Wentzel Coetzer
Wentzel Coetzer was aanvanklik vir agt jaar dosent by Unisa, waar hy ook gepromoveer het in die vak Nuwe Testament. Daarna het die praktyk hom getrek en was hy 20 jaar lank predikant in die NG Kerk, Pretoria-Garsfontein. In daardie fase het sy belangstelling ook begin verskuif na praktiese teologie, waarin hy hom sedertdien verdiep het. Tydens hierdie periode was hy ook vir ongeveer agt jaar deeltyds betrokke by die aanbied van kursusse rondom pastorale berading, eers by Vista Universiteit en later by UP. Sedert 2003 is hy aangestel as buitengewone professor in praktiese teologie aan die Noordwes-Universiteit, waar hy hoofsaaklik betrokke is by die begeleiding van nagraadse studente rondom die tema van trauma en aanverwante temas. Sedert 2003 het hy ook ‘n groot aantal individuele kursusse ontwikkel rondom die pastoraat wat hy gereeld oral in die RSA en Namibië aanbied.
Onderhoudend: Wentzel Coetzer
Wentzel Coetzer, Dawid Kuyler
2014-06-24
“Die mens is net te ’n komplekse wese om gereduseer te kan word tot een negatiewe ervaring.”