Thomas Eugene Cloete

Eugene Cloete is dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het al meer as 100 MSc- en PhD-studente gepromoveer, is die outeur van vyf boeke, het reeds meer as 140 wetenskaplike artikels gepubliseer en het tien patente. Hy dien in die redaksie van etlike joernale en is die stigtersdirekteur van die Universiteit Stellenbosch se Waterinstituut. Hy het al verskeie toekennings ontvang, onder andere die Havenga-prys vir biologie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Goue Medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie van Wetenskap, die Rektorstoekenning vir navorsing aan die Universiteit Stellenbosch, en die Kanseliersmedalje vir navorsing aan die Universiteit van Pretoria. Cloete is in 2011 deur die minister van wetenskap en tegnologie in die Raad van die WNNR aangestel.


Antimikrobiese nanovesels vir waterbehandeling: poli(vinielalkohol)- en poli(akrielonitriel)-nanovesels met silwer-nanopartikels.

Danielle du Plessis, Marelize Botes, Leon Milner Theodore Dicks, Thomas Eugene Cloete LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2012-06-08

"Die doel van hierdie navorsing was om ’n bydrae te lewer tot bestaande kennis in waterfiltrasie en -ontsmetting en die ontwikkeling van nuwe tegnologie wat in die afsienbare toekoms toegepas kan word om verligting te bring aan gemeenskappe en gebiede wat nie toegang tot veilige drinkwater het nie."

Top