My naam is Wihan Pretorius. Ek is in 1993 in Johannesburg gebore en bly steeds op die Oos-Rand, waar ek ook skoolgegaan het. Ek het na my matriekjaar by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) kom studeer, waar ek ʼn graad ontvang het in BA Sielkunde, Geografie en Omgewingswetenskappe. Ek het in 2015, in my honneursjaar, oorgeskuif na BSc Omgewingsbestuur, wat ek ook voltooi het. In 2016 het ek keuring gekry om my meesters te doen en is tans besig om dit te voltooi. My projek, wat handel oor volhoubare landboupraktyke en omgewingsimpakte in die Vaalharts-besproeiingskema, kom van my honneursprojek af, waar daar vir my gevra is om in my meesters met die projek aan te gaan. Ek het ʼn gebalanseerde leefstyl waar ek tyd maak vir my akademie, familie en sport. Ek geniet akademie so baie dat ek na my studies ʼn dosent wil word om sodoende studente te help wat net so passievol is soos ek oor my universiteit en studierigting om ook hulle grade te verwerf.