In die Karoo word biodiversiteit dikwels oordryf ten koste van lewensvatbare ontwikkeling. Bv gryswater gaan in grond in en mag nie bv vir ’n bamboesplantasie gebruik word nie. Om ’n vriendeliker beheerde mikro klimaat te skep, het dikwels ’n groter positiewe impak op die groter omgewing, as om gryswater in grond te laat wegsyfer en te laat meng met die skaars grondwater? Al die "werk vir water"-projekte in karoo, het nog nooit meer water gegee daar nie? Net minder vuurmaakhout en koelte vir diere en mens. Ek hoor ’n muskietboom is so dors, drink ’n paar duisend liter water per dag, maar waar is die water na dit afgesny is?
Hans Richardt

