Die meerderheid Afrikaanses is of was, of kan nooit “Boere” wees nie. Die kern van die term “isiBhulu” is “Bhulu”, wat betrekking het op die apartheidsonderdrukker(s), almal, alg’r, alle taalgroepe, alle nasionaliteite, alle kleure en geure wat nie met ’n dompas moes koes-koes vir die “Boere” (SAP of SAW) nie.
“Bhulu” is die verxhosafisering van “Boer”, wat eksklusief betrekking het op die apartheidsonderdrukker. Die sambreelterm “isiBhulu” beteken letterlik “die taal van die apartheidsonderdrukker”.
Die term “Boere” is dikwels gebruik om na die polisiemag te verwys. Die vryheidsvegters het na die apartheid se uniformdraers verwys as “Boere”. In MK se lied “Hamba Kahle, Mkhonto” word gesing van die “AmaBhulu” wat doodgemaak moet word. Malema het ook ’n tydjie terug nog gesing “Dubul’ iBhunu” (“Skiet die Boer”).
Baie van die “Vierkleur-Bloedrivier”-stormjaers verwys ook na hulself as “Boere”. Hierdie kultuurgroep of sosio-politieke groep vorm eintlik ’n subgroep van die oorkoepelende term “Boere”. Sommige van hierdie “Boere” verwerp met minagting die term “Afrikaner”.
Diegene wat nie meer op plase woon of plase besit nie, maar tog die band met Afrika wil beklemtoon, verwys na hulself as “Africaanders”, ’n term wat oorspronklik deur ’n dronk Hendrik Bibault gebruik is om die Stellenbosse magistraat mee te deel dat hy “uit en van Afrika” is, nes die heer-slavin-verbintenis-slawe wat in Afrika gebore en getooi is. Sy “Africaander” van die 18de eeu het hoofsaaklik betrekking gehad op diegene wat uit slaafheer-en-slavin-verbintenisse gebore is.
Adam Kok, Cornelis Kok en Jager Afrikaner het uit sulke verbintenisse voortgespruit. Hierdie slavinkinders het die binneland ingetrek en die taal het al vóór die Voortrekkers by die Khoisan uitgekom.
Die meerderheid Afrikaanssprekendes was of is nie apartheidsonderdrukkers, Afrikaners, plaasboere of “Vierkleur-Boere” nie. Dit is ongrondwetlik en illegitiem om meer as sestig persent van die taalgroep as sprekers van “isiBhulu” te beskryf, want net iemand wat hom of haarself as ’n “Boer”/”Boerin” beskou, is in staat om “Boer-taal” te praat.
Die res (“nie-Boere”) praat almal Afrikaans, neo-Kreools, moedertaal, Afrika-taal, taal van vryheid en vooruitgang. Die meerderheid Afrikaanssprekendes het nooit ’n GRA, Taalmuseum, Taalraad of ’n Monument nodig gehad om aan te toon hoe aktief hul kommunikasiemedium is nie.
Dit is insiggewend dat Afriforum en al hul vennote menswaardigheid voorstaan, maar tjoepstil bly oor die feit dat ’n “Boer” (apartheidsonderdrukker)-identiteit aan Afrikaanssprekendes toegeken word. Hierdie selektiewe moraliteit het betrekking op die meeste mense wat in die openbaar Afrikaans as hul moedertaal loof en prys, maar nog vasklou aan beginsel een van die opvoedingsfilosofie van onkunde-ontkenningskunde: “Moenie krap waar dit nie jeuk nie”. Dis egter belangrik dat hierdie selektiewe moraliste hul onkunde-ontkenning probeer regverdig (indien dit ooit moontlik is), veral as dit betrekking het op die jongste Afrika-taal wat nog op amptelike vlak as “die taal van die Boer(e)” beskryf word. Haar 1976-steppieng, onderdrukkersrok, bloemers en superioriteitsindroom-onderrok (wat daarvan oor is) kan nou maar as versoeningsgebaar aan die Apartheidsmuseum geskenk word.
Jacobus Faasen


Kommentaar
Jacobus Faasen
Tot ad nauseum en steeds. Indien jy dit wil hê dat Afrikaans nie as "isiBhulu" in Zulu of Xhosa wil wees nie. Gaan spreek hierdie mense aan. Nie AfriForum wat niks daarmee te doen het nie. Afrikaners, nog minder AfriForum, noem Afrikaans as "Boers" of "Boertaal" nie, so moenie hulle aanspreek nie. Het hulle dit wel gedoen, het jy rede om Afrikaners aan te vat. Ek is op hoogte van Bruin gevoel en politiek. Jy is die enigste wat ek ken wat 'n "issue oor "isiBhulu" van maak.
Wat jy in daadwerklikheid doen is om vir die Afrikaner te probeer sê "We", dis ons bruinmense se taal, veral met jou verwronge geskiedkundige voorbeelde om hierdie "We" te staaf.
Feitlik. Blank en Bruin "Afrikaans" als taal, het sedert die ontstaan van die taal, aparte geskiedkundige paadjies geloop. Blankes het dit gestandardiseer, skriftelik en foneties soos hulle dit in alle daaglikse gebruik het. Bruines het hulle eie Afrikaanse "patois", glad nie gestandardiseer nie, wat verskil, gelang die landstreek waar dit gepraat word. Die Bruinmens het een van twee opsies vandag. Of hy aanvaar die gestandardiseerde Afrikaans soos geskiedkundig deur Afrikaners ontwikkel, of hy standardiseer, die "patois" spreektaal (AfriKaaps), vir eie gebruik. Afrikaners sal beslis nie hierdie Afrikaanse "patois" hulle s'n wil maak nie.
Afrikaners het lojaliteit teenoor Afrikaans sedert sy ontstaan getoon, wat by bruinmense tot onlangs toe ontbreek het. Vir bruinmense was Afrikaans nog net 'n taal, enige taal, wat indien die omstandighede dit toegelaat het, maklik vir 'n ander taal sou verwissel. Soos reeds genoem. Gedurende UDF het Alan Hendrikse en sy trawante bruinmense aangemoedig om Afrikaans vaarwel te sê en die taal met Engels te verwissel.
Indien Afrikaanses nie die taalmonument met Afrikaners wil deel nie, "no sweat off our brow". In daardie geval bly dit 'n monument uitsluitlik deur Afrikaners gewaardeer vir hulle prestasie in hulle fenominele ontwikkeling van Afrikaans.
Net soos jy nie as "Afrikaner" uitgeken wil wees nie, wil ek en my mede Afrikaner nie as "Afrikaanse" uitgeken wil word nie. Ek en my mede Afrikaners is trots op ons mense en ons geskiedenis, nie teenstaande die betreurenswaardige apartheids-periode van ons geskiedenis. En let wel, wat ek in hierdie paragraaf gesê het, maak my nie 'n rassis nie, wat jy my so graag mee wil teer. Inteendeel. Jou misnoë met Afrikaners deurgans spreek jou negatiewe gevoel teenoor Afrikaners ondubbelsinnnig.
Jacobus Faasen, dink jy dis reg dat jy jou gebreinspoelde haat so laat geld? ... die Boere sluit Adam Kok se mense in! ... die feit dat jy so deur die Ingelse aan die neus gelei word is jou probleem ... bedink jouself 'n slag en respekteer die waarheid ... lees een van vele omskrywings deur FW de Klerk self van 'n BOER: "One hundred and fifteen years ago my people fought one of the first and greatest anti-colonialist wars in the history of Africa. The Anglo-Boer War was the costliest of the more than 40 wars that the British fought between the Napoleonic War and the First World War. It involved the deployment of more than 430 000 British troops and ended in the destruction of our country, the burning of our farms and the death of 27 000 of our women and children in concentration camps." http://www.givengain.com/cause/2137/posts/118600/ ... ja Jacobus Faasen, 'n Boer is iemand wat teen die onderdrukkers en geldmagte stry vir almal se vryheid! ... natuurlik het jy te veel Ingelse "lillys" gesnuif in jou onsekerheid ... Boeregroete, Cornelius Henn
Lees ook hier hoe FW de Klerk die BOERE in hul stryd omskryf: "Second, how would Afrikaners and other whites be able to retain the right to national self-determination that had been the central theme of their history? Afrikaners felt just as strongly about this right as any other nation. They had twice defended it against Britain, the mightiest imperial power of the time. One must remember that the Anglo-Boer War was Britain’s largest war between the Napoleonic War and the First World War, involving the deployment of more than 400,000 troops." ... http://www.bdlive.co.za/opinion/2013/04/16/why-south-africa-owes-a-huge-debt-to-the-iron-lady ... jy is dus reg omtrent jou veronderstelling " Die meerderheid Afrikaanses is of was, of kan nooit “Boere” wees nie" ... Jaco Fourie en die res van hulle kruipers is nie Boere nie - hulle is politiek geskape Afrikaanses wat 1994 as hul jaar nul aanroep! ... intussen het FW de Klerk wel die Boere se soewereiniteit in die sin van die woord verkwansel presies nes hyself die verlange daarna beskryf ....
Aysh, geliefdes, die gewraakte term beteken "taal van die apartheidsonderdrukker". Miskien wil julle graag daardie status handhaaf, ook ten opsigte van jul moedertaal, maar dis illegitiem en ongrondwetlik, want alle amptelike landstale moet gelyke status geniet. Net soos isiXhosa, isiZulu en SeSotho nie "terroris-tale" is nie, kan Afrikaans ook nie as "rassis-taal" uitgekryt word nie. Vra gerus indien daar enige verdere onduidelikheid is. O ja, hoe gouer die taal van hierdie "rassis-taal"-etiket ontslae kan raak, hoe gouer sal sy (nie 'hy' nie) as 'n Afrika-taal erken word.
Afrika-groete
Kobus
Jacobus Faasen
Weereens. Dit is verblydend dat jy jou nou ook tot die debat toetree. Ek wens van harte dat dit so sal voortduur.
Mbt Tot die Afrikaner. Ek kan jou misnoë teenoor hulle volkome verstaan. "After all" daar is Afrikaners wat vandag na 114 jaar die Britte nooit vir die konsentrasie-kampe sal wil vergewe nie. Vir my is dit verlede. Vandag se Engelsman kan onmoontlik die skuld daarvoor dra, maar ja-nee ons het ons hardnekkige lot onder eie geledere, gelukkig 'n miniskule minderheid. Vir my is daar meer belangrike sake wat die Afrikaner vandag in die gesig staar, as om te talm en gedurig te hamer oor die Britse mishandeling van konsentrasiekamp-gevangenes.
Netso, sal daar ook diegene onder die vorige onderdruktes in ons land wees, wat die Afrikaner nooit vir apartheid sal wil vergewe nie, en die Afrikaner altyd in lig van die onderdrukker sal wil sien en voorstel. Ongelukkig, net soos die geval van genoemde Afrikaners, sal hierdie mense ook nooit tot die teendeel oortuig wil wees nie. Vir my gee jy my die indruk jy is ook een van hulle.
My uitgangspunt is dat die Waarheid en Versoeningskommissie opreg was om versoening te wou teweegbring tussen vorige vyandelikes. Menseregteskendings beide kante toe te straf, maar onderliggend om mekaar te vergewe vir die vorige misdaad teenoor die ander, veral Afrikaner misdaad teenoor die ander rasse in hierdie land. En ek sal die laaste wees wat sal probeer wegskram om in ontkenning te wil lewe dat dit nie die geval was nie. Biskop Tutu sal altyd die eer dra vir die een wat sodanige kommisie tot stand gebring het.
Met hierdie versoenende uitgangspunt in ag geneem, is my strewe en idiaal dat Bruin, Blank en Swart Afrikaanssprekendes mekaar begin vind vir die behoud en uitbreiding van Afrikaans. Vir my, waar veral die twee hoofstrome geskiedkundig parallelle maar aparte paadjies geloop het, dit tyd geword het dat die twee hoofstrome begin saamvloei. Dit gaan 'n moeilike proses wees, en sal alleenlik slaag indien daar deur die onderskeie partye daaraan gewerk word. My persoonlike persepsie is dat die meerderheid blankes asook die meerderheid bruinmense daarvoor te vinde is, die dat in sepies soos 7de Laan, en ander kunste hierdie ideaal uitgebeeld word.
Ek weet jy het "isiBhulu" jou persoonlike "vendetta" gemaak, maar jy sal dit met die betrokke partye moet opvat, en nie die Afrikaner, wat geensins daarvoor verantwoordelik gehou kan word nie.
Jaco Fourie
Jacobus Faassen, ek staan eerstens vir die waardigheid van my erfenis as Boer en daarna vir die waardigheid van ons taal in hierdie kwessie ... nes Ingels deur menige volk en nasie buiten die Britte gepraat word, net so word Afrikaans as taal deur ander nasies en volke buiten die Boere gepraat ... ek nooi jou om die verskil tussen my, jou (met respek) en die hanskakie Dirk Rigters en Jaco Fouries self hierin te bepaal ... Boeregroete, Cornelius Henn
Beste Kobus
Dit gaan nie soseer oor wat die letterlike betekenis van die uitdrukking is nie, maar wel watter betekenis dit kry
as opgesweepte, emosioneel opgewonde groepe of skares dit begin sing. Dan maak dit nie saak of jy 'n uniform dra of nie, of watter taal jy spreek of nasionaliteit jy is.
Dan loop alleswat in die pad is deur. Dit is ook nie beperk tot Suid Afrika nie, kyk maar die gedrag van sommige
sokkerondersteuners ens. Die debat moet dus nie gaan oor die betekenis van die uitdrukking nie, maar of die gebruik daarvan lei tot die ophitsing van skare mense en hul dryf tot aksie teen soms mense wat niks met dit te doen het nie.