Thalyta Louw Swanepoel

Dr. Thalyta Louw Swanepoel is ’n senior lektor-praktisyn in die departement van joernalistiek en mediastudies in die Noordwes-Universiteit se Skool vir Kommunikasiestudies. Sy was vir byna 20 jaar in die kommunikasiebedryf werksaam, hoofsaaklik as (mediese) joernalis en skakelpraktisyn voordat sy in 2003 by die Noordwes-Universiteit (NWU) aangesluit het om verskillende media- en kommunikasiekursusse aan te bied. In 2009 is sy by die Olivet Nazarene University in Bourbonnais, Illinois in die VSA aangestel as direkteur van die joernalistiekprogram. Sy was meer spesifiek gemoeid met studentemedia deur die College Media Association en as ’n lid van die Illinois College Press Association se raad. Louw Swanepoel het in 2015 na die NWU teruggekeer, waar sy joernalistiekpraktyk, mediaverhoudinge en kommunikasie-etiek doseer. Sy gee ook studieleiding aan honneurs-, meesters- en doktorale studente. Sy dien as adviseur van studente- en skoolpublikasies, waar sy haar belangstelling in joernalistieke opleiding verder uitleef. Sy is ook betrokke by die aanlyn publikasie University World News as sub- en fotoredakteur en lid van die produksiespan van die Afrika-uitgawe. Louw Swanepoel se navorsingsbelangstelling lê by gehaltejoernalistiek en joernalistiekgehaltebestuur, spesifiek in die gemeenskapsmediasektor. Sy is ’n skrywer/medeskrywer van hoofstukke in twee handboeke en verskeie artikels in nasionale en internasionale akademiese tydskrifte. Sy het ook verskeie aanbiedings by Suid-Afrikaanse en buitelandse konferensies gedoen, deelgeneem aan navorsingspanele en gaslesings aangebied. Swanepoel is voorts deurlopend betrokke by werkwinkels en opleidingsessies in verskillende situasies.

The impact of the COVID-19 pandemic on South African local newspapers: experiences and perceptions

Thalyta Louw Swanepoel, Cornia Pretorius Academic research 2022-08-24

"Based on the findings, corporate-owned commercial newspapers were affected the most. According to the perceptions of employees, owners did not do enough to support the sector."

Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies

Thalyta Louw Swanepoel, Cornia Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-24

"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."

Quality reporting in the satellite office of a South African daily newspaper 

Susan Cilliers, Thalyta Louw Swanepoel Academic research 2020-02-05

“Newspapers’ declining circulation figures have led to smaller newsrooms where a handful of journalists often, at greater speeds, have to produce news for online platforms while catering to the expectations of increasingly involved audiences and maintaining high-quality output.”

Gehalteberiggewing in die buitekantoor van ’n Suid-Afrikaanse dagblad

Susan Cilliers, Thalyta Louw Swanepoel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-02-05

“Die doelwit was om praktiese riglyne te identifiseer en te formuleer wat joernaliste in buitekantore kan help om hul kantore doeltreffend te bestuur sonder om gehalte in te boet.”

Top