William Oosthuizen

Ek het ’n paar kortverhale gepubliseer, waarvan een aangewys is as naaswenner van die SA Writer’s College se 2010-kortverhaalwedstryd en ’n ander as finalis van die 2011 Pen-Africa Studzinski literêre toekennings wat deur JM Coetzee beoordeel is. Laasgenoemde verhaal het verskyn in die bundel African Pens 2011: New Writing from Southern Africa, uitgegee deur Jacana.

Ek het in 2011 ’n reisverhaal en foto’s in Weg!/go! gepubliseer. Gedurende 2012 is my radiodrama Ons gaan huis toe aangewys as die wendrama in die RSG en Sanlam Radiodrama-kompetisie en die volgende jaar oor RSG uitgesaai. Nog drie van my radiodramas is gedurende 2017 (Een voet in die graf), 2018 (Die voëlhok) en 2019 (Doller as kop af) op RSG uitgesaai.

Een van my kortverhale, getiteld “Board and lodging”, is as ’n kortfilm verwerk , en ek het bygedra tot die skryf van die draaiboek.

In 2018 is my verhoogdrama Redemption by die destydse Alexander Bar, ’n Kaapse teater, voorgedra, en ek werk tans aan ’n verhoogproduksie van die drama.

In September 2019 is my debuutroman, Die dame met die hondjie, gepubliseer (Naledi).

  • Foto: verskaf

Die lewe volgens Wim Vermaak: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, William Oosthuizen Skrywersonderhoude 2020-07-10

"Die beste was om te sien hoe die stukke van Wim se lewe stadig maar seker bymekaar kom ten spyte van struikelblokke wat hy soms self geskep het weens sy dromerige lewensuitkyk."

Top