Bonsai
Ek knip en ek krap
’n toonbeeld van jou,
Om in my gatsak te dra
’n bonsai van jou.
Ek spoeg en ek plak
’n papawer op papier,
my hart is omsoom
met ’n gelaat van jou net hier.
En as die tyd aanbreek
om jou water te gee,
snoei ek alles wat brand
al is dit soms seer.
Ek lees en ek skryf
sakke vol briewe,
en as ek kon skilder
’n katedraal uit die argiewe.
Ek sing en ek dans
die ritme van klank,
om my beweeg jou stem
totdat jou bonsai teenaan my kan rank.
![]() |



