Sarie Berkhout

Reeds sedert 1976 is ek as dosent en later professor besig in die Vergelykende Pedagogiek of Opvoedkunde. Aanvanklik was ek by die Universiteit van Pretoria maar sedert 2002 is ek professor in die Departement Opvoedingsbeleidstudie aan die Universiteit van Stellenbosch waar die titel van my intreerede was: Oor verbeelding en verwerkliking in Opvoedingsbeleid. Diè vakterrein van die Vergelykende Pedagogiek word reeds in daardie dae gekenmerk deur debatte oor die grense en aard daarvan. Dit het beteken dat ek myself enersyds met ’n bepaalde manier van ondersoek, naamlik internasionale vergelykende ondersoek, besiggehou het. En andersyds steeds my fokus kon skuif. My werk word egter gekenmerk deur ’n deurlopende belangstelling in die verband tussen samelewing (veral ekonomie en kultuur), onderwys en identiteit en die onderliggende magsverhoudinge. Globalisering en die meesleurende effek van die diskoerse van die vryemark en die neo-liberalisme vorm die laaste jare die fokus van my ondersoeke en publikasies in die Opvoedkunde. My ervaring as lid van die Suid-Afrikaanse Sertifiseringsraad (later Umaluzi) (1992- 2000), Nasionale Standaarde en die nasionale Assesseringstandaarde Genererings Liggame (1997- 2004) beïnvloed my werk oor beleidsgedrewe onderwysverandering. Verder het ek saamgewerk in meer omvattende vergelykende ondersoeke oor desentralisasie, of die herverspreiding van mag, in die onderwys in België en Indië.


Opgedateer/Updated: 2007-08-21
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Sneeu en die vensterlose lokaal: oor taal en die opvoedkunde

Sarie Berkhout 2007-08-21 1. Inleiding - ek dink dit sal van ryker nut wees om verby die skisofreniese politieke en historiese "gemeenskapsafbakenings" te kom (as voorvereiste en merker van samewerking) en liewer die klem te lê op 'n beweging van ...
Top