Una Beukman woon op Melkbosstrand, reg langs die see. Op die sandduine voor die huis maak sy en haar man Ronnie ‘n groentetuin. Sy het al ’n slag saam met Ronnie by Terrace Bay gaan galjoen vang en ‘n bielie van ‘n vis uitgetrek wat 3,5 kg geweeg het en byna 50 cm lank was. Hulle is nou al 16 jaar getroud en het ‘n goeie verstandhouding – hy het die verstand en sy die houding, sê sy. Una doen net wat vir haar lekker is en hou daarvan om te reis. Die volgende toer is in April deur die Baviaanskloof met bergfietse oor vyf dae, wat sy organiseer. Al haar vriende is "lekker mense". Party speel toneel, en dan doen sy al die bemarking vir kunstefeesoptredes, ondervindings wat hulle altyd geweldig geniet. Volgende jaar wil Una in Oostenryk al langs die Blou Donou gaan fiets ry, want op die wye web lyk dit vir haar "net ongelooflik mooi en lekker daar".
Opgedateer/Updated: 2007-03-29
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za