Tinus Viviers

Tinus Viviers (skrywer van oa Geld wat stom is) is ’n afgetrede bankier en woon in Kempton Park saam met sy vrou Linda. Hulle het twee kinders en is baie trots op hulle twee kleinkinders. Hy spandeer graag sy tyd saam met sy gesin, lees baie wyd en geniet die natuur/skepping. Hy is ’n ywerige gholfspeler, vang soms vis saam met vriende en woeker met aandele. Hy doen graag “diens” in die kombuis en is ’n ware “butler”' tuis. Verder skryf hy graag oor finansiële misdaad en fokus tans op die elektroniese mark waar hy reeds vier titels gepubliseer het.

 

 

Huldeblyk

Tinus Viviers Fiksie 2017-10-05

"Leandri neem die A4-grootte koevert, wat Anton vir haar uithou, in haar hande. ’n Laaste brief? Néé! Dis nie wat sy wil hê nie! Hy moet steeds hier wees! Haar binneste wil vulkanies tussendeur haar ooglede uitspoel."

Top