Willim Welsyn is die sanger, kitaarspeler en liriekskrywer van Willim Welsyn en die Sunrise Toffies. Hy het 2 jaar as joernalis en fotograaf gewerk, en is tans voltyds by musiek betrokke. Is gebore op Oudtshoorn, en het grootgeword op Ladismith in die Klein Karoo. Hy geniet die kyk van gesinsvideos, stappies in die natuur en die plaaslewe. Hy eet gedurig ’n paar oomblikke.