Steve Cornelius is professor in privaatreg aan die Universiteit Pretoria. Hy beskik oor ’n B3-gradering van die Nasionale Navorsingstigting. Hy was voorheen professor en departementshoof van privaatreg aan die Universiteit van Johannesburg. Hy is gasgenoot verbonde aan die LLM in Internasionale Sportreg aan die Anglia Ruskin Universiteit in Chelmsford, Engeland. Daarbenewens het hy klas gegee by verkeie buitelandse instellings, insluitend Marquette Universiteit in Wisconsin, Ithaca College in New York, Robert Gordon Universiteit in Skotland, Semmelweis Universiteit in Budapest, en die TMC Asser-instituut en WJH Mullier-instituut in Nederland. Hy is redakteur van De Jure, ’n algemene regstydskrif wat deur die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit Pretoria gepubliseer word. Hy dien ook in die redaksionele advieskomitee van die International Sports Law Journal en die International Sports Law Review Pandektis. Sy navorsingsbelangstellings lê by die algemene kontraktereg, die uitleg van kontrakte en sportreg.
Opgedateer/Updated: 2011-11-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za