Ulrich Joubert is oorspronklik van Ladismith. Sy loopbaan neem hom deur die staatsdiens, sommige staatskorporasies en die banksektor.
Hy was die groepekonoom van Transnet vanaf Oktober 1989 tot Maart 2006.
Hy sluit in April 2006 by Kruger Internasionaal as ekonoom aan tot Mei 2012. Sedert April 2009 is hy ook betrokke by die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch.
Hy dien op die direksie van die Noordelike Helpmekaar Studiefonds en is op die beoordelaarspaneel van die Sanlam Finansiële Joernalis van die Jaar-kompetisie.
Hy is ’n voormalige voorsitter van die Johannesburg Afrikaanse Sakekamer, asook die ekonomiese komitee van die AHI. Hy is ’n gereelde kommentator oor die radio en op TV en skryf gereeld artikels vir Beeld.