Holruggeryde goeters

  • 6

Dis vir my vreemd dat mense, met gewaande hogere intelligensie, links en regs reeds bestaande aannames gebruik wat ek seker is hulle nie behoorlik oordink het nie.

Soos “ die sonde van apartheid” wat gewoonlik gebruik word om skuldgevoelens te kweek of sekere mense se onbevoegdhede en of misdadighede te regverdig.

In Beeld van 19/3/2015 is ‘n berig oor die moord op ‘n man van Warmbad en die aanval op sy verloofde. Langs die berig is ‘n sub-berig, geskryf deur dieselfde skrywers. Kommentaar van prof Anna van der Hoven, ‘n kriminoloog, oor geweldmisdade. Sommige paragrawe is in aanhalingstekens, andere nie. Een paragraaf sonder aanhalingstekens lees: “Weens die land se apartheidsgeskiedenis beskou sulke aanvallers boere of mense wat op plase woon steeds as onderdrukkers.” Dis nie vir my duidelik of dit prof van der Hoven se woorde is of dié van die skrywers nie.

Hierdie beskuldiging sê hard en duidelik: “Dis julle wittes se verdiende loon, julle wou mos.”

In lande soos Kenia, die Kongo, Angola, en meer onlangs Zimbabwe, was daar eweneens onuitspreeklike barbaarse wreedhede teenoor blankes. Selfs nonne het deurgeloop. In nie een van hierdie lande was daar apartheid nie.

Die ANC het ná 1994 die gulde geleentheid gehad om apartheid as stelsel verkeerd te bewys. Hulle het skromelik daarin gefaal.

Nog ‘n bewering is dat “die Afrikaner nog nooit kon saamstaan nie”. Pure bog. As die Afrikaner nie kon saamstaan nie, sou die land nie sedert die laaste Britse besetting gegroei en gedy het tot ‘n eerstewêreldland nie.

Almal van ons verskil soms van andere, binne en buite die huis. Maar niemand kry ‘n etiket om die nek daaroor nie. Dis natuurlik om te verskil en dis goed. Dit stimuleer intelligente denke en lei dikwels tot werkbare oplossings.

Een van die groot oorsake van die gemors waarin dié land tans verkeer is die ANC se onderlinge papbroekige jabroer-houding.

Vrede

Helmine le Roux

  • 6

Kommentaar

  • Ek weet nie hoe lank jy die geskrifte op die forum volg nie. Ek wil jou vriendelik dog met deernis aanspreek. Enige persoon wat nie met die meelopers, agterryers, samesweerders, gatlakeie en werfetters saamstem nie word summier as regs, verkramp agter die klip, verstok of uit de oude doos klasifiseer. PK is aan die order van die dag. (Dit is nou nie soos die een van Klap) nie. Die mense wat die land opgebou en gedra het, te midde van uitdagings en aanvalle vanuit verskeie oorde, is vandag nommer een op die haatlys. Verstaan my mooi dit was nie alles maanskyn en rose nie, daar was baie goed verkeerd, maar om een bevolkingsgroep te verguis te oordeel en te hang is nie reg nie. Ek het 'n vriend wat altyd gesê het, "jy moenie 'n bang hond in 'n hoek vasdruk nie, hy byt vir jou dood". Wat my die moer in maak is die mense se galatenheid. 

  • George Bekker

    Helmine, dankie vir 'n goeie brief. Wil net (vergewe my!) jou laaste paragraaf effens aanvul. Dis in orde soos dit daar staan, maar verwys nie na die jongste ontwikkelings nie. Daar is nou 'n onverdraagsaamheid en selfs geweldadige neiging by die ANC (Another Night with Candles!). Eerstens is dit seker 'n benoude kat wat benoude spronge maak. Hulle weet hulle gewildheid is aan die afneem en gaan oor tot onaanvaarbare gedrag deur mense in gesiene posisies. Die blankes word bygekom om populariteit op die laagste vlak te verseker. 'n Deel van die probleem is Zuma se streke. 

  • Helmine le Roux moet maar stadig oor die klippe wanneer sy andere van "gewaande hogere intelligensie" beskuldig wat ..."reeds bestaande aannames gebruik wat ek seker is hulle nie behoorlik oordink het nie..."

     
    Klaarblyklik het sy geen idee van die verdrukkende koloniale geskiedenis van Kenia, die Kongo, Angola, en Zimbabwe waarna sy so kwistig verwys nie. Die feit dat daar in hierdie lande nie geïnstitusionaliseerde apartheid was nie, het die bedelings waaronder swart mense hier gewoon en werk het, nie minder onderdrukkend gemaak as die omstandighede in die destydse RSA nie.
     
    Tweedens: Dit was (en is) nie vir die ANC of enige iemand anders nodig om apartheid as stelsel verkeerd te bewys nie. Teen die einde van die 1980's het apartheid weens sy eie inherente boosheid vanself ineengestort. Apartheid het homself letterlik al 30 jaar gelede die doodskoot gegee, en toe het die kadawer homself algaande leeg gebloei.
     
    Derdens: Die Afrikaner se (soms) droewige geskiedenis is deurspek met broedertwis en rebellie. Hulle kon nié die Groot Trek as eenheid aanpak nie, daar was gedurig poging tot sedissie in die ou Boere-republieke, daar was die bloedige rebellie van 1914, die onderlinge twiste tussen genls Botha en Hertzog, groot verskille tussen die volgelinge van genl Smuts en dr Malan, die stryd tussen die HNP en die NP, die broedertwis tussen die KP en die NP en, les bes, DRIE gereformeerde kerke, want nie eers as hulle aanbid het, kon die Afrikaners saamwerk nie. Soms het hulle in eie kerkverband so baklei dat hulle sommer twee kerke binne een dorp opgerig het. Gaan kyk maar op Riebeeck-Wes en Riebeeck-Kasteel. Daar staan die twee NG kerke klipgooi van mekaar op 'n klein dorpie.
     
    Vierdens: Dis plein nonsens om te beweer dat die Afrikaner alleenlik verantwoordelik was daarvoor dat SA gedy het tot 'n eerstewêreld land. Elke enkele bevolkingsgroep hier aanwesig het 'n bydrae gelewer. Die mynbou-bedryf wat 'n reuse rol in die ekonomiese groei gespeel het, is deur Anglo beheer en dis swart hande wat die goud onder uit die aarde losgewoel het. Die Afrikaners het in die staatsdiens of die spoorweë gaan werk. Natuurlik was daar Afrikaner-nyweraars wat 'n groot rol gespeel het, maar om die land se ontwikkeling aan hulle alleen toe te sê is net nie waar nie. 
     
    Laastens: Plaasmoorde, nee enige moord, is 'n gruwel wat geen versagting of verskoning het nie. Dis egter kriminoloë se werk om die verskynsel te ondersoek en dit te probeer verklaar. As sulke ondersoeke na plaasmoorde daarop dui dat ons apartheidsverlede 'n aanstigtende faktor is, dan moet die owerhede en die regering dienooreenkomstig optree. Myns insiens het die tyd lankal aangebreek dat die ANC heersers ophou om die apartheidskoei uit elke sloot te grawe. As die plaasmoordenaar sy daad pleeg omdat hy vandag nog die verlede wil vergeld, dan is daar iewers 'n groot skroef los in die openbare domein wat moet aandag kry. Om kop-in-die-sand te steek gaan nie die probleem laat verdwyn nie.
  • Koel, beredeneerd en op die man af.  Hier is iemand wat kennelik nie aan die hoogsaansteeklike meeloperskwaal ly nie.

    Jan Rap

  • Ek sien aan Dirk Rigter se eerste paragraaf hierbo dat die skoen netjies pas (wat Helmine se openingsparagraaf betref).

    In sy tweede paragraaf, tipies van die ontkenners, regverdig hy die wreedhede waarvan Helmine praat.  Ek wonder wat sy verklaring sou wees oor hoekom die mense van die lande waarna Helmine "so kwistig verwys" na Suid-Afrika toe gevlug het waar daar wel "geïnstitusionaliseerde apartheid" was.  Ook wonder ek hoekom hy dink dit die Afrikaner is wat moet versoen en boetedoen as in daardie ander lande ook "onderdrukking" was. 

    In sy derde paragraaf (wat hy 'tweedens' noem) blyk dit duidelik dat hy steeds onder die wanindruk verkeer dat die Afrikaner, my pa en oupa sowel as syne, mense onderdruk het.  Daar is nie sprake van nie (oukei, miskien syne maar nie myne nie).  Verder blyk dit dat hy ook onder die indruk verkeer dat teen die 80's 'apartheid' vanself ineengestort het.  Die feit is dat die heksejag teen die Afrikaner bloot toe verdere stukrag gekry het met die instel van die oorgangsregering (PW Botha-hulle).

    In sy vierde paragraaf is hy weer op die ou liberale bandwagon dat die Afrikaners dwarstrekkerig is.  Miskien is hulle maar nie dwarstrekkerig genoeg om te verhoed dat hulle SA  tot 'n eerstewêreldse moondheid op te gebou het nie.  In die laat negentiende eeu al het hulle twee republieke daargestel gehad wat die Engelse en hulle geallieerdes lelik op hulle neuse laat kyk het.  So iets sou gewoon onmoontlik wees as die Afrikaners so dwarstrekkerig was as wat Dirk beweer.

    In sy vyfde paragraaf beweer hy die Afrikaner alleen het nie SA tot 'n suksesvolle moondheid opgebou nie.  Natuurlik nie, maar die Afrikaner het sodanige aandeel daarin gehad dat hulle afwesigheid nou manifesteer  as die teenswoordige sirkus.  Helmine is dus reg as sy sê die ANC het jammerlik gefaal om hulle alternatief as beter te bewys.

    In sy slotparagraaf reken hy dis kriminoloë se werk om die verskynsel van plaasmoorde te ondersoek en te verklaar.  Kriminologie as vakgebied bestaan al hier van die middel 1880's af.  Die feit dat Dirk wil hê hulle moet dit NOU ondersoek moet vir hom daarop dui dat dit 'n nuwe verskynsel is.  So, wanneer het hierdie verskynsel begin kop uitsteek?  So van die 1990's af, toe dit al heel duidelik was dat sogenaamde apartheid op 'n einde was en van '94 af het dit net begin vererger.  NOU moet dit deur kriminoloë ondersoek word wil Dirk Rigter hê.  Absurd. 

    Dit is nogal vermaaklik dat Dirk praat van 'kop-in-die-sand steek' aangesien hy by uitstek die ou is wat gedurig kop in die sand steek.  Hy vra my byvoorbeeld vrae en as ek hom antwoord is die antwoorde kwansuis te lank.  Ek het die antwoorde verkort en toe swyg hy soos die graf.  En self antwoord hy nie vrae nie; vgl my vraag aan hom wie benadeel word as daar wel so iets soos 'ras' is (nogal 'n onderwerp wat hy eerste aangeraak het as ek dit nie mis het nie, die 'ras'-ding nou).

    Jan Rap

  • Belangrike inligting: Hoewel my kommentaar hierbo reg onder Dirk Rigter s'n verskyn is dit kommentaar op Helmien se skrywe, nie Dirk Rigter s'n nie.

    Terloops, Dirk wat so kategories gestel het dat daar nie so iets soos ras is nie, skuld my nog 'n antwoord. Die manier wat hy dit gestel het was half agressief, so in die trant 'hoe durf iemand dink daar is iets soos ras. Ek wou weet vanwaar die verontwaardiging; wie word benadeel/bevoordeel sou daar wel iets soos 'ras' bestaan?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top