Veruschka Vergottini

Veruschka Vergottini verwerf haar LLB-graad aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy ontvang die prys vir die beste belastingregstudent en voltooi haar miniverhandeling met onderskeiding. Tydens haar voorlaaste jaar voltooi sy die gevorderde kursus in arbeidsreg met lof en eindig eerste in haar klas. Sy is sedert haar eerste jaar op universiteit ‘n aktiewe lid van die Golden Key Honour Society en het regdeur haar studies op die dekaan se merietelys verskyn, terwyl sy ook sedert 2009 as akademiese en administratiewe assistent, tutor en assesseerder in die Departement Handelsreg werksaam was.

Sy verteenwoordig die portefeulje sport en sosiaal as lid van die regsfakulteit se juridiese vereniging en ontvang daarvoor die prys as algeheel beste lid vir die termyn. Sy het op verskeie koshuiskomitees gedien, was ‘n lid van die koshuis se debatspan en het as ATKV-redenaars- en -debatsbeoordelaar opgetree. Sy doen tans haar leerklerkskap by Adams en Adams in Pretoria en is ‘n lid van die LSSA Young Lawyers Forum en die South African Women Lawyers Association.

Die invloed van ’n werkgewer se likwidasie en/of boedelsekwestrasie op die diensverhouding met die werknemer, met die oog op ondernemingsredding as moontlike alternatief

Denine Smit, Veruschka Vergottini 2013-02-19 "Hierdie artikel stel eerstens ondersoek in na werknemers se regte met die likwidasie/sekwestrasie van hul werkgewer soos dit tans in die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 en die Wet op Insolvensie 24 van 1936 vervat is."
Top