Willem Esterhuyzen het in Worcester grootgeword, op Stellenbosch gestudeer en op Springbok en in Worcester skoolgehou. Deesdae is hy in Worcester afgetree saam met sy vrou Lulu, waar hulle hulle tyd met kuier deurbring. Hulle toer so veel as moontlik.
"Pouse is nog aan die gang, en dit lyk of die skoolkinders alreeds snuf in die neus gekry het dat iets nie pluis is nie. Daar is ’n samedromming buite die hek van die swembad."