Stephanie Cronje

Stephanie Cronje is ’n wetenskaplike medewerker verbonde aan die Johann Wolfgang Goethe Universiteit in Frankfurt am Main in Duitsland. Sy was voorheen ’n senior navorser by Stellenbosch Universiteit en het aan die vroeëre Randse Afrikaanse Universiteit studeer. Veral karbeenkomplekse van koper(I) en goud(I) sowel as N-gekoördineerde goud(I)komplekse het haar besig gehou. Navorsingbesoeke by proff. Martin U. Schmidt aan die Johann Wolfgang Goethe Universiteit in Frankfurt en Nils Metzler-Nolte, eers van die Ruhr Universiteit Bochum en toe die Universiteit van Heidelberg, is deur die Alexander von Humboldt Stigting ondersteun.

Diatomic Au–Au-bonded species: multi-faceted and multifunctional

Helgard Raubenheimer, Stephanie Cronje Academic research 2024-02-15

"[T]he study of dinuclear gold species presented in this review provides valuable insights that may be applied to interpret chemical changes induced by gold clusters and finely divided gold particles in the condensed phase, representing a broader challenge in the field."

Diatomiese Au–Au-gebonde spesies: veelsydig en multifunksioneel

Helgard Raubenheimer, Stephanie Cronje LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-02-15

"Baanbrekerstoepassings het reeds uit die gerapporteerde werk voortgevloei en sluit in aktuele, hoogs selektiewe katalitiese prosesse (o.a. CO-oksidasie en metaanaktivering) en die gepaardgaande kompleksvorming met eenvoudige monodentate toeskouer- of deelnemende ligande."

Top