Scarlett Cornelissen

Scarlett Cornelissen (PhD, Universiteit van Glasgow) is medeprofessor aan die Universiteit Stellenbosch. Sy doseer politieke teorie, internasionale betrekkinge, buitelandsebeleidsontleding en die politieke ekonomie van Japan. Haar navorsingsbelangstellings sluit in die veranderende rol en impak van stede in die globale ekonomie en die internasionale betrekkinge rondom groot sportgebeure (soos die 2010-Sokkerwêreldbeker en die Olimpiese Spele). Sy het een boek oor die onderwerp van globale toerisme geskryf, en was mederedakteur van drie ander. Die onderwerp van haar volgende boek is die aard van Afrika se bande met die Internasionale Olimpiese Komitee gedurende die Koue Oorlog, en die geskiedenis van Suid-Afrika se verbanning uit die Olimpiese Beweging. Sy is as gasdosent uitgenooi deur die Universiteit van Leipzig en Stockholm, en Ritsumeikan en Nagoya in Japan.

 

 

Opgedateer/Updated: 2007-09-03
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Altbeker verras met A Country At War With Itself

Scarlett Cornelissen 2007-12-12
Top