Ronel Kellerman

Ronel Kellerman is ’n Suid-Afrikaanse skilder. Haar werke is grotendeels portret- en landskapkuns. Sy het in 2023 die top 40 van die Portrait Award 2023 behaal. Ronel ondersoek verskillende sosiale wêrelde deur aspekte of fragmente van die alledaagse lewe uit te beeld. Sy skilder mense of plekke wat vir haar van belang is. Haar werk wentel om oomblikke in tyd met die klem op stemming eerder as die konseptuele. Haar subjek is dikwels ’n stil, doodgewone oomblik in ’n bekende en herkenbare milieu.

Om na stilte te luister: Bacchus Nel gesels oor sy nuwe album, Vaalrivier

Jannike Bergh, Bacchus Nel, Ronel Kellerman Musiek 2024-01-25

"Ek dink die term Afrikaanse musiek is ’n bietjie breed. Dit sluit álles in wat in Afrikaans gedoen word, waar ek voel mens moet so ’n bietjie meer onderskeid tref. Ek sê dit is musiek ín Afrikaans. En ek dink musiek in Afrikaans kan mos wêreldmusiek ook wees."

Top