Schalk J Lubbe

Schalk J Lubbe is ’n senior opvoedkundespesialis by die Gautengse Departement van Onderwys. Hy fokus hier op assessering en beleidsimplementering veral binne die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO-fase). Verder spesialiseer hy in inklusiewe onderwys en die verbetering van toegang tot onderwys vir alle leerders in Gauteng. Hy het beide sy MA in Afrikaanse Letterkunde (2015) sowel as sy PhD in Afrikaans (2025) by die Noordwes-Universiteit verwerf. 

Sy navorsingsbelangstelling is die onderrig van letterkunde in veral Afrikaans Eerste Addisionele Taal, met besondere aandag aan die ontwikkeling van literêre geletterdheid in meertalige klaskamers. Hy ondersoek hoe alle vorme van literêre tekste doelgerig gebruik kan word om taalvaardighede en kritiese leesvermoë te versterk, terwyl die estetiese en interpretatiewe dimensies van literêre tekste behoue bly. ’n Kernvraag in sy navorsing is hoe letterkundeonderrig aangepas kan word om betekenisvolle toegang tot komplekse tekste te fasiliteer vir leerders wat Afrikaans nie as huistaal het nie.

Sy se navorsingsbelangstellings sluit verder ook genderstudies in, wat een van die benaderings van sy PhD-navorsing was. Hier fokus hy spesifiek op hoe geslagsidentiteit, verteenwoordiging en magsverhoudinge in die Afrikaans Eerste Addisionele Taal-klaskamer en literêre voorgeskrewe tekste figureer. Hy ondersoek hoe literêre tekste en taalpraktyke bydra tot die konstruksie van genderrolle, en hoe hierdie voorstellings leerders se identiteitsvorming, selfbegrip en deelname aan klasgesprekke beïnvloed.

Ecocriticism: new possibilities for textual analysis at high school level

Schalk J Lubbe, Susan Meyer, Elize Vos Academic research 2026-07-08

"Literature is directly linked to the intellectual and spiritual enrichment of learners. Literary texts can, for example, provide the context for expressing one’s own ideas, views and emotions with confidence, thereby fostering independent and analytical thinking – one of the key objectives in the learning of additional languages."

Ekokritiek: nuwe moontlikhede vir teksontleding op hoërskoolvlak

Schalk J Lubbe, Susan Meyer, Elize Vos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-08

"Ten spyte van die vele voordele wat letterkunde vir leerders inhou en die dringendheid om Afrikaans EAT as vak uit te bou in ons multitalige land, is daar nie ’n goedgekose benadering tot letterkunde om die EAT-onderwyser in die onderrig- en leerproses te ondersteun nie."

Top