… ongeag of jy dit verwag of nie, jy staan ‘n tien uit tien kans om een of ander tyd nie daardie draai te maak nie en ploeter jy en jouself julle in jul moer in … afgrond af… af… en dit kan jare duur voor iemand die onderdraai omry en opkyk om te sien waar jou siel ten gronde geloop het.
So loop almal die gevaar om ook om ‘n draai skielik van die pad te loop. Min gee om. Niemand stop meer om hulp aan te bied nie. Dit is te gevaarlik – want jy word emosioneel bloodgestel en niemand het meer die krag en tyd en stamina om ander te help nie. Sulke soort van charity begins at home and ends at home. Sommige het moerse groot huise en neem hulle ‘n leeftyd en langer om hulself te help. Om emosioneel alles te bemeester in hierdie oerwoud van ‘n fok-omgee vir jou, en jou, en julle en sommer vir myself ook, aan ons bied.
Hoe doen ons dit? Hoe gee ons bloot nie om nie? Is dit moontlik? Is dit regtig moontlik om nie deur gebeure in onse wêreld geraak te word nie? Loop ons maar almal stroomop in ‘daai-nyl’ rivier? Wat het ons so absoluut gehard gemaak? Waar lê die crux van hierdie soort van afgestompte mentaliteit? Het ons ‘n fout in die najaag van ons eie evolusie gemaak? Het ons die skakel gemis? Het ons dalk inderdaad die werklikheid van die lewe gemis?
Nes Dr Frankl ook in die mees onwerklike omstandighede die werklikheid begin bevraagteken het, wonder ek of hy regtig by ‘n regte antwoord uitgekom het. Net soos Jonker ook in haar eie onwerklikheid eerder besluit het om haar werklikheid na te jaag en diegene wat dit dalk kon verstaan en hoe om die totale onwerklikheid te kon aanvaar, is totaal onwerklik uit die lewe geneem en dit het vir ons hul werklikheid geword. Dit is al wat hulle agtergelaat het.
Soms kom jaag gedagtes jou in jou drome, meestal sonder antwoorde. Soms steek jy vas by ‘n sin wat jy êrens in ‘n boek raakgelees het, net soos ek vroeër die week gelees het: “There is nothing in this world smaller than a closed mind."
Dit het my in my drome kom jaag. Die rakke van my kreukelkamers deursoek en uitgegooi, net soos daai ou se brein in The dreamcatcher. Is dit nie ironies dat dit gewoonlik die random dinge is wat die grootste impak op ‘n mens los nie?
Dit is om soos vroeër vanaand skielik die eerste krieke te hoor in maande? Dit gooi mens se gedagtes skielik uit ritme… dit is koud buite en die krieke sing. Wat het ek gemis? Is somer dan om die draai? Of is daar ‘n vreemde natuurverskynsel oppad? ‘n Ramp? Of het Meneer Gore se warm-maak-teorie dalk werklik ‘n mussie gekry? Of is dit bloot die onwerklikheid van krieke se sang in die middel van winter wat te duidelik en te onverwags ‘n werklikheid geword het?
Dit is duidelik dat my waarheid en my werklikheid vir ander ‘n totale onverstaanbare onwerklikheid is en steeds bevraagteken hulle my sanity binne my werklikheid. En ek staan hul nie teen nie, want hul ongeloof in my waarheid is vir my ook ‘n onwerklikheid wat soos kakiebos in my hart groei en oorgroei en verdruk soos my gees en siel se waarheid vir hulle soos ‘n spook wandel deur die gange van hulle ongeloof…
Het Eugene ook nie juis die onwerklikheid van die siel van die mier in ‘n ander soort van werklikheid aan ons probeer verklaar nie en toe sy siel self in morfien vir ons begrawe?
Het die geskiedenis van onse eie land se leiers ons nie deur die dekades hul onwerklike werklikheid op ons afgedwing nie? Doen ons se huidige leiers dit steeds nie? Nie net in SA nie, maar wêreldwyd! Of jy nou dink dit is daadwerklik die werk van geheime agente of dalk steeds net die ooms om die ronde tafel agter die skarlanken-ingebloeide gordyn soos elk hul hande afvee voor hul aan daardie tafel gaan sit of dalk die oom in sy skarlaken oorpak en boots sodat hy nie sy tone teen die menige klein klippies kan stamp nie…
Wie weet? Wie sal regtig weet?
Is dit omdat dit so totaal onwerklik is dat iemand so belangrik op ‘n onwerklike brutale wyse moes sterf, om my waarheid ‘n vrye werklikheid te maak. Net soos joune?
And then another plane went down en iemand anders het sopas daai draai gemis. En 'n ander een het sy mind gesluit...
Groetnis
Sue
NS (Ja, daar is regtig ‘n helse draai op daardie bergpas. Die mooi pad tussen Machadodorp en Badplaas - die wat weet, slaak gewoonlik van verligting en kan nie help om na die onderdraai op te kyk en te sien watter ysterlyke daar begrawe lê nie.)


Kommentaar
Haai Sue, dis nou nogal toevallig dat jy oor die spesifieke Skurweberg praat (daar is 'n paar in SA). My pa boer daar aan die voet van Skurweberg, die 4de geslag. Die bergpas is eers in die vroeë 70's gebou en voor dit moes hulle altyd loop van bo in die berg waar die ou grondpad was tot onder in die vallei.
As kind was ek daar elke vakansie en het menigte van daai trokke hoor afkom teen die berghelling. Nogal vreeslike geluide van die skeurende metaal swaar goed wat rol so in die nag.
Een keer was daar 'n trok met beeste op daar af en my pa moes gaan help om hulle uit te sit. Dit was baie traumaties vir hom, die gebulk en diere wat sukkel wat moet geskiet word.
Mac