Theo Broodryk

Theo Broodryk is ’n medeprofessor en bestuurder van die Universiteit Stellenbosch se regskliniek. Hy verwerf  sy BA-, LLB- en LLD-grade aan die Universiteit Stellenbosch.

Theo is ’n toegelate prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, ’n Y1 NNS-gegradeerde navorser, sowel as die outeur van Eckard’s principles of civil procedure in the magistrates’ court. Hy is ʼn seniornavorser by die Ius Commune Navorsingskool in die program Foundations and Principles of Civil Procedure in Europe en ’n Beaufort (Colenso)-genoot by St John’s College, Cambridge, en het Stanford-regskool as ’n besoekende regskenner bygewoon.

Theo het al verskeie befondsingstoekennings ontvang, insluitende die MJ & HB Thom-navorsingsbefondsingstoekenning en ’n NRF Knowledge Interchange and Collaboration Funding Award. Hy het institusionele erkenning vir sy navorsingsbydrae ontvang, insluitend erkenning as een van die universiteit se navorsers wat die grootste bydrae gelewer het tot wetenskaplike publikasies wat deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geakkrediteer is (2014-uitsetjaar). Theo het ook die rektor se uitstygtoekenning ontvang. Hy is ʼn lid van die Internasionale Vereniging van Prosedurele Reg.

Sy navorsingsfokus is kollektiewe regstelling, insluitende klasaksies. Theo is ook gesertifiseer as ʼn arbiter deur die Vereniging van Arbiters (Suid-Afrika), en het ’n sertifikaat in Gevorderde Arbeidsreg van die Sentrum vir Besigheidsreg by die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy het onlangs (2020) die gesogte Georg Forster Fellowship Award van die Alexander von Humboldt-stigting in Duitsland ontvang.

Access to justice in South Africa: everyone’s right; an inaccessible ideal for many

Theo Broodryk Academic research 2023-03-28

"Especially in the South African context, with its high levels of unemployment, illiteracy and poverty, the existence of social, psychological and financial barriers may mean that, but for the class action, individual class members would not have enforced their claims independently."

Toegang tot geregtigheid in Suid-Afrika: almal se reg; ’n ontoeganklike ideaal vir talle

Theo Broodryk LitNet Akademies (Regte) 2023-03-28

"Die regbank staar die vooruitsig van ’n steeds groter wordende werkslas in die gesig en ingrypings soos hierdie is nodig om die doeltreffendheid en doelmatigheid van die regbank te bevorder, om hofprestasie te verbeter en om toegang tot howe te verhoog."

Top