Die bespotting van ander se spiritualiteit (harte)

  • 11

Heil die leser.

Vir jare reeds bespot fundamentele ongelowiges en ewe fundamentele Bybelaanbidders, ander se harte wat nie hul ego dien nie.

Gereelde belangstellendes hier weet hoe Kobus de Klerk as infernale hoëpriester van die Bybelaanbidders op die werf, my sinkretiese uitdra van die Evangelie en katolieke katkisasie gereeld hoon en uitlag het as kamstig my eie hutspot leringe - dit, ten spyte van menige skakel en video waarin katolieke kerkvaders hul hande in gebed met elke ander Godsdiens op aarde in gebed neem.

Fundamentele ontnugterde Calviniste en anderhaters, gryp met oorgawe hul strooipoppe (Bybelaanbidders) se dwalinge aan, en sterk hulself daarmee in hul ergerlike en onthutste ywer om Godsdiens in die algemeen te probeer ondermyn en te onderdruk.

Persoonlik ag ek myself nie 'n keuse daarin welke ek 'n ander se hart in ons Skepper respekteer nie - vir my is dit 'n gegewe!

Geloof in God, is 'n genade gawe uit die hand van ons Skepper self.

Geeneen wat die goedertierenheid van God in hul geloof ervaar, sal hulself ooit oor 'n ander as 'n sogenaamde "ware gelowige" verhef, of 'n ander se geloof of ongeloof, daarmee probeer onderdruk nie.

Enige intellektualisme daaromtrent (geloof of ongeloof), is gewoon indoktrinasie - breinspoeling.

Ek het absoluut vrede wat 'n ander glo, of nie glo nie. Dis ook nie vir my om Bybelaanbidders te veroordeel nie.

Waarom dan al die persoonlike belediging en bespotting teenoor my?

Wel, die Bybelaanbidders se prinsipe is duidelik te vinde in hul farisese selfverheffing.

Die fundamentele ontnugterde Calviniste se fondament, is op enige antagonis teenoor Godsdiens, en deesdae veral, hul nuutgevonde messias - Richard Dawkins.

In sy fundamentele aktivisme om Godsdiens te ondermyn, vergiftig Richard Dawkins gereeld sy begogelde en naïewe dissipels met drogma soos hierdie:

@RichardDawkins Of course you are entitled to your beliefs. And I am entitled to ridicule them. Especially if all I do is quote them verbatim. 1:20 PM - 26 Aug 13

Ja, kamstig "woord vir woord" die Bybel, en totaal buite die redverband aanhaal; min wetende in hul waansin dat hulle eintlik daarmee net fundamentele Bybelaanbidders kan bespot.

Hierin moet ek ons werf se ergerlike en ontnugterde Protestante aan Richard Dawkins voorgee; al is dit met 'n gekners van tande, besef hulle minstens dat katolieke nie die Bybel as die Woord van God verafgod nie, en dat katolieke die redeverband van hierdie mees kosbare bundel heilige skrifte op aarde - die Bybel - op totaal ander gronde as hul bron van wysheid en kennis koester.

Dit blyk nou dat die onthutste wannabe ateïste in hul desperaatheid, my as persoon probeer verdag maak en bespot.

Kan dit dalk wees dat die werf se ergerlike en onthutste wannabe ateïste meen dat die Evangelie, op die geloofbaarheid van 'n mens soos ekke berus?

Indien dit die geval is, het ek nog goeie nuus vir hulle; Shekhinah, God ons Moeder, die Heilige Gees, kan selfs die klippe na jou hart laat uitroep!

Cornelius Henn, met sy gebreke, sonde, en alles wat aanstoot mag gee, is gewoon  - en in genade daarvan - God se posman.

Ek ag elke naam of verwysing wat my medemens uit hul hart tot eer van ons Skepper aanroep, as heilig.

My pleit is dat elkeen 'n ander se geloof of ongeloof, met dieselfde respek sal ag as wat jy vir jou spiritualiteit koester.

Mag Jesus Christus onse almagtige lewende Skepper, ons almal vergewe en verlos van al die anderhaat en sieklike narsisme oral op aarde.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 11

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Cornelius se idee van homself as God se posman laat my dink aan Paulus in Gal.1:11-12 "Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus"

    Paulus se fanatiese/fantastiese openbaring word vandag goed erken as verbeeldingsvlugte wat min verskil van 'n meer onlangse Joseph Smith of L. Ron Hubbard. Die ding is net dat ons posman nie naastenby die talent van hierdie ouens het om enige iemand te oortuig dat sy idees meer is as 'n paar goed los skroewe nie.

    Ek neem die Bybel ernstig op en sien dit as 'n rekord van die hart(e) van die Christengeloof. As Cornelius dink hy het 'n direkte lyn met sy God, dat die Bybel onbelangrik is, en as sy manier van redenasie hier op Litnet (goed beskryf deur Wouter) in ag geneem word, hoort hy in 'n kamertjie met 'n deur wat net van buite oopgemaak kan word. Ons posman het sy houvas op realiteit verloor.

  • Beste Cornelius,

    Ek hoop nie jy beskou dit as 'n aanval op jou as persoon as ek Dawkins se standpunt verdedig nie. As daar iemand anders is wat jou persoonlik skade berokken, moet jy dit net vir my uitwys, dan kan ons mos met hom afreken. 
     
    Die ateïs was nog maar alyd die muishond van die samelewing, en dit net omdat hy weet die bonatuurlike is slegs 'n skepping van die menslike verbeelding. Daar was tye toe ateïsme iets ongehoords was; vra vir my. Ek is hospitaal toe met 'n blindederm wat wou bars, en kon eers opgeneem word, toe ek  verklaar dat ek 'n protestantse ateïs is. Ons nuwe dominee besoek my nou die aand, en verneem waarom ek dan nie kerk toe kom nie. Toe ek hom sê ek is 'n ateïs, was sy reaksie: "Ag, foeitog, hoe het dit dan gebeur?" En, glo dit as jy wil, hy probeer my nou bekeer met Lee Strobel se boeke. Dis mos om van maagwerkings te kry. 
     
    Neem jy Dawkins en ander ateïste dit kwalik dat hulle terugveg? Of moet ons maar bly opvreet?
     
    Groete, 
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,  

     

    Dink jy nie dalk 'n mens moet eerder minder soos 'n mishandelde dier teenoor alles en almal reageer nie?  

     

    Ek het geen bedoeling om jou, enige gelowige, of enige ongelowige vir hul harte te minag nie.   Ek het werklik belanggestel in jou rede; hoekom mense anders as die res van die lewe op aarde gedefinieer moet word?  

     

    Dit gaan nie vir my om reg of verkeerd te wees aangaande die Bybel, of Richard Dawkins nie.  

     

    Kom ons vergeet maar van die posman ook; ek is Cornelius Henn, dankbaar in die openbaring, liefde en genade van ons almagtige Skepper se menswording in Jesus Christus.  

     

    Daar is sekerlik meriete in enige saak. My lewe is te kort om in alles te spesialiseer. Ek is dankbaar vir my ervaring in soveel Godsdienste op aarde, en deel hoofsaaklik my algemene kennis daarin op die werf.   My belewenis daarin is geseënd, en ek voel dankbaar genoeg daarmee.  

     

    Daarom is woordeboekverklarings vir die punte wat ek hier maak, ook goed genoeg na wat ek dink.  

     

    Ek gaan maar gewoon terug op my stok klim, en daar wag vir die volgende donner wat 'n ander se hart minag!  

    Nederige groete,  

     

    Cornelius Henn    

  • Mater Henn, 

     
    Moet ek help soek vir die 'miljoene katolieke'? 
     
    Die vraag is werklik eenvoudig. 
     
    Gee die titel van 'n boek wat hierdie beweging bespreek, met 'god die moeder' die 'midrash',  die geskiedenis, die doktrine, die bekendste figure, waar word dit geplaas in die Reformasie. 
     
    Is dit lank na die Reformasie. 
     
    Is dit apart van die Anglikane. 
     
    Is dit apart van die Protestante. 
     
    Bestaan dit buite die woordeboek en jou skedel? 
     
    Waar sal die beweging wat jy beskryf geplaas word in historiese konteks. Wie is die belangrikste figure. 
     
    Jy verwys na 'kerkvaders'. 
     
    Wie is hulle en hoe kan die detail bevestig word? . 
     
    Het Wikipedia iets daaroor. 
     
    Is daar 'n skakel wat hierdie beweging op Wikipedia bespreek dan? 
     
    Of is dit weer 'n geval van crank it up!!!
     
    Want die posman-storie bevestig dat jy sonder twyfel hier met 'n nuutskepping besig is anders sou jy die katolieke geskiedenis maklik kon beskryf het en in sy historiese konteks kon plaas, maar die doen jy nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Die skakel verwys na Pous Johannes Paulus II. 

     
    Hoe pas die Rooms Katolieke Kerk dan in by jou 'katolieke'. 
     
    Daar is net te veel kontradiksies dat dit ongelukkig 'n hutspot, los en vas bevestig waarvan jy die skepper is. 
     
    Met die skakel as konteks, bevestig dan weereens die geskiedkundige konteks en dogma, veral omrede 'god die moeder' nou weer op die tafel is. 
  • CorneliusHenn

    In 'n desperate uitbarsting vol slim waansin, betik Wouter Ferns my ook behalwe in sy galbraak in absolute onkunde hierbo, elders met die volgende:  

     

    (begin van aanhaling)  

     

    Mater Henn, Die aanhaling uit die woordeboek, 'n wel bekende strooihalm van jou nou, bevestig dat jy nie kan verwys na die 'miljoene katolieke' nie. Daarmee dan ook nie eers na 'n studie wat die 'katolieke' behandel nie. Wat sou hierdie trotse beweging se geskiedenis wees, die belangrikste figure, die doktrine, die studies. 'n Mens sou graag wou lees oor die 'miljoene katolieke'., Ek sien jy het my hulp aanvaar en spoeg en plak my spoeg en plak laat dit klap. Jy is welkom en soos jy kan sien, daar is argumente buite 'n woordeboek, as jou 'miljoene katolieke' ook nou net gevind kan word buite die woordeboek en jou verbeelding. Ek wag, gee die konteks, die tekste, die geskiedenis, die strominge, die geografiese verspreidings, die plekke van aanbidding........ Hoe sal een van die 'miljoene katolieke' erken word, behalwe nou jy? Dalk kan jy nie, maar dit sou soos verwag wees. 'Miljoene katolieke' en hul 'midrash' en 'god die moeder' met ruimteskepe in Egipte. Crank it up again!!! - maatjie Baie dankie Jou maatjie - Wouter (Klink erg gay)

     

    (einde van aanhaling)

      

     

    Ek hoop al die bloeiende harte wat in hul eie selfbejammering so gereeld by die arme "nerd" (soos hy gereeld in sy soeke vir simpatie na homself verwys) kruip, neem kennis van sy arrogante en platvloerse bravades hier.

     

    Wat my ook verstom, is hoe die "ware Christengelowiges" hul op die kantlyn plaas, wyl hul belydenis saam met my, in die ergerlikheid van 'n anderhater soos Wouter Ferns bespot word.

     

    Ek deel heelhartig die volgende skakels wat na die "katolieke", met 'n kleinletter "k", soos ook in die woordeboek verwys, verklaar:  

     

    Die eerste is die Nederlandse Geloofsbelydenis in PDF formaat - lees onder artikel 27  http://www.upcsa.org.za/docs-docs/ngb.pdf  

     

    'n Samevatting van artikel 27 uit die Nederlandse Geloofsbelydenis: Artikel 27 – "De katholieke of algemene kerk Wij geloven dat er één katholieke of algemene kerk is. Zij is een heilige vergadering van de ware gelovigen, die al hun heil verwachten van Jezus Christus. Deze kerk is er vanaf het begin van de wereld geweest en zal er altijd blijven, niet gebonden aan een vaste plaats of personen." http://mens-en-samenleving.infonu.nl/religie/30336-samenvatting-nederlandse-geloofsbelijdenis.html  

     

    'n Wiki skakel na die woord "katoliek" met 'n klein "k": http://nl.wikipedia.org/wiki/Katholicisme  

     

    Nog 'n aanhaling wat die verkil tussen Katolieke en katoliek leer: "Het Griekse woord καθολικ?ς (katholikos) betekent 'algemeen' of 'universeel'. Men zou de benaming Katholieke Kerk dus letterlijk kunnen vertalen als de Algemene Kerk of Universele Kerk. Het begrip 'rooms-katholiek' is ontstaan aan het begin van de 16e eeuw, ten tijde van de Reformatie, om onderscheid te maken tussen hen die de paus trouw bleven en de protestanten. Het woord rooms duidt op de stad Rome. Met Rooms-katholieke Kerk wordt de organisatie aangeduid: de katholieke Kerken die verenigd zijn rond de bisschop van Rome. Als men een gebouw waarin de katholieke eredienst wordt gehouden wil aanduiden, schrijft men (rooms-)katholieke kerk, dus met alleen kleine letters. Het begrip 'katholiek' gaat echter terug op het zelf verstaan en de belijdenis van de vroege Kerk en drukt de universaliteit en ondeelbaarheid van de Rooms-katholieke Kerk uit. Voor rooms-katholieken is het onderscheid tussen rooms-katholiek en katholiek vrijwel nihil, omdat de universaliteit en de ambtelijke structuur met elkaar verbonden zijn." http://nl.wikipedia.org/wiki/Rooms-katholieke_Kerk  

     

    ...  

     

    Ek kan sekerlik nog die hele dag hier sit en Google, maar ek stel voor dat enigeen wat nog wonder hieroor - veral in die lig van die werf se ergerlike en onthutste gesag Wouter Ferns - gerus enige Protestante leraar nader om kennis en inligting rakende die gebruik van die woord katolieke, met 'n klein "k"...  

     

    Nie te danke,  

     

    Cornelius Henn  

     

  • CorneliusHenn

    Betreffene die res van Wouter Ferns se banale nydigheid en hoon, glo ek enige redelike mens sal my verskoon as ek sy kamstige vrae daarin, ignoreer ... ek is egter meer as bereid om my oortuiginge met enige ander te deel, wat my daarvoor vra ...

     

     

     

  •  Henn, 

     
    Vele aanhalings, verwysende na Katolieke en Protestante tekste. Hierdie is twee aparte tradisies elk met sy eie geskiedenis. Is jy dus biede Rooms Katoliek en Protestant en hoekom dan hierdie verminging met 'n kleinletter k verwoord? 
     
    Tersame hiermee dui jy gedurig aan dat die katolieke midrash in hul sondagskool gebruik. In Centurion waar ek bly, waar sal ek 'n 'katolieke kerk' kan gaan bevestig, veral omrede jy 'n protestante geloofsbelydenis gebruik om die bestaan van jou sogenaamde 'katolieke kerk' met sy 'miljoene lidmate' te bevestig. 
     
    Daarmee dan ook is dit nie duidelik hoe jou 'midrash' in vandag se 'katolieke kerk' gebruik sal word nie. 
     
    In Judaisme is Midrash 'n konsep wat uitlewing kry en 'n ryke geskiedenis het, maar in hierdie 'katolieke kerk' van jou, waar sal die ryke geskiedenis daarvan bevestig word. 
     
    Of gebruik jy weereens die geskiedenis van 'n wye verskeidenheid groepe en klits tot skuim in jou mengbak en bevestig die dan as jou 'katolieke kerk' met sy 'miljoene volgelinge'. 
     
    In die toekoms plaas skakels wat hierdie bewering staaf sonder om sonder end bestaande Rooms Katolieke en Protestante verwysing te gebruik. 
     
    Hiermee stap ek van die gesprek af aangesien ek nie langer met jou swendel wil handel nie en die delusie wat jou volkome in sy mag het. 
     
    Sterkte vorentoe. 
     
    Daar is die wat sal val jou skepping en aan hulle kan ek ook niks doen nie, maar kennis van die geskiedenis van die Christen geloof, bevestig sonder enige twyfel jou swendel en delusie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns, doen jouself die guns en gaan slaan die woorde "ergerlik" en onthuts" na ... jy is besig om my kennis oor die onderwerp op die mees blatante en ongeskikte manier denkbaar, daarmee te myn ... as jy hoegenaamd die ordentlikheid had om jou onkunde te erken en my daaroor te vra, sou ek met die grootste liefde geantwoord het en volgehou het totdat jy verstaan ... "midrash", kan nie in katkisasie "gebruik" word nie ... katolieke leer hoe die heilige skrifte se outeurs, herinterpretasie (midrash) toegepas het in hul verhaling ... die Protestante, het uit die Roomses gevloei ... die Protestante en Katolieke deel dus meer as 'n dusiend jaar se geskiedenis voor Calvyn! ... as jy hoegenaamd begryp het wat in die skakels hierbo staan, dan sou jy dalk besef het dat die Protestante, nes die Roomses, Kopte, Helleenses, ... deel is aan die katolieke Kerk (met 'n klein "k") ... Wouter, asseblief, gaan bedink jou drifte teen my en lees weer my verwysinge aan jou ... en dan, hou asseblief by die punt  - het jy nie aanvanklik beweer dat die woord "katoliek" met 'n klein "k", my versinsel is nie?  ... en nou wil jy al die stryd aanknoop oor menige ander algemene werklikheid daaromtrent!!!!

  • CorneliusHenn

    ... en dan ook Wouter Ferns, in jou bitterheid merk jy: "Vele aanhalings, verwysende na Katolieke en Protestante tekste. Hierdie is twee aparte tradisies elk met sy eie geskiedenis. Is jy dus biede Rooms Katoliek en Protestant en hoekom dan hierdie verminging met 'n kleinletter k verwoord?"

     

    JA Wouter Ferns, ek is beide Katoliek en Protestant! ... en soos vele maal reeds hier verduidelik; gebruik ek in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE, Nagmaal saam met beide ... BEIDE bely 'n katolieke Kerk soos in die Nederlandse Geloofsbelydenis saamgevat ... dit beteken egter nie dat ek enigeen se dogma as volmaak aanhang nie ... geen Godsdiens op aarde behalwe Kobus de Klerk en die fundamentele Bybelaanbidders hier, steun jou eng en ewe fundamentele begrensing van ander se harte in God ...  is jy seker jy het darem die woord "katoliek" met 'n klien "k" in 'n ALGEMENE sin, raak gelees? ... dink jy nog die woord "katoliek" met 'n klein "k", is my versinsel?

  • CorneliusHenn

    ... en ten laaste (voor die naweek); Goddank jou onderneming om self by die kerk te gaan uitvind!!! ... ek kan jou egter verseker, ENIGEEN wat dit in hul hart vind, mag Nagmaal in die Heilige George Katedraal, die NG Kerk Alberton Wes, die Gereformeerde Kerk Kaapstad by die Tuine, St Francis Gemeente Meyersdal in  Alberton en Pastoor Raymond Lombard se Tygerberg Gemeente, gebruik - hulle almal deel aan die katolieke Kerk!

     

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top