Willie Robbertse

My naam is Willie Robbertse. Ek is 16 jaar oud en in gr. 10 by Jimmie Roosskool vir Seuns in Dewetsdorp. My tuisdorp is Margate. Ek hou van branderry, rekenaarspeletjies en is gek oor lees, veral rillers. Geraamtes en Gedaantes bly een van my gunstelingboeke. Ek speel krieket vir my skool. Verder hou ek daarvan om met nuwe dinge te eksperimenteer en hou van uitdagings. Afrikaans is een van my sterk vakke en ek is mal oor opstelskryf.  Ek het bruin hare en groen oë, en is sommer net ’n doodnormale tiener wat dol is oor die lewe! O ja, ek is onblusbaar nuuskierig!

WF 2015: Die eksperiment

Willie Robbertse Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Dit het alles dertien jaar gelede gebeur, net na my 16e verjaarsdag. Dit is die laaste Vrydag van graad 10 en ons klas rumoer uitbundig. My vakansieplanne is agtermekaar. Ek gaan by my oom kuier terwyl my ouers oorsee reis en my twee beste vriende, Michael en Travis, kom saam. 

Top