Tenita Kidelo

Tenita Kidelo (25) is tans besig met haar Meestersgraad in Afrikaans en Nederlandse Letterkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy kom van ’n klein dorpie duskant Worcester, genaamd De Doorns. In haar vrye tyd hou sy daarvan om te reis en om met woorde te toor (sy skryf graag kortverhale met die hoop om eendag ook haar eie roman te publiseer).

  • Foto: verskaf

#opdielug met Tenita Kidelo

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tenita Kidelo Onderhoude 2020-09-08

Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van die Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.

Stemme: noord en suid

Cliffordene Norton, Tenita Kidelo Onderhoude 2020-04-24

"Beide Kamfer en Bekono skryf vanuit ’n vooraf gemarginaliseerde posisie en gee dus so stem aan die stemlose 'swart' vrou. Hulle werk komplementeer mekaar goed en die temas wat beide aanraak, maak goeie argumente vir ’n vergelykende studie."

Top