As ? mens nie oppas nie, kan ? vleisbraai hier in Natal ontaard in ? onaangename ondervinding, want kyk, hier floreer die muskiete, muggies en motte. Om die peste weg te hou van my gaste, brand ek maar oral sitrusolie-kerse, spuit met Doom en ek het twee yslike goggavangmasjiene aangeskaf. Die goed werk nogal oulik; dit lok die insekte om hulle dan goggahemel toe te stuur met ? skerp knal, amper soos ? klapper wat nie behoorlik vuur nie. Êrens in die agtergrond tokkel my vriend, Erwin, op sy kitaar en sing van die vlooi wat hy een aand in sy kooi gekry het. ? Heel aangename aand.
Hier op SêNet duur die pret voort met veral ons plaaslike kreasionis se uitlatings oor hoe hy die evolusieteorie verstaan. Kobus beweer dat daardie vlooie en muskiete sommer binne ? ommesientjie immuun raak teen al die gifstowwe, en vir wie moet die vlooie en muskiete dankie sê? Vir niemand anders nie as die grote, die superieure, die intelligente ontwerper wat die vlooie en muskiete se gene so manipuleer dat hulle nie vrek nie, en ons verder kan vreet. Ek weet net nie hoe hierdie intelligente wese die goggatjies teen my elektronika immuun gaan maak nie.
Wat Kobus nie weet nie, is dat hierdie goggas nie binne ? ommesientjie immuun raak soos hy beweer nie, maar oor ? tydperk van etlike geslagte. Wat Kobus ook nie weet nie, is dat hy per ongeluk hier op die dryfveer van evolusie afgekom het, nl seleksie.
Dit werk so. Miljoene vlooie of muskiete vrek van die gif, maar nie almal nie. Dié wat bly lewe begin ? nuwe, sterker geslag, en so hou dit aan totdat immuniteit bereik is. Immuniteit is maar een van vele eienskappe wat verhoog kan word. Die pou met die lang stert word verkies deur die wyfiepoue omdat hy fikser en beter vertoon as die pou met die korter stert. So word die poustert deur die geslagte groter en langer, (natuurlik tot op ? punt waar dit te veel verg om so ? lang stert aan te hou.) Die mens maak ook vanaf die vroegste tye kunsmatig gebruik van seleksie toe hy plant en dier gedomestikeer het en verhoog (enhance) het vir voedselverbruik. As iemand meen sy beeste moet langer horings hê, dan het hy telkens net geteel met die bul met die langste horings. (Hier verwys ek graag na Darwin se Origin of Species hoofstuk een.)
Kobus se beswaar teen natuurlike seleksie is dat dit so “tydrowend” is. Ek weet nie wie van watter tyd geroof word nie, maar evolusie het nie ? horlosie nie, en laat hom nie deur die Bybel voorskryf waar die hele skepping sommer binne ses dae geskied het nie. Daar, binne die mite, is die mens sommer oombliklik op die sesde dag volledig en volwasse met tieties en al geskape, en kon hy sommer ook vlot kommunikeer in Hoog-Galdees en Aramees, want toe al moes die mens tweetalig wees. (Ekskuus AG Visser.) Evolusie het oor miljoene jare plaasgevind, want lewe op aarde het miljoene jare gelede op aarde begin. Dit sien die wetenskaplike in sy navorsing, en hy teken dit so aan. Ingewikkelde organismes kan nie, soos in die Bybel, onmiddellik tot stand kom nie; dit het miljoene jare nodig.
As ? kreasionis nie verder weet nie, dan gebruik hy die bonatuurlike intelligente wese as antwoord. Met die koms van die genetika het ? ander probleem opgeduik: daar is bewys dat alle lewe, plant en dier, dieselfde genetiese materiaal het. Gou het een of ander braait spark die Bybel geïgnoreer en beweer dat die intelligente wese maar net dieselfde materiaal gebruik het vir plant, mens en dier. Die vertalers van die Afrikaanse Bybel het gou die ou sakie probeer verdoesel deur “elkeen na sy soort” te verander het na “elkeen na sy aard”. Feit bly staan: elkeen na sy soort beteken dat vir elke spesie nuwe materiaal gebruik is.
Êrens beweer Kobus dat die “snelle ontwikkeling vir aanpasbaarheid” (wat hy ook al daarmee bedoel) weerspreek die lang tydsverloop van makro-evolusie.
Evolusie geskied nie oral teen dieselfde tempo nie. Die mens het teen ? redelik snelle tempo die afgelope 100,000 jaar geëvolueer omdat hy hom by snelle veranderinge moes aanpas. Die selakant, daarenteen, het min geëvolueer. Die sjimpansee het minder geëvolueer as die mens vanaf ? gemeenskaplike voorouer so ses miljoen jaar gelede.
Die Bybel het pragtige mites, fabels en legendes. Moet dit net nie as ware gebeure voorhou nie, dan word die Bybel ? klug.
Terloops, evolusie is evolusie; dit is die geskiedenis van lewe op aarde. Daar bestaan nie so iets soos makro- en mikro-evolusie nie, behalwe in die kreasionis se benewelde brein.
Angus


Kommentaar
Geagte Vriend Angus
Ek het Louis Rudolf se skakels baie insiggewend gevind, veral die eerste een, nl Darwin conspiracy.
Vir 'n onkundige leek soos myself, sal ek graag Angus se teenvoeter daaroor wil lees.
Beste Angus en Thomas,
Groete uit Kammaland.
Beste Louis,
Ek het uitgelaat om in Paragraaf 3 van my opmerkings te sê dat dit konserwatiewes in Amerika is wat beswaar gemaak het teen die evolusieleer in skole. Die hofsake het begin met die Scopes-saak in 1923 toe die onderwyser John Scopes daarvan aangekla is dat hy evolusieteorie verkondig. Hy is skuldig bevind, maar tog was hierdie saak 'n morele oorwinning vir die wetenskaplikes. Die laaste belangrike saak was die Doversaak, toe kreasioniste soos Michael Behe (Van muisvalletjieteorie-faam) deur die regter uitgejaag is uit die hofsaal. Daar is ten gunste van die evolusieteorie in skole beslis, omdat dit feitegebaseer is, terwyl Intelligent Design verbied is. Dis toe dat die dominee die Sondag vir sy Dover-gemeente voorspel het dat Dover deur 'n ramp getref gaan word.
Dirk
Beste Dirk,
Beste Jaco,
Beste Louis,
Angus
Jy is gesteld op taalkunde, maar in kommunikasiekunde skiet jy blykbaar tekort.
Jy maak aannames oor my, en dit is nie vir die eerste maal nie, en stel sodanige aannames as feitlik voor Jy skryf oor my:
“Ek sien jy het Louis se skakel, Darwin conspiracy, insiggewend gevind. Ek neem aan jy het, soos Louis, ook alles sommer so vir soetkoek opgeëet, sonder om enigiets te bevraagteken.” “Die tweede fout wat hy begaan, is dat hy nie eens die verskil kan agterkom nie, soos jy en Louis ook nie die verskil kon agterkom nie.”
Jy verbind my met Louis deurgans. Die ONS (ewolusioniste) en JULLE (kreasioniste) sindroom.
Ek is beide nie ‘n kreasionis of ‘n ewolusionis nie, vir die alleenrede dat albei genoegsame gebreke blyk te toon wat my nie die eenkant of die anderkant toe tans volkome oortuig nie. Ek self het nie die antwoord nie, maar gaan nie gebuk onder die veronderstelling dat daar net een van twee keuses is, of kreasionis of ewolusie. Ek hou my gemoed oop in my eie soeke na waarheid.
Indien jy my kort respons hierbo duidelik gelees het, het ek Louis geensins ondersteun nie. Ek hou nie van sy neerhalende stellings nie, maar wel die skakels wat hy aangebied het, het ek insigewend gevind, en in my soeke as LEEK na waarheid gevra dat jy daarop as SêNet se GESAG op die gebied van ewolusie met ‘n teenvoeter respondeer. Jy het dit ongelukkig persoonlik en negatief opgeneem.
In die genoemde skakel word die volgende genoem: “There are LAWS of embryology that directly contradict "ape to human evolution." Nou in die wetenskap wanneer dit nie meer hipotese of teorie is nie, maar ‘n WET, sê dit vir my dat sodanige wet die status van onbetwisbaarheid bereik het. Ek ken nie sodanige wet nie, dus my respons vir ‘n teenvoeter van jou af. Dan ook die geval van en om die geskiedenis van die “Piltdown Man”, ook iets waaroor ek niks van weet nie, en waarop ek ‘n teevoeter respons sou verlang het.
Jy het reeds in die verlede oor die mens/sjimpansee-verhouding geskryf, en om dit weer te herhaal sou oorbodig wees. Ek sou eerder graag ‘n punt vir punt teenvoeter op die skrywer se aannames van jou wil lees, veral in die lig daarvan waar hy skryf:
“We are trained scientists and everything you read on this website is based on the latest scientific discoveries published in the most respected peer reviewed scientific journals. Nothing we write on this website is based on the Bible or any religious beliefs”.
Om op te som deur te sê dat hierdie skrywer twak skryf, is nie ‘n objektiewe antwoord nie. Dit is ‘n subjektiewe waarneming.
Beste Angus
Hierdie hele debat begin nou aan die belaglike grens.
Diegene wat soos Kobus de Klerk redeneer weet eenvoudig nie waarvan hul praat nie.Dit is natuurlik nonsens om te beweer dat 'n mens nie 'n Christen kan wees nie en ook kan aanvaar dat evolusie die meganisme is waardeur verandering plaasgevind het.
Trouens die mens se hele skelet is kenmerkend van evolusie.Dit is lankal bewys dat die toename in die mens se brein gelei het tot 'n verkleining van die mens se tande.Ja daar was 'n tyd toe oermense mekaar met hand en tand beveg het en tande 'n gevaarlike wapen was - veral die hoektande.
Trouens die ooreenkoms tussen die moderne mens en ander primate se skelet en die genetiese samestelling is so verstommend dat slegs 'n mens wat nie vatbaar is vir oortuiging is dit sal bly ontken.
Die getuienis en bewyse is so verstommend dat die Rooms-Katolieke kerk gedwing is om die volgende verklaring vry te stel.Ek hoop dat daar nou van die holgeryde onderwerp afgestap kan word.
http://www.catholic.com/tracts/adam-eve-and-evolution
Laat ek daarby voeg dat die vorige Pous ook al in samesprekings daarop gewys het dat daarby die skepping van die mens 'n meervoudvorm gebruik is wat daarop dui dat God die mensdom geskep het;
dus meer as een mens in 'n manlike en vroulike vorm.
Dit kan 'n verklaring wees vir die verskeidenheid mense wat 'n mens onmiddellik na die skepingsverhale aantref.
Beste Louis,
Boot,
Jy is die belaglike. Die evolusioniste praat nie net van 'veranderinge' nie, hulle praat van volskaalse evolusie van 'n eenvoudige organisme wat geëvolueer het tot die ontsaglike diversiteit wat ons vandag ken. Jou probleem is maar dat jy ook nie verstaan wat die mense sê nie.
Ongelukkig is die katolieke kerk sedert veral die Middeleeue juis een van die denominasies wat verantwoordelik is vir die verskriklikste verdraaiings van Gods Woord en die gruwelike praktyke wat hulle vroeër bedrywe het. Net so met hulle aanvaarding van die evolusieleer - 'n geval van 'old habits die hard", is dus 'n gepaste opmerking vir hulle. Net hulle en iemand soos jy sal vir sulke snert val, omdat julle eenvoudig net nie die Woord verstaan nie en op eie interpretasies staatmaak.
Angus,
Soos gewoonlik is jy verkeerd omtrent wat ek weergee. Weereens toon jy dat jy nie verstaan nie. Ek het al meermale tevore daarop gewys en verduidelik dat God nie geskape is nie en inderdaad nie geskape kon wees nie. Hierdie nosie van julle ouens wat nie insig in hierdie aangeleenthede (kan) ontwikkel nie met die simpel vraag vra dat as God dan alles geskape het, wie het Hom dan geskape, is so tipies van die agnostikus wat nie in diepte kan dink en redeneer of verstaan nie.
Kyk, God is die begin van alle dinge. Dit is dus baie eenvoudig - SY Naam is derhalwe ook IS of EK IS. Nou, God synde die Begin te wees, is dit net logies dat die "Begin" nie ook 'n 'begin' kan hê nie - HY IS inderdaad reeds die begin!
Nou ja, hierdie konsep is vir julle net eenvoudig bo jul vuurmaakplek. Julle dink so ver soos julle neuse lank is ... en geeneen van julle is olifante nie. Daarom soek julle steeds vir die Begin, Wie reeds die begin is, 'n begin.
Hoe belaglik.
Kobus de Klerk
Beste Kobus,
Beste Kobus, (re jou skrywe aan FC Boot)
Beste Kobus de Klerk
Dit is tyd dat jy begin bykom. Lewe het nie net op een plek op hierdie aardbol ontstaan nie en ook nie net in die see nie, maar ook op land. Nou moet jy mooi luister en jou nonsens laat staan.
Daar is 'n onderlinge verwantskap tussen alle lewende wesens van eenvoudig tot ingewikkeld.
Wat lees 'n mens in die Bybel? In Genesis 1 vers 20 God het gesê: "Laat die waters wemel van alle soorte seediere en laat die voëls oor die lengte en breedte van die hemelruim rondvlieg."
Ons planeet is 70 persent water waarvan net 3 persent vars water is waarvan 2% in die yskappe van die pole is. Daar was dus seelewe in die planeet se oseane en dit het gewemel.
Wat leer die wetenskap ons? Daar was 'n gedurige aanpassing van lewe in die see en selfs by die groot roofvisse As jy dink 'n withaai is groot dan het jy nog nie na die tande van die uitgestorwe Megalodon naaste verwante haai aan die withaai gekyk nie.
Daar is voldoende wetenskaplike bewyse dat voëls uit die 'theropod dinosaurs' ontstaan het.
Waarom word ons dan in die Bybel gekonfronteer met die uiteindelike produk van die ontwikkeling van lewe op aarde? Die antwoord is verstommend eenvoudig want dit is wat die skrywers van die Genesisverhale kon waarneem in hul omgewing.
Toe die eerste skeppingsverhaal tydens die ballingskap 586-539 vC geskryf is, het die skrywers dit wat hul in hul omgewing waargeneem het netso oorgedra in die skeppingsverhaal. Die mens was ten volle ontwikkel. Spraakontwikkeling was voltooi, daar was reeds mak diere, honde, varke, perde, beeste en tuine ens. Maar menslike waarneming is nie altyd betroubaar nie maar raak so ingeburger dat selfs die moderne mens nog praat van 'n son wat opkom en ondergaan,
Die antieke mens het egter nie die natuurverskynsel van dag en nag verkeerd gekry nie. Dit is net die slim moderne mens wat 'n nag in twee sal deel en 'n stukkie aan die ou en 'n stukkie aan die nuwe dag sal gee.
Nee 'n nag begin op ons planeet wanneer die sonlig verdwyn en eindig wanneer die sonlig weer verskyn. Dit is dan ook wat in Genesis opgeteken is.
Wanneer hierdie mense dus soos ons in gesprek raak met die mense in die land waarin hul in ballingskap verkeer en hul skeppingsverhale met baie gode weerlê dan gebruik hul voorbeelde uit hul omgewing.
Die Koning besoek sy werkers om te sien of hul sy tuin in stand hou. God kom kyk in die skeppingsverhaal wat die mens aanvang met die skepping wat Hy aan hul toevertrou het ens.
Die Koning straf mense wat nie sy instruksies uitvoer nie. God straf mense wat afwyk en afdwaal van sy gebooie.
Die Koning bied nie 'n alternatiewe oplossing aan aan sy afgedankte werkers hoe hul die geskonde vertrouensposisie kan herstel God bied wel aan die mens 'n alternatief aan hoe die verbreekte band herstel kan word.
Dit is die boodskap vervat in die skeppingsverhale en dit is die boodskap wat elke gelowige aan verlore wêreld en mens moet verkondig.
Waarom praat ons van God in die manlike vorm? Die verhale is geskryf in ’n patriagale samelewing waar die man die septer geswaai het en enigiets anders sou in die tyd onaanvaarbaar gewees het.
Laat dit met jou goed gaan.