So tien jaar nadat Yunis en Prakash hulle artikel gepubliseer het, het DNA-analise die probleem van die menslike chromosoom 2 opgelos. Daar is bewyse van fusie tussen die grootape se chromosoom 2a en chromosoom 2b om een menslike chromosoom 2 te vorm.
Daar is vier verskillende basisse in DNA, en elkeen word verteenwoordig deur vier letters, volgens sy chemiese naam. Hulle is T(thymien), C(cytosien), A(adenien) en G(guanien). Die sekwensie van ’n enkele string DNA, of nukleotide, kan dus soos volg voorgestel word: ATGGTGCACCTGAACTCTGAGGAGAA. Die meeste DNA-molekules bevat egter twee nukleotides so in heliksvorm gedraai, en hulle is soos volg saamgestel: Waar daar ’n T is in ’n nukleotide, koppel dit met ’n A in die ander nukleotide. So koppel elke C weer met G in die ander nukleotide.
Die telemeer, wat die eindpunt is van die chromosoom, en wat keer dat dit nie uitrafel nie, het dieselfde struktuur, behalwe dat dit net uit ses basispare bestaan, wat agtermekaar herhaal word, so vyftig tot honderd keer. Dit sal miskien so lyk:
TTAGGG
AATCCC
Wetenskaplikes van Yale universiteit het in 1991 ontdek dat daar in die middel van die menslike chromosoom 2 twee telemere het; dus chromosome 2A en 2B het hier saamgesmelt. Dit is ’n bietjie ingewikkelder as wat ek hier verduidelik het, want telemere van chromosome verbind nie sommer met mekaar nie. Volgens die sekwensie moes daar ook ’n breuk plaasgevind het en dat die telemere geroteer het. Hoe dit ook al sy, die grootape het twee chromosome wat by die mens saamgesmelt het tot een; ’n duidelike aanduiding dat êrens in die verlede daar ’n gemeenskaplike voorvader was.
Daar is natuurlik ander gene ook waar mens en sjimpansee verskil. In chromosoom 7 is die FOXP2 geen wat effens van mekaar verskil by mens en aap. Met ’n ompad is ontdek dat hierdie geen se evolusie (die gevolg van mutasie) heel waarskynlik baie bygedra het tot die mens se taalvermoë, maar dis ’n storie vir ’n ander dag. Mutasie kan ook ’n storie vir ’n ander dag wees.
Groete,
Angus


Kommentaar
Beste Angus, ek is nog by deel een van jou vele volledige bydraes onder dieselfde hoofd, en hoop om spoedig wel in te haal ... Goddank ons het wel ooreenstemming naamlik; ras kan biologies omskryf word ... net vir die wis en onwis daar dalk weer 'n paling of iets seepglad deurglip - my vraag aan jou elders: Kan ras aan erflikheidsfaktore soos deur DNS bepaal biologies omskryf word? ... en jou eenvoudige, eerlike en openlike antwoord daarop Angus: JA ... ek wens net Richard Dawkins het ook hier gelees en gesien hoe slim ons werf se ateïste is in teenstelling met sy kreasionistiese twak dat ras nie omskryfbaar by die mens is nie, ons almal van 'n Adam en Eva stam, en die mens uit 'n Tuin van Eden (Afrika) gedwaal het ... opregte groete, Cornelius Henn
Beste Cornelius,