Trevor Jones
Dr Trevor Jones werk sedert 2002 vir die bewaring van bedreigde spesies in Tanzanië met die klem op primate en olifante. Hy was bevoorreg om betrokke te kon wees by die ontdekking van verskeie nuwe spesies in die Udzungwaberge wat die kipunji-aap in 2004 insluit. Hy is op die oomblik Direkteur van die Udzungwa-olifantprojek in suid-Tanzanië wat toegespits is op olifantbewaring.
Afname in olifantgetalle totaal onderskat
Trevor Jones, Katarzyna Nowak
2014-03-19
Vroeg in Desember 2013 het internasionale media berig dat IUCN (International Union for the Conservation of Nature) dit amptelik gestel het dat een vyfde van Afrika se olifante teen die huidige tempo van stroping binne die volgende tien jaar vernietig kan word.