Steve Cornelius

Steve Cornelius is ’n professor in privaatreg aan die Universiteit van Pretoria, direkteur van die UP Sentrum vir Intellektuele Goedererereg en mede-direkteur van die UP Sentrum vir Sportreg.  Hy doseer veral kontraktereg, algemene verbintenisreg, sportreg en intellektuele goederereg. Prof Cornelius het 'n B3-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NRF) verwerf.  Voordat hy by die Universiteit van Pretoria aangesluit het, was hy professor en hoof van die departement privaatreg aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is die outeur, mede-outeur of mede-redakteur van 21 boeke, en outeur van meer as 60 artikels wat in plaaslike en internasionale vaktydskrifte verskyn het. Hy het by verskeie instellings in die buiteland as gasdosent lesings aangebied, insluitend die TMC Asser Instituut in Den Haag en die WJH Mulier Instituut in Den Bosch, Nederland, die Marquette University in Wisconsin en Ithaca College in New York, VSA, die Robert Gordon University in Skotland en Anglia Ruskin University in Engeland. Prof Cornelius is sedert 2011 voorsitter van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, nadat hy vir vyf jaar ondervoorsitter was. Hy is ook 'n genoot van die Vereniging van Arbiters van Suidelike Afrika en lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.


That which cannot be cured by dreams: can consent to injury still exclude liability for sports injuries?

Steve Cornelius Academic research 2015-09-09

"Sports federations should do more to promote the safety of players so that they can avoid claims by retired or current players. Some sports federations, such as Athletics South Africa and the National Football League in the USA, have already felt the brunt of such claims. It is time that all sporting codes got their houses in order."

Wat die drome nie genees nie: kan toestemming tot benadeling steeds aanspreeklikheid weens sportbeserings uitsluit?

Steve Cornelius LitNet Akademies (Regte) 2015-09-09

"Sportfederasies behoort meer te doen om die veiligheid van spelers te bevorder, sodat hulle latere eise van oudspelers kan vermy."

Die regsaard van mediaregte in sport

Steve Cornelius 2014-10-14 In hierdie artikel ondersoek Steve Cornelius of mediaregte in sport inderdaad bestaan en, indien wel, wat die aard en omvang van hierdie regte is en in wie hulle vestig.
Top