Laurens van Krevelen het op 18 Desember 2010 die jaarlikse Nederlandse PEN-lesing by De Balie in Amsterdam gehou ( http://www.debalie.nl).
Francis Galloway het die lesing in Afrikaans verwerk.
Is daar ook in Suid-Afrika tekens van die wêreldwye impak van winsbejag en marksensuur? Is daar ’n afname in die verskeidenheid en geskakeerdheid van die boek-aanbod? Watter teenvoeters vir hierdie tendens is besig om te ontwikkel (of nie)?
|
|
Plaaslike reaksies oor die boek in krisis:
|
|
|
Izak de Vries:
“Ons grootste probleem is dat ons boeke kan maak, maar ons moet hulle kan verkoop. Ek skat dít is die grootste kopseer van enige bestuurder in ’n uitgewersmaatskappy. Advertensie is duur, maar noodsaaklik.”
|
|
|
Nicol Stassen:
“Soos almal weet, beleef die boekbedryf onstuimige tye. Hoewel die metode waarop boeke gepubliseer word, oor vyf eeue basies dieselfde gebly het, word die bedryf tans gekonfronteer met die grootste uitdagings sedert die ontdekking van die drukkuns deur ’n Duitse goudsmid in die vyftiende eeu.”
|
|
|
Charles Malan:
’n Ander vorm van marksensuur? In ’n volgende fase in LitNet se gesprek oor die boek in krisis, skryf Charles Malan van Vrye Woord oor voorgeskrewe werk op skool. “Die roekelose oorname van die opvoedkundige bedryf is in volle gang. Die staat begin vanjaar formeel met state publishing ...”
|
|
|
Riana Barnard:
“Daar is ’n ander manier om na die huidige dilemma in die boekbedryf te kyk. Gabriel Zaid, kunsskrywer en kritikus, vat dit só saam: ‘The reading of books is growing arithmetically; the writing of books is growing exponentially. If our passion for writing goes unchecked, in the near future there will be more people writing books than reading them’.”
|
|
|
Kerneels Breytenbach:
“Wanneer dinge in ’n bedryf soos dié van boeke skeefloop, moet mens soms in plaas van te dink dat iets verkeerd geloop het, dit sien as iets wat onverwags baie goed uitgewerk het – jy weet nog net nie wat ‘goed’ behels nie.”
|
<< Terug na miniseminare | Back to mini-seminars <<