Selwyn Milborrow

Selwyn Milborrow is op 21 Augustus 1967 in Gqeberha gebore. Hy is ’n digter, kinderboekskrywer, potgooi-aanbieder, joernalis en dosent. Hy het ’n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands. Hy het vyf digbundels gepubliseer en is mede-outeur van ’n nie-fiksie boek Madiba’s Quotes & Anecdotes (Poetic Productions, 2021), en ’n Engelse roman Operation Gratitude (Masterclass Publishers, 2024).

Hy doseer kreatiewe skryfwerk, poësie, en akademiese- en lewensvaardigheidbestuur by Nelson Mandela Universiteit. Hy dra gereeld by tot akademiese gesprekke en referate by literêre feeste en akademiese konferensies. Sy poësie geniet internasionale erkenning as deel van ’n kursus op die webtuiste van die Universiteit van Wisconsin-Milwaukee in die VSA.

Sy toewyding aan Afrikaans letterkunde en kulturele erfenis is in 2021 met ’n Living Legend Award deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur bekroon. Hy is stigter van MasterClass Writers South Africa, ’n skrywersgroep wat daarop gemik is om opkomende skrywers se vaardighede te help ontwikkel. Hy is ook stigter van ’n potgooi That’s Write Selwyn Milborrow, wat in 2024 deur die South African Podcasters Guild vir beste potgooi in die kuns- en literatuur kategorie benoem is.

Clinton V du Plessis se Joernaal oorweldig met geleefde ervarings: ’n lesersindruk

Selwyn Milborrow Lesersindrukke 2024-01-24

"Joernaal neem die leser op ’n digterlike reis verweef met temas soos verganklikheid, familie, liefde, politiek en die menslike bestaan."

Top