Die Suid Afrikaanse “buzz” woord deesdae is “regte”:
Reg op lewe
Reg op skoon water
Reg op opvoeding
Reg op behuising
Reg op spoelriolering
Reg op werk
Reg op staking
Reg op protes
ens, ens.
Met sy opstel van die bewoording vir die VVO-manifes, het genl Jan Smuts ook geskryf: “I find our modern emphasis on 'rights' somewhat overdone and misleading ... It makes people forget that the other and more important side of rights is duty. And indeed the great historic codes of our human advance emphasised duties and not rights ... The Ten Commandments in the Old Testament and ... the Sermon on the Mount ... all are silent on rights, all lay stress on duties.” (Antony Lentin, 2010, Jan Smuts - Man of courage and vision, p 144)
Met die huidige situasie hier in Suid-Afrika dat alle “regte” gratis en sonder enige verpligtinge aan die kant van die ontvanger daarvan, deur die staat verskaf moet word, al geskied dit tot nadeel van ander se regte, soos bv die regte van die blankes; algemeen geraak.
En soos nukkerige kinders, indien dit nie onmiddellik verkry word nie, tot geweld en vernieling van eiendom oorgaan. In SA is daar geen kultuur in die siening dat “regte” sekere gepaardgaande verpligtinge vereis om ’n balans aan die konsep van “regte” te handhaaf; ook een van die redes dat SA ’n gefaalde staat is.


Kommentaar
Jaco, ek verstaan jou siening. Almal het deesdae regte wat hul hulself toegeëien het en of wat aan hulle gegee is. Ek huldig nog steeds die opinie dat indien jy iets wil opeis of vir jouself wil eis moet jy ten minste 'n teenprestasie lewer hetsy in belasting of opheffing van die samelewing in geheel. Ons het 'n verbruikersekonomie/samelewing wat aan die gepeupel beloftes van rykdombevryding gemaak het wat in dag der lewens nie haalbaar is nie. Dit kom neer op die droom van demokrasie in Afrika. Geen maar in geen mens het die reg op enigiets nie. Jy het slegs die voorreg en genade om iets te kry. Die harde werklikheid is, indien jy dit nie verniet kry nie, tree jy soos 'n barbaar op en probeer dit met geweld of anargistiese metodes te vat. Ek sien swarigheid vir baie mense wat wreed ontnugter gaan word.
Smuts is die vader van die Holisme.
Wat is jou storie ?
Raed-na-Gael.
Raed
Ek verstaan nie jou vraag nie. Indien jy verder wil uitwei, sal ek jou kan beantwoord.
Smuts was nie net die vader van Holisme ('n filosofie) nie, maar ook kenner van vele ander wetenskappe, asook wêreldleier van formaat in sy tyd.
Hy was 'n genie. As jong tiener wat grade op universiteit behaal, in Engeland selfs die Engelse uitgestof.
Hy het grassoorte bestudeer, welke kennis tot baat van die boer deurgevoer is.
Hy is onder 30 jarige ouderdom staatsprokureur van die Tvl-republiek, waarop Paul Kruger grootliks staat gemaak het.
Bittereinde generaal op jong leeftyd gedurende die tweede Engelse Oorlog.
Deel van die beraad van Vereeniging om die oorlog te beëindig.
Tweede eerste minister van die Unie.
Deel van die beraad van Versailles in Frankryk .
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog Veldmaarskalk van die Britse Ryk.
Opsteller van die voorganger van die VVO, nl "The League of Nations".
Die opstel van die VVO-manifes grootliks aan hom te danke.
Helfte van Afrikanerdom het hom gehaat juis as gevolg van die Jopie Fourie-sage, die onderdrukking van die mynerprotesaksie waar lewens verloor is, asook vir sy noue verbintenis met Afrikaners se vorige aartsvyand, nl die Engelse Ryk.
Lees gerus: "Antony Lentin, 2010, Jan Smuts - Man of courage and vision", wat die moeite werd is.
Reusedwerg
Ek is nie eens met jou in jou stelling, nl: "Geen maar geen mens het die reg op enigiets nie".
Die regte soos deur my voorbeelde hierbo genoem is regmatige regte waarop aanspraak gemaak kan word, mits daar ter selfde tyd aanvaar word dat sodanige regte verpligtinge op die ontvanger daarvan vereis word. Dit is die afwesigheid van pligsgetrou aan sodanige verpligtinge, veral met die eis dat alles gratis moet geskied; ook eise om ander se regmatige eise van hulle te ontneem soos die EFF dit wil vertolk.
Indien jou stelling in die konteks is dat van ander afgevat moet word, sonder vergoeding, soos die voorgestelde onteiening van eiendom, maak jou stelling vir my sin.