Suzanne Kieviet

Suzanne Kieviet is ’n dosent en vakkoördineerder in die Skool vir Rekeningkunde, Universiteit Stellenbosch, waar sy met ’n meestersgraad in rekeningkunde (belasting) gegradueer het. Sy is ook ’n geoktrooieerde rekenmeester. Haar werk en akademiese ervaring oor die afgelope drie dekades is grootliks gekoppel aan besigheid en besigheidsopvoeding. Haar vorige praktiese ondervinding sluit in bestuurdersposte by ’n ouditeursfirma, gevolg deur bestuurdersposte in die finansiële afdelings van twee JSE-genoteerde maatskappye. Sy het reeds verskeie artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer en referate by verskeie internasionale konferensies aangebied, met die fokus op kwessies wat met korporatiewe bestuur en volhoubaarheid verband hou. Sy het voorts as studieleier van nagraadse studente opgetree, en hersien gereeld artikels wat vir publikasie geskryf is en met korporatiewe bestuur en entrepreneurskapsontwikkeling verband hou.

The ethical dilemma of the remuneration of chief executive officers of banks in South Africa

Suzanne Kieviet, Henriette Elsabè Scholtz Academic research 2025-09-29

"There exists a school of thought that the newer generation CEOs are increasingly rewarded with bigger remuneration packages, and that this raises concerns about the fairness, accountability and legitimacy of executive compensation decisions."

Die etiese dilemma rakende die vergoeding van banke se hoof- uitvoerende beamptes in Suid-Afrika

Suzanne Kieviet, Henriette Elsabè Scholtz LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-09-29

"Hierdie studie gebruik paneeldata-ontleding om te bepaal of daar ’n verhouding tussen uitvoerende vergoeding en maatskappyprestasie in die Suid-Afrikaanse banksektor is."

Top