Hendrik Roedolf Heyneke (Rudie) matrikuleer in 1986 aan die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi. Na ’n 10-jaar-loopbaan in die Suid-Afrikaanse Lugmag voltooi Rudie na-uurs (Tuks-na-5) sy regstudie aan die Universiteit van Pretoria vir ’n BProc-graad.
Rudie sluit in 2016 as ’n ondersoeker by Outa aan. Hy word bevorder tot hoof van die Ondersoeke-afdeling en in 2018 aangestel as Outa se portefeuljebestuurder, Vervoer en Staatskaping.
Rudie het vanaf 2017, nadat die “Guptaleaks” aan Outa beskikbaar gestel is, tot op hede verskeie voorleggings gedoen en submissies, verklarings en verslae oor staatskaping geskryf.
Hy het die Nasionale Vervolgingsgesag, Ondersoekdirektoraat en Spesiale-ondersoek-eenheid die afgelope drie jaar met staatskapingsondersoeke en geldvloei-analises bygestaan.
Rudie is steeds nou betrokke by geldvloei-analises en ondersoeke betreffende korrupsie, staatskaping en geldwasserry, asook ander ondersoeke by Outa se Aanspreeklikheidsafdeling.