Walter Wessels

Walter Wessels het in 2007 sy BA-graad in Toerismebestuur aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Sedertdien het hy ook sy MA en PhD in dieselfde vakgebied aan dieselfde instansie verwerf. Met 14 jaar se onderrigervaring by beide privaat en openbare hoëronderwysinstellings, is hy tans ’n senior lektor by die Noordwes-Universiteit, Mahikeng-kampus, binne die skool vir Toerismebestuur, en sedert 2024 ook die programleier.

Walter se navorsingspublikasies sluit in 14 akademiese tydskrifartikels, twee konferensiehandelinge en een boekhoofstuk. As ’n navorser binne die navorsingseenheid Toerismenavorsing in Ekonomiese Omgewings en Samelewing (TREES) fokus hy tans op familievriendelike toerisme, meer spesifiek aspekte wat die koopgedrag en besluitneming van hierdie unieke marksegment beïnvloed.

Hy is ook ’n lid van die SacredTravels4Growth-navorsingsprojek. Hierdie projek is deel van die Europese Unie se Erasmus-kapasiteitsbouprogram wat ontwerp is om institusionele kapasiteit deur multilaterale vennootskappe tussen Europese en nie-Europese organisasies en instellings wêreldwyd te bou.

An investigation into Afrikaans family festival attendees and their attendance motivators at Aardklop Nasionale Kunstefees

Walter Wessels Academic research 2026-07-27

"The findings suggest several practical implications for festival organisers, marketers, and theatre producers. From the demographic profile, it is evident that the festival programming should consider the ages of the family unit and align its offerings with the evolving needs of this market segment to encourage repeat visitation."

’n Ondersoek na Afrikaanse familiefeesbesoekers en hul bywoningsmotiveerders by Aardklop Nasionale Kunstefees

Walter Wessels LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-07-27

"Deur ’n kwantitatiewe metode te gebruik, toon hierdie navorsing spesifieke bywoningsmotiveerders van die marksegment. Die bevindinge dui daarop dat familiefeesbesoekers die meeste beïnvloed word deur beide teater- en terreinaanbiedinge. Hierdie aktiwiteite versterk gesinsbande, verbreed kulturele horisonne en bied ook waarde vir geld."

An investigation into factors influencing ticket purchases for community-based children’s theatre: a qualitative approach

Walter Wessels, Pierre-André Viviers, Karin Botha Academic research 2024-08-01

"Research has shown that exposure to the theatre from a young age provides various developmental advantages to children and encourages the development of a love for the theatre."

’n Ondersoek na faktore wat kaartjie-aankope vir gemeenskapsgebaseerde kinderteater beïnvloed: ’n kwalitatiewe benadering

Walter Wessels, Pierre-André Viviers, Karin Botha LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2024-08-01

"Die produksie en bemarking van regstreekse teater vir kindergehore is kompleks, aangesien daar meer as een besluitnemer ten opsigte van bywoning betrokke is, naamlik die ouer en die kind."

Top