Veruschka Vergottini
Veruschka Vergottini verwerf haar LLB-graad aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy ontvang die prys vir die beste belastingregstudent en voltooi haar miniverhandeling met onderskeiding. Tydens haar voorlaaste jaar voltooi sy die gevorderde kursus in arbeidsreg met lof en eindig eerste in haar klas. Sy is sedert haar eerste jaar op universiteit ‘n aktiewe lid van die Golden Key Honour Society en het regdeur haar studies op die dekaan se merietelys verskyn, terwyl sy ook sedert 2009 as akademiese en administratiewe assistent, tutor en assesseerder in die Departement Handelsreg werksaam was.
Sy verteenwoordig die portefeulje sport en sosiaal as lid van die regsfakulteit se juridiese vereniging en ontvang daarvoor die prys as algeheel beste lid vir die termyn. Sy het op verskeie koshuiskomitees gedien, was ‘n lid van die koshuis se debatspan en het as ATKV-redenaars- en -debatsbeoordelaar opgetree. Sy doen tans haar leerklerkskap by Adams en Adams in Pretoria en is ‘n lid van die LSSA Young Lawyers Forum en die South African Women Lawyers Association.