Stephan Kistner

Ek het grootgeword, woon, en studeer tans in Stellenbosch. Ek is mal oor die oseaan en berge. As ek nie aan my verhandeling werk nie, kan ek iewers in die berg (te voet of per fiets) of in die see gevind word (bepalings en voorwaardes geld – onder andere die klimaat …). Daarom is dit net gepas dat my navorsing gefokus is op die see. Ek geniet dit ook om my af tyd aan fotografie te spandeer. Soms kombineer ek dit met my buitelug- (en onderwater!-) avonture.

Einstein-kompetisie: Stephan Kistner

Stephan Kistner Einstein-kompetisie 2016-06-20

Stephan studeer tans in Stellenbosch. Hy is mal oor die oseaan en berge. Daarom is dit net gepas dat sy navorsing fokus op die see.

Top