grond wat van mense ontneem word, is nou nog nie afgehandel in Suid-Afrika en word die Afrikaner as 'n dief afgemaak en tog is die verwagting dat Palestyne hierdie ontneming net moet aanvaar? 
     
    Is dit omdat hulle Arabiere is, en daar 'n ondertoon van rassisme is? 
     
    Die weerstand wat die Palestyne is soos verwag word, en hierdie word gebruik om die houvas van die Jode op die Palestynse gebied uit te brei en dan met 'n vinnige sluheid, die staat, Israel uit te roep. 
     
    Hoekom is daar enige twyfel dat die Palestyne nie 'n geldige grief het nie. 
     
    Natuurlik sal dit tot konflik lei, wat nou nog nie tot ruste gekom het nie en hierdie konflik gebruik Israel om die Palestyne met geweld te onderwerp aan besetting en die belofte van 'n aparte staat te ignoreer en dan nog in die gebiede waar die Palestyne die meerderheid, nog Jode te gaan vestig. Dit in die middel van die debat oor veiligheid. 
     
    Hierdie is niks anders as 'n voortgesette besetting van die oorblywende Palestynse grond om dit in 'n volledige Joodse staat te omskep. 
     
    Die gebiede finaal te steel van die Palestyne en dan verdien Israel applous daarvoor?
     
    Reusedwerg, wat sal skrik vir die feite, dink dit is so goed so en jy klaarblyklik ook. 
     
    Tesame daarmee, bly jy volhou dat die Palestyne nie die bestaansreg van Israel erken nie. 
     
    Die versugting is dat jy beter oplees voor jy 'n kommentaar skryf wat sulke oningeligte kennis openbaar. 
     
    In 'n 4000 woord kommentaar onlangs deur my, haal ek die volgende aan en word dit vir jou herhaal:
     
    Mahmoud Abbas wat die meerderheid van Palestyne verteenwoordig as die hoof van Fatah se standpunte word soos volg beskryf: 
     
    "Abbas (or Abu Mazen, as he’s popularly known) had grown accustomed to staking out positions on Israel that put him in the minority. He pushed secret talks with Israelis in the 1970s, advocated recognizing Israel and forswearing violence in the 1980s, and questioned the wisdom of the second intifada in the 2000s. Elected president of the Palestinian Authority in 2005 following Yasir Arafat’s death, Abbas had campaigned on creating a Palestinian state through negotiations. But over and over, outside factors got in the way...".
     
    Hierdie is nie verteenwoordigend van hoe jy die Palestyne beskryf nie, wanneer jy skryf:
     
    "Huidig is vier miljoen Palestyne se fanatiese strewe om sewe miljoen Jode die land uit te verdryf".
     
    Die oorgrote meerderheid van die Palestyne kan gevind word in die Wes Bank waar Fatah aan die stuur is, dit terwyl Gaza grootliks onder die beheer van Hamas val en die ondersteuning vir Hamas werklik skraal is. 
     
    Daarom hierdie "fanatiese strewe", waarna jy verwys is 'n onwerklikheid. 
     
    Daar word voorgestel dat jy jou vertroud maak met die skikkings soos ooreengekom in Oslo 1993 en veral die gedeelte wat handel met, "mutual recognition of the other" en dit te sien in die lig van Fatah onder Abu Mazen alreeds na verwys:
     
    Oslo 1993 verwys na die volgende: 
     
    "The accord is composed of two parts: The first is mutual recognition of the other, which came in the form of letters that were exchanged by the two leaders.The second component is the Declaration of Principles (DOP), spelling out initial responsibilities (which were few), and a timetable for negotiating various outstanding issues (which were many)".
     
    Histories word Oslo 1993 se "mislukking" soos volg beskryf: 
     
    "From a Palestinian rejectionist viewpoint, Arafat had done what they had always feared, recognized Israel’s existence without gaining mutual acknowledgment of a Palestinian right to self-determination. Conversely,from an Israeli rejectionist standpoint, the very fact that the existence of a Palestinian people had been acknowledged, let alone the PLO, was anathema and the prelude to a Palestinian state in areas they were determined to retain for Israel".
     
    Hamas, en moet dit weer herhaal word, verteenwoordig nie, alle Palestyne nie. 
     
    Dit is net soos in Suid-Afrika onder apartheid, die ANC versus die PAC versus IFP. 
     
    Die volgende belangrike onderhandeling is in 2000, "Camp David 2000". 
     
    Alreeds in 1993 het  Yasser Arafat, die bestaan van Israel erken en is die versoek redelik vanaf die PLO se kant af: 
     
    "The PA wanted a state in the West Bank and Gaza, with East Jerusalem as its capital, and the return of (or compensation of) the refugees".
     
    Hierdie word verwerp deur Israel en bevestig ongelukkig jou skreiende onkunde want volgens is jou die geskiedenis soos volg: 
     
    "Israel verlang erkenning vir hulle bestaansreg en versekerheid van veilige sekuriteit vir hulle bevolking van die Palestyne as uitgangspunt vir onderhandelings."
     
    Dan vra jy, "Is dit te veel gevra?"
     
    Die Palestynse punt is doodgewoon verwerp deur ISRAEL. 
     
    Vir die onkundige persoon, soos 'n Reusedwerg en sy vrees vir boeke, sal dit redelik klink, maar ongelukkig word die geskiedenis opgeskryf in geskiedenisboeke en moet dit geraadpleeg word. 
     
    Duisende webwerwe op die internet is nie die antwoord nie. 
     
    (Selfs met my tyd in die argiewe, het ek uiteindelik die titels van die boeke bespreek gebruik om eerder na die boeke self te gaan).  
     
    Israel, is nie onskuldig nie, in hierdie verhaal nie, en moet skuld aan Israel toegeken word, waar skuld Israel toekom. 
     
    Die besetting van Gaza, Wes Bank is onaanvaarbaar gegewe die historiese konteks asook die vestiging van "kolonies" in Palestynse grondgebied, onwettig in die lig van Oslo en Camp David en ook Obama se toespraak in Egipte, 2009.  
     
    Is Israel verhewe bo die wet?
     
    Die apartheidsmuur wat gebou word, die omskepping van die omgewing in 'n oorlogsone waar die Palestyne onder 'n gedurige polisiestaat moet lewe. 
     
    Israel se ontkenning van Internasionale wetgewing vanaf die begin tot nou. 
     
    Die ontkenning van Palestynse menseregte en die rassisme wat dit onderbou.  
     
    Hierdie gesprek het alreeds duidelik bewys dat die meerderheid deelnemers hier, defnitief Reusedwerg, Cornelius Henn, net soos die meerderheid Israeli's en dele van die internasionale gemeenskap is nie gereed of bereid om werklik 'n eerlike introspeksie van die historiese verloop van die gebeure te onderneem nie en te handel met die mense waarteen soveel onreg gedoen is en nou nog ontken word en wie se land hulle voortgaan om te koloniseer. 
     
    In die lig van al daardie oortredinge word daar nog steeds voortgegaan om die slagoffers te blameer, soos die wat in mag is, en ook die wat oningelig is, gewoonlik doen. 
     
    Dit bly 'n tragiese werklikheid dat 'n nasie wat so aan die onvangkant van onderdrukking en ook "uitwissing" was, nou meesters in onderdrukking is. 
     
    In dieselfde 4000 woord kommentaar het ek verwys na 'n lang bespreking oor hoe die mees onlangse onderhandelinge onder John Kerry verloop het. 
     
    Dit kan jy dalk ook lees voor jy hier losbrand oor hoe onredelik die Palestyne is en Reusedwerg vir jou hande klap. 
     
    Die mees onlangse uiteensetting van die onderhandelinge kan hier gelees word en 'n probeer verstaan word, hoekom faal onderhandelinge. Die redes is legio en is nie so eenvoudig soos jy dit beskryf nie en volkome om die nek van die Palestyne wil hang nie. Politiek is kompleks en beide kampe het strominge wat wissel tussen liberaal en konserwatief  en die wisselwerking tussen hierdie strominge en wat moontlik is gegewe interne beperkinge: 
     
     
    Jaco, ek stap nou van die onderwerp af en laat die laaste woord aan jou, en hoop ek jy sien dit in die regte lig.
     
    Hierdie is 'n hengse groot onderwerp, en al is Reusedwerg hoe bang vir boeke, stel ek tog voor dat van die boeke waarna ek verwys het, asook die films en boeke waarna Chris verwys het opgevolg word. 
     
    Dit is moontlik om "onpartydig" oor 'n onderwerp te lees en ek was altyd onder die indruk jy kan dit doen? 
     
    (Hierdie is die briewe wat ek gehoop het, Pieter sou skryf).
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  •  Wouter ek het tog teen my beter wete besluit om kommentaar op jou bogenoemde ellelange relase oor die onderwerp te lewer. In die amper laaste paragraaf som jy die situasie redelik korrek op deur te skryf, "Die mees onlangse uiteensetting van die onderhandelinge kan hier gelees word en probeer verstaan word, hoekom faal onderhandelinge. Die redes is legio en is nie so eenvoudig soos jy dit beskryf nie en volkome om die nek van die Palestyne wil hang nie. Politiek is kompleks en beide kampe het strominge wat wissel tussen liberaal en konserwatief  en die wisselwerking tussen hierdie strominge en wat moontlik gegewe interne beperkinge is: " Soos ek in een van my vorige briewe geskryf het, geen twee lande is vriende nie, hulle het net belange in mekaar. Ons kan gorrel en filosofeer oor wie skuldig is, wie die boef in die verhaal is of wat ook al, ons sal nie die vraagstuk kan oplos nie. Die vraagstuk wil nie opgelos word nie, daarvoor sal die verskeie rolspelers sorg.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top