Yolanda Spangenberg

Yolanda Spangenberg behaal die volgende grade (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria: BA, BA Honneurs (Sielkunde), BA Honneurs (Filosofie), MA (Filosofie), en haar doktorsgraad in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. Van 2002 tot 2004 ontvang sy verskeie internasionale beurse om haar nagraadse studies in filosofie en psigoanalise aan die Radboud Universiteit Nijmegen in Nederland te bevorder. Sy is ’n kreatiewe, intuϊtiewe en onafhanklike denker met ’n estetiese en filosofiese sensitiwiteit wat haar toespits op die metafisiese, die ontologiese en die mistieke denke van veral die Franse filosoof Henri Bergson.

Sy glo om te lewe is om te groei en te transformeer deur ’n ontvanklike ingesteldheid en ’n openheid om te leer; om voortdurend ’n diep en intense verbintenis te koester met ’n sekere paradoksale (toe-eienbare) ontoe-eienbaarheid inherent in die meeste vorme van outentieke spiritualiteit. Slegs deur so ’n diep verbintenis met dit wat in ’n sekere sin agter (en selfs binne-in) ons daaglikse werklikheid opgesluit lê, word ons in staat gestel om onsself voortdurend te vorm en te transendeer.

"Seeing" sense: the union ("in-tension") between life (duration) and consciousness (space) in Bergson’s metaphysical phenomenology

Yolanda Spangenberg Academic research 2021-11-16

"Intuition, most of all philosophical intuition, can never be merely a gaze or a description. Quite the opposite – it is a kind of 'touching' that reveals itself through an action, and as a completely developed creation."

Om sin te "sien": die eenheid ("in-tensie") tussen lewe (tydsduur) en bewussyn (ruimte) in Henri Bergson se metafisiese fenomenologie

Yolanda Spangenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-11-16

"Aan die een kant vind ons bewussyn in lewe in die gewaarwording as sodanig van (of sensitiwiteit vir) die sensasie van transformasie (of die skeppings-proses) self. Hierdie gewaar-wording van die proses van transformasie verwys na die metafisiese bewussyns-handeling van tydsduur."

Top