Rinda Botha

Rinda Botha behaal haar BIuris en LLB onderskeidelik in 1997 en 1998 aan die Universiteit van die Vrystaat. Hierna dien sy as regtersklerk vir regter AP van Coller by die hooggeregshof van die Vrystaat. In 1999 aanvaar sy ‘n aanstelling as staatsaanklaer in die Botshabelo-distrikshof. Gedurende hierdie tydperk voltooi sy ook haar LLM-verhandeling in strafreg aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy verlaat die Departement van Justisie in 2000 om by die voormalige Vista Universiteit te doseer. As dosent in die Departement Handelsreg gee sy ‘n verskeidenheid vakke, insluitend arbeidsreg, insolvensiereg en belastingsreg. Weens haar voorliefde vir strafreg  begin sy gedurende hierdie tydperk  met LLD-studie op daardie gebied aan die Universiteit van die Vrystaat en sluit in 2004 as lektor by die Departement Straf- en Geneeskundige Reg van dié universiteit aan. Sy voltooi haar LLD in 2006 en is steeds as senior dosent verbonde aan haar alma mater, waar sy nou hoofsaaklik strafreg doseer.

South African parents’ predicament: Is the tail now wagging the dog? Searching for more certainty on corporal punishment in the home

Rinda Botha Academic research 2023-11-30

"The declaration of unconstitutionality comes at a time of crisis in terms of violence against women and children in South Africa, and is understandable from that perspective. Yet the ruling also coincides with an increase in bad behaviour among children, and alarming levels of juvenile crime."

Suid-Afrikaanse ouers se dilemma: Is die muis nou baas? Die soeke na groter sekerheid oor lyfstraf tuis

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2023-11-30

"Die ongrondwetlikheidsverklaring kom te midde van ’n krisis oor geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika en is in daardie opsig begryplik. Nogtans val dit ook saam met ’n drastiese agteruitgang in kinderdissipline en -gedrag en onrusbarende jeugmisdaadsyfers."

"Die Universiteit van die Vrystaat was eintlik nog altyd deel van my lewe"

Melt Myburgh, Rinda Botha Onderhoude 2020-11-18

Rinda Botha, senior dosent in die Departement Publiekreg aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die ATKV-SA Akademieprys wat sy ontvang het vir ’n LitNet Akademies-artikel oor heksery en die reg.

Young enough to get away with murder? A comparative study of the standard of proof in accountability of child offenders in South Africa and England

Rinda Botha Academic research 2020-10-01

"While South Africa has high juvenile crime rates, and England’s criminal system for child offenders is regarded as among the strictest in the world, this comparative study suggests that we might be better off not following the English example."

Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2020-10-01

"In teenstelling met Suid-Afrika, waar verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs as strafversagtende faktor by vonnisoplegging dien, sou hierdie verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland daartoe aanleiding gee dat moord met voorbedagte rade as manslag beskou sou word."

Belief in witchcraft – a legitimate defence in the criminal court, or hocus-pocusing the law?

Rinda Botha Academic research 2018-03-01

"If belief in witchcraft were to lose its extenuating effect also, this would imply that the South African criminal justice system does not accommodate such a belief in any way, shape or form, which seems somewhat careless and ill-considered in an African context, where belief in witchcraft shows no sign of disappearing in the foreseeable future."

Geloof in heksery – ’n grondige verweer in die strafhof, of ’n gegoël met die reg?

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2018-03-01

"Hoewel sommige dit dalk nie begryp nie, en ander weer meen dit het nie meer ’n plek in ’n ontwikkelende samelewing nie, is geloof in heksery steeds ’n werklikheid in Suid-Afrika. Om gewoon geen voorsiening daarvoor in ons strafregstelsel te maak nie, is onverskillig en onwys."

Putative self-defence as a defence in South African criminal law: A critical overview of the uncertain path to Pistorius and beyond

Rinda Botha Academic research 2017-07-26

"In crime-ridden societies such as South Africa it often happens that people genuinely though mistakenly believe that their lives are in danger and that, should they act, they would be acting in self-defence. When these people are then criminally prosecuted and suddenly find themselves in the dock, the only defence available to them is putative self-defence."

Putatiewe noodweer as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg: ’n Kritiese oorsig van die onseker pad tot by Pistorius en daarná

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2017-07-25

"In misdaadgeteisterde Suid-Afrika glo mense dikwels verkeerdelik dat hulle in lewensgevaar verkeer en derhalwe in noodweer optree. Wanneer hierdie persone hulle dan skielik in die beskuldigdebank bevind, is putatiewe noodweer die verweer waarop hulle kan steun."

Intoxication as a defence in South African criminal law: A sober approach?

Rinda Botha, Marina van Rooyen Academic research 2016-05-27

"This article explores whether that legislation, the Criminal Law Amendment Act 1 of 1988, and in particular section 1, has been optimally formulated to provide a sober criminal law approach to intoxication as a defence."

Dronkenskap as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg: ’n Sober benadering?

Rinda Botha, Marina van Rooyen LitNet Akademies (Regte) 2016-05-26

"Hierdie artikel ondersoek of die daargestelde Strafregwysigingswet 1 van 1998, en bepaald artikel 1, na wense geformuleer is en ’n sober strafregtelike benadering tot die dronkenskapverweer bied."

Strafregtelike struikelblokke in die mishandelde persoon se stryd om geregtigheid

Rinda Botha 2014-11-17 Hierdie artikel ondersoek die struikelblokke wat mishandelde persone dikwels as beskuldigdes in die soeke na geregtigheid ondervind, met bepaalde klem op noodweer en nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid.

Suid-Afrikaanse vuurwapenwetgewing onder skoot: Hoe koeëlvas is die Wet op Beheer van Vuurwapens 60 van 2000?

Rinda Botha, Hendrik Maree 2014-08-28 Rinda Botha en Hendrik Maree  se praktiese ontleding lei onder meer tot die gevolgtrekking dat drakoniese vuurwapenwetgewing nie noodwendig die antwoord op Suid-Afrika se misdaadprobleem is nie.

Die tergende toekoms van provokasie as verweer in die Suid-Afrikaanse strafreg

Rinda Botha, Mieke van der Merwe 2013-06-25 "Die omstrede S v Eadie-uitspraak van 2002 het die toekoms van provokasie as verweer in Suid-Afrika dermate in gedrang gebring dat sommige tans glo dat dit geheel en al afgeskaf is."
Top