Robert Vosloo

Robert Vosloo is in 1966 in Port Elizabeth gebore, en matrikuleer in 1984 aan die Hoërskool Bellville. Hierna studeer hy teologie aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy in 1991 sy magistergraad in die teologie (cum laude) behaal. ’n Studiebeurs maak dit vir hom moontlik om in 1992 vir ’n jaar in Utrecht, Nederland te studeer en ’n toekenning van die Raad van Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) lei in 1993 tot ’n navorsingsbesoek aan Princeton Theological Seminary in die VSA. In 1994 behaal hy ’n doktorsgraad in sistematiese teologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland, met Dirkie Smit as promotor. Ook in 1994 word hy bevestig as predikant in die NG Kerk Durbanville. In 2005 word hy as senior lektor in ekklesiologie in die Fakulteit Teologie op Stellenbosch aangestel, waar hy vanaf 2009 ook as voorsitter van die dissiplinegroep Sistematiese Teologie en Ekklesiologie dien. Sedert Julie 2014 is hy professor in sistematiese teologie, en ook in 2014 is hy as redakteur van die Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif (nou Stellenbosch Teologiese Joernaal) aangestel. Hy skryf saam met Nico Koopman die boek Die ligtheid van die lig: Morele oriëntasie in ’n postmoderne tyd (2003), wat met die Andrew Murray-prys bekroon is, en sy boek Engele as gaste? In gesprek oor Christelike gasvryheid (2006) het onlangs ook in Nederlandse vertaling verskyn. Hy is verder die redakteur of mederedakteur van ses boeke, en ongeveer 50 artikels van hom het in ewekniebeoordeelde akademiese tydskrifte of boeke verskyn. Sy navorsingsbelangstellings sluit in Gereformeerde teologie, historiese teorie, 20ste-eeuse Suid-Afrikaanse kerk- en teologiegeskiedenis, filosofiese en teologiese diskoerse oor gasvryheid, en die teologie van Dietrich Bonhoeffer.

Time in our time: On theology and future-oriented memory

Robert Vosloo Academic research 2015-09-09

"This article investigates the possible contours and promise of a theology of future-oriented memory as part of the search for a responsible and constructive engagement with the past."

Tyd in ons tyd: Oor teologie en toekomsgeoriënteerde herinnering

Robert Vosloo LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-09-09

"In hierdie artikel word daar na die moontlike kontoere en belofte van ’n teologie van toekomsgeoriënteerde herinnering gevra, as deel van die soeke na ’n verantwoordelike en konstruktiewe omgang met die verlede."

Gerrit Brand: 'n Huldeblyk

Robert Vosloo 2013-03-07 "Maar Gerrit was ook in ’n teologiese sin ’n taal- en woordmens. Vir hom is teologiese refleksie ten diepste taalmatig, en dra dit ’n gesprekskarakter."
Top