Zané Lombard is ’n lektor aan die Universiteit van die Witwatersrand in die Departement Bioinformatika. Haar navorsing fokus tans op die ondersoek na genetiese en epigenetiese faktore wat komplekse eienskappe en siektes beïnvloed, soos vetsug en diabetes. Sy het haar PhD in 2008 in menslike genetika behaal (Wits) en voor dit ’n honneurs- en MSc-graad in biochemie aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou UJ) voltooi.