Tiané Koekemoer
Tiané Koekemoer is in 2007 gekies as uitruilstudent aan die Hogeschool Utrecht in Nederland. In 2008 verwerf sy die BEd-graad met spesialisering in Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase aan die Universiteit van Pretoria. In 2009 voltooi sy die BEd Honneurs en in 2013 die MEd-graad in Leerderondersteuning, Voorligting en Berading onder leiding van Ina Joubert en Liesel Ebersöhn. Tiané werk tans as ’n onderwyser.