Wessel van den Berg

Wessel van den Berg is Sonke Gender Justice Network se Vaderskap-programbestuurder.

 

 

Hy het oorspronklik as 'n kleuterskoolonderwyser ‘n belangstelling ontwikkel in hoe mans meer konstruktief betrokke kan raak in onderwys en ouerskap. In 2006 het Wessel Ubuntu Bamadoda, ‘n gemeenskapsprogram ontwerp en bestuur. Die program het mans betrek by die mentorskap van jong seuns deur die medium van tradisionele Afrika-koorsang. Wessel stel belang in hoe persoonlike ontwikkeling en toegang tot menseregte geïntegreer word, veral met betrekking tot die rol van die man in die samelewing. Hy het in 2011 ‘n Meestersgraad in Volhoubare Ontwikkeling (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Die navorsing was 'n verkenning van volhoubare gemeenskapswelstand in die konteks van plaaslike regering in Suid-Afrika, en het deelnemende fotografie en kompleksiteitsteorie benut.

 

 

Wessel woon tans in Stellenbosch saam met sy vrou Renée van den Berg.

Die Kommandokorps se inisiasie tot manlikheid

Wessel van den Berg 2012-03-29 "Die onlangse fokus op die kaskenades van die Kommandokorps het my as wit Afrikanerman ook laat wonder oor manlikheid in ons volk. Die Kommandokorps se verskyning in die nuus het gesorg vir die teen nou al bekende gesprek oor rassisme en geweld. Maar daar is ‘n kardinale gesprek wat tot op hede nog nie gevoer is nie: die manier waarop die begrip manlikheid deur hierdie groep gebruik word."
Top