Thomas Niesler

Thomas Niesler het in 1991 ’n BIng en in 1993 ’n MIng in Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch behaal. In 1998 het hy ’n PhD van Cambridge Universiteit in Engeland verwerf. Die onderwerp van sy verhandeling was statistiese taalmodellering vir groot-woordeskat spraakherkenning. Hy het in 1998 by dieselfde universiteit se ingenieursdepartement as lektor aangesluit en daarna, in 2000, by die Universiteit Stellenbosch se Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, waar hy sedert 2012 professor is. Sy navorsingsbelangstellings sluit seinverwerking, patroonherkenning en masjienleer in, met ’n spesifieke fokus op menslike taaltegnologie.

Outomatiese spraak- en sleutelwoordherkenning in Afrikatale

Febe de Wet, Thomas Niesler Seminare en essays 2020-08-05

"Om byvoorbeeld die vermoëns van die bekende wetenskapsfiksierekenaars soos HAL in die fliek 2001 Space Odyssey en Star Trek se Computer te ontwikkel, vereis ’n ingewikkelde kombinasie van prosesse soos spraakherkenning, natuurlike taalbegrip, liplees, natuurlike taalgenerering en spraaksintese."

Top