
Foto: Canva
bətər kom•mu•ni•ka•sie
laat my dan die maan mimiek
met druppels mirre bedroef en koud –
want dit val volkome onversadig
in my gedig ge-e-pos, (ge-) ontvang en gelees
die leser staar skouerophalend en apaties
ondersoekend na die verwronge beeldspraak
ruk die letters uit hul verkeerde betekenis
delete die spreker se verdraaide emosies
maar genadiglik iewers in die kuberruimte
het sy kritiek die digter se spam folder bereik


Kommentaar
Baie mooi, Marius