Santie Van der Merwe

Santie van der Merwe is ’n sielkundige met 21 jaar se ondervinding. Sy het ’n doktorsgraad in speelterapie wat haar passie vir kinders en families onderlê. Sy het in 2021 haar PhD in sielkunde in psigowetlike werk (forensiese sielkunde) verwerf en het tans ’n privaat praktyk in Gauteng, waar sy spontane genesing, welstand en dinamiese groei van haar kliënte fasiliteer. Santie is ’n gerespekteerde sielkundige in haar veld, wat familieterapie, individuele terapie en psigoterapeutiese intervensies insluit. Sy is hoogs gekwalifiseerd en ervare in psigowetlike werk. Sy het uitgebreide ervaring in onderwerpe verwant aan hoëkonflik-egskeidings, toesig en familie- en seksuele misdade. Sy mentor en bied leiding en opleiding aan sielkundiges en beraders in terapeutiese en beradingsbenaderinge. Sy bied ook sielkundige dienste aan maatskappye om korporatiewe welstand te ontwikkel. Sy bied psigo-opvoedkundige dienste soos skolastiese assesserings, akkommodasies, skoolplasing, skoolgereedheid en beroepsleiding. As ’n tweetalige Suid-Afrikaner praktiseer sy in Afrikaans en Engels. Dr Santie behou ’n oop uitkyk en diep respek vir diversiteit wat strek van kultuurverskille tot godsdiens en seksuele oriëntasie. Sy is passievol oor hoëkonflik-probleme waarmee paartjies te kampe het in die huwelik en/of tydens egskeiding.

***

Santie van der Merwe has been registered as a counselling and educational psychologist for the past 21 years. In addition to her psychology background she also holds a doctorate in play therapy which underpins her passion for children and families. Santie obtained her PhD in psychology in the field of psycho-legal work (forensic psychology) during 2021 and is currently in private practice as a psychologist in Gauteng, where she facilitates spontaneous healing, well-being and dynamic growth of her clients. She is an esteemed psychologist in her field, which includes family therapy, individual therapy and intervention psychotherapy. She is highly qualified and experienced in psycho-legal work. She has extensive experience in the subjects related to high-conflict divorce, custody and family and sexual crimes. Santie mentors, supervises, and trains psychologists and registered counsellors in therapeutic and counselling approaches. She further provides psychological services to companies to develop corporate well-being. Additionally, she provides psycho-educational services, such as scholastic assessments, accommodations, school placement, school readiness and career counselling assessments. As a bilingual South African she practises in both Afrikaans and English. Dr Santie maintains an open mind and has deep respect for diversity that ranges from cultural differences to religion and sexual orientation. She is also passionate about high-conflict issues that couples face in marriage and/or during divorce.

Reguit met Robinson: Dissipline in die klaskamer

Freek Robinson, Faeed Amardien, Santie Van der Merwe Onderhoude 2022-09-22

Te oordeel aan nuusberigte, word dissipline in die klaskamer ’n al hoe groter probleem. Daar is voorvalle van onderwysers wat geïntimideer, selfs aangerand word. Freek Robinson het gaan kers opsteek by twee mense wat daagliks hiermee te doen het. Santie van der Merwe is ’n kliniese sielkundige en Faeed Amardien is ’n onderwyser.

Top